<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 2   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Wiskunde in die wêreld rondom ons

Opvoeders afdeling

Memorandum

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

MODULE 1

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste Bladsyverwysings
KU 1 E-4, 10, 11, 14, 18, 19, 20, 21, 24
KU 2 E-1, E-5, 15, 25
KU 3 3, 4, E-2, 16, 17
KU 4 5
KU 5 1, 7, 8, 9, 12, 13, 22
KU 6 28
KU 7 5, 6, 27, 28, 29
KU 8 26, E-9
  • Integrasie van Temas: Vriende
  • Inklusiwiteit: Alhoewel elkeen van ons uniek is, is daar baie ooreenkomste; karaktereienskappe, sport, opvoeding ens.
  • Sosiale Geregtighede: Bespreek vriende se gedrag teenoor mekaar.
  • n Gesonde Omgewing: Wat is ons plig as aardbewoners om ons omgewing skoon te hou?

Opvoeder se bladsy

Getalkombinasies

  • Gebruik flitskaarte met +1, -1, +2, -2 getalsinne. Flits en assesseer of die leerders die antwoorde redelik vinnig kan gee, en of hulle nog steeds tellers ens. nodig het.
  • Doen ‘n voorbeeld van die versteekte prentjie (bladsy 16)

1 . . .

4 . . .

7 . . .

op die swartbord sodat elkeen verstaan hoe om die antwoorde te skat en die kolletjies wat hulle met rooi merk, te verbind.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: getalkombinasies [lu 1.9, lu 1.11, lu 1.12, lu 3.1]

Smarties op ‘n bord.

  • Ek voeg nog drie by elke bord.

  • Sisulu het 6 smarties. Hy eet drie. Nou het hy ........... smarties oor.
  • Des het drie smarties geëet. Hy het 4 smarties oor. Hy het ........... smarties aan die begin gehad.
  • Sê of wys hoe jy die som gedoen het.
LU 1.9 LU 1.11

Meer pret!

  • Gebruik die antwoorde om ‘n rooi kolletjie te teken. Verbind die kolletjies om ‘n prentjie te maak.

Wat het jy geteken? ____________________________________________________

  • Volg die pad na Susan se huis.

  • Sê die antwoorde vinnig vir ‘n maat. Skryf dan die antwoorde.

4 + 3 = . 5 - 3 = . 9 - 3 = .

3 + 3 = . 6 + 1 = . 7 + 2 = .

7 - 2 = . 1 + 3 = . 8 - 3 = .

  • Kies een en kleur in.

LU 1.12 LU 1.9 LU 3.1

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer wat die volgende behels:

1.9.1 optelling en aftrekking van getalle tot minstens 20;

1.9.2 vermenigvuldiging van heelgetalle met oplossings tot minstens 20;

Assesseringstandaard 1.11: Dit is duidelik wanneer die leerder eie oplossings vir probleme verduidelik.

Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in 'n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.

Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in die skoolomgewing en in prente herken, identifiseer en benoem, insluitend:

3.1.1 bokse (prismas) en balle (sfere);

3.1.2 driehoeke en reghoeke;

3.1.3 sirkels.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 2. OpenStax CNX. Oct 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11127/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask