<< Chapter < Page Chapter >> Page >

die kinders, R150 se skoolgeld, R340 vir petrol en R200 om te spaar vir ’n vakansie. Mnr. en mev. Jacobs verdien saam R8 200 per maand.

  • Aangesien die gesin verwag om R6 090 vir die genoemde uitgawes te gebruik, beteken dit dat daar R2 110 vir ander dinge oorbly.

2.1 Stel begrotings op vir Anna, Louise en Maggie. Hulle is al drie in graad 9, en elkeen kry maandeliks ’n bedrag sakgeld: Anna kry R450, Louise kry R220 en Maggie kry R600. Hieruit moet elkeen hulle eie klere, grimering, vermaak, lekkergoed en selfoonkostes betaal. Werk in groepies van drie – elkeen in die groep neem een van die drie. Besluit self oor hoe die begroting moet lyk. As almal klaar is, moet almal wat met Anna se begroting gewerk het, bymekaar kom en groepies van 3, 4, 5 of 6 vorm. Doen dieselfde vir Louise en Maggie. Vergelyk nou die begrotings wat julle opgestel het en stel ’n nuwe, beter begroting op in elke groep. Handig die resultate in.

3. Wanneer iemand ’n groter bedrag geld nodig het as wat hy in die bank het, kan hy probeer om die geld by iemand, of by ’n bank, te leen . Die persoon wat die lening toestaan, kry betaling vir die lening – ons noem dit rente – en die bedrag hang af van allerhande faktore, onder andere die grootte van die lening. Die rente koers hang ook van baie faktore af. Die lening en rente word óf aan die einde van die leningsperiode betaal, óf gereeld in paaiemente . As mnr. Botha R8 500 vir ses maande leen teen ’n jaarlikse koers van 15%, dan moet hy die R8 500 plus die rente na ses maande terugbetaal. Die rente vir ’n jaar is 15% van R8 500, dus moet hy die helfte (R637,50) betaal vir ses maande. Hy betaal dus R9 137,50 terug.

3.1 Mev. Petersen bak koek vir drie verskillende tuisbedryfwinkels. Nou benodig sy ’n nuwe oond. Sy het spaargeld om te gebruik en besluit om die R3 500 wat sy nog benodig by die bank te leen. Sy leen die geld teen ’n rentekoers van 13,5% per jaar. Hoeveel sal sy die bank moet betaal aan die einde van die jaar?

4. Die meeste mense probeer om gereeld te begroot vir ’n bedrag wat gespaar kan word. Op hierdie manier kan ’n mens geld in die bank bymekaarmaak vir latere uitgawes. ’n Mens kan spaar vir ’n vakansie, vir die verf van jou huis, vir ’n nuwe motor en (baie belangrik) vir aftrede wanneer daar nie meer ’n gereelde inkomste is nie. Die geld word gespaar teen ’n sekere rentekoers . Dit beteken dat die bank waar die geld belê word, gereeld geld uitbetaal aan die spaarder, afhangende van die rentekoers en die bedrag. Ons noem dit enkelvoudige rente. As die rentebedrag egter bygevoeg word by die gespaarde bedrag, dan word daar elke keer meer rente betaal, wat weer belê word. Dit word saamgestelde rente genoem.

Voorbeeld: Mev. Van der Merwe het gespaar terwyl sy gewerk het, en, toe sy aftree, het sy R150 000 in die bank. Sy het dit belê teen ’n rentekoers van 11% per jaar. Die bank stuur elke maand vir haar een-twaalfde van haar jaarlikse rente. Die rente beloop R16 500 per jaar, en dus R1 375 per maand.

  • Janie se ryk oom gee vir haar R7 000 in ’n bankrekening toe sy ses jaar oud word, teen ’n rentekoers van 10%. Omdat die rente elke jaar weer by die hoofbedrag bygevoeg word (saamgestelde rente), werk dit so:

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11055/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask