<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Na 1 jaar: R7 000 + R700 = R7 700 Na 2 jaar: R7 700 + R770 = R8 470 Na 3 jaar: R8 470 + R847 = R9 317Na 4 jaar: R9 317 + R932 = R10 248 (nou is Janie al 10 jaar oud)
  • Toe Janie mondig word, het sy ’n lekker bedrag in die bank. Hoeveel is dit?
  • Op klein Kevin se eerste verjaardag betaal sy ouma R500 in ’n bankrekening in. Elke jaar op sy verjaardag doen sy dit weer totdat hy agttien is. As ons aanneem dat die rentekoers 10% bly gedurende hierdie 17 jaar, en dat die rente aan die einde van elke jaar bereken word op die bedrag in die bank op daardie oomblik, en dan bygevoeg word by die bedrag reeds in die bank, kan ons so bereken hoeveel Kevin in die bank het na hy 18 word. Op sy tweede verjaardag gebeur dit:
  • R500 (die eerste betaling) + R50 (die rente daarop) + R500 (die tweede betaling) = R1 050 is die nuwe bedrag in die bank.
  • Volgende jaar (drie jaar oud): R1 050 + R105 + R500 = R1 655 in die bank.
  • Dan: R1 655 + R165,50 + R500 = R2 320,50. Ensovoorts: Voltooi die som!

4.1 Dieselfde Mev. van der Merwe as hierbo het ’n bedrag van R95 000 geërf wat sy ook belê het, hierdie keer teen 11,5% rente per jaar. Die rente word ook maandeliks aan haar uitbetaal. Mev. Van der Merwe kry ook ’n maandelikse pensioen van R3 100 van haar werkgewer se pensioenfonds. Hoeveel ontvang sy in totaal elke maand?

5. ’n Motor of meubels word dikwels op huurkoop gekoop. Dit is ’n spesiale soort lening wat aangegaan word om iets groots mee te koop. Dit is gerieflik, maar die rentekoers is hoog, daar word outomaties versekering ingesluit, daar word van ’n mens verwag om ’n groot bedrag as deposito te betaal, die terugbetalings is hoog en die totale bedrag moet oor ’n sekere tydperk volledig terugbetaal word of die goedere word teruggeneem. Die huurkooplening word ook net toegestaan aan mense wat ’n vaste betrekking het, en dan hang die grootte van die lening af van jou salaris om seker te maak dat jy die afbetalings kan byhou. ’n Voorbeeld is iemand wat graag ’n nuwe motortjie wil koop. Sy het ’n goeie werk en het ook R3 800 gespaar vir ’n deposito. Die verkoopsman sal ook haar ou motor aanvaar as deel van die deposito; hy waardeer die motor teen R4 100. Om ’n motor van R70 800 te koop sal sy R1 800 per maand vir 54 maande moet betaal voordat die motor haar eiendom word.

5.1 Wat is die totale bedrag geld wat sy uiteindelik betaal het?

5.2 Sê nou sy kry ’n lening teen 18% per jaar by die bank, verkoop haar ou motor vir R4 000 en gebruik haar spaargeld om R70 800 vir die motor te betaal. Sy betaal die banklening af teen R1 800 per maand. Wat is die totale koste van die motor teen die tyd dat sy die laaste leningsafbetaling gemaak het?

6. As jy oorsee reis, moet jy geld in ’n oorsese geldeenheid hê vir jou uitgawes daar. As jy Amerika wil besoek, moet jy jou rande in dollars omsit. Hoeveel rande jy vir een dollar moet betaal, wissel van dag tot dag. Dit was al R1,50 in die verlede, en onlangs was dit R13,80. Hierdie verband tussen twee geldeenhede word die wisselkoers genoem. As ’n Amerikaanse toeris hier kom kuier, sal hy R35 betaal vir ’n hamburger, skyfies en ’n koeldrank. Teen ’n wisselkoers van R10 per dollar sal die besoeker $3,50 uitgee vir die maaltyd.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11055/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask