<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 7

Stelsels en beheer: vervoer

Module 5

Die lansering van die vuurpyl

Opdrag 1:

Opsies vir lansering van vuurpyl

LU/AS 1.11

Opsie 1

  • Gebruik die stilet of ‘n skerp voorwerp soos ‘n passer se punt om ‘n gaatjie deur die lengte van ‘n kurkprop te steek. Druk die wye end van die lugklep in die plastiekbuis. Druk die onderpunt van die lugklep deur die opening in die kurkprop (Skets 1). Jy kan op ’n soortgelyke manier probeer om die lugklep aan die botteldoppie vas te sit. Maak die bottel half vol water (Skets 2). Die water is die “dryfmiddel.” Die saamgeperste lug bokant die water sal die energie verskaf om die vuurpyl vorentoe te forseer. Hou die heel bottel vas en druk die kurkprop met die lugklep in die opening van die bottel (skets 3). Druk dit deeglik in sodat die kurk nie uit die opening kan glip nie. (Jy kan die kurkprop met petroleumjellie (Vaseline) glad smeer, sodat dit maklik sal uitglip by lansering).

Opsie 1

Heg die ander deel van die plastiekbuis aan ‘n fietspomp (Skets 4). Draai die vuurpyl sodat die regte kant boontoe wys. Laat dit op die voetstuk regop staan (skets 5). Jy is nou gereed om jou vuurpyl te lanseer. Soek ‘n plat lanseerplek wat weg is van bome en geboue. Laat die vuurpyl stewig op sy stertvinne staan en laat toeskouers ‘n end (± 5 m) wegstaan. Begin om te pomp. Borrels lug sal deur die water opstyg. Wanneer die druk in die bottel hoog is, sal die kurk en water uit die opening geforseer word en die vuurpyl sal in die lug opskiet. Wees versigtig om nie oor die vuurpyl te staan nie. Slegs die onderwyser en die betrokke leerder moet by die vuurpyl staan.

Opsie 2

Aan onderwyser:

Hierdie opsie is baie veiliger, aangesien die lanseertoestel maak dat die vuurpyl vertikaal gelanseer word en nie kan omval nie. Dit is egter nodig dat u so ‘n lanseertoestel moet bou. Beproef die toestel ook vooraf. (Die lanseervinne dien dan nie eintlik hul doel nie.)

Opsie 2

Lanseertoestel

Lanseerinstruksies:

  • Soek ‘n plat oppervlak buite, weg van bome en geboue.
  • Maak die bottel halfvol water.
  • Draai die lanseertoestel skuins en skuif die vuurpyl se bek (bottel se opening met water in) oor die wielklep. Druk die perspeksblad om die nek van die bottel sodat dit die vuurpyl regop laat staan.
  • Pomp lug in die bottel met ‘n voetpomp wat nie 40 psi oorskry nie.
  • Staan ± 5 m terug en trek die perspeksblad uit.
  • Die vuurpyl behoort vertikaal in die lug op te skiet. Moenie dat leerders om die vuurpyl wat gelanseer moet word, saamdrom nie. Hou toeskouers op ‘n veilige afstand weg.

Opdrag 2:

Om te bereken hoe hoog ‘n vuurpyl kan vlieg

LU/AS 1.13

Het jy geweet dat jy met ‘n wiskundige formule en wetenskaplike sakrekenaar kan bereken hoe hoog jou vuurpyl gevlieg het? Hoe? Bereken die hoek waarteen die vuurpyl opgestyg het.

Wiskundige berekening: tan<A x aanliggende afstand = hoogte

bv. tan 75º x 4 m =

Probeer om jul vuurpyl drie keer te lanseer en teken jul waarnemings op die volgende kolomgrafiek aan:

Teken ook een van jul/jou vuurpyl se vlugroetes in die volgende spasie.

Evalueer

Opdrag 3:

LU/AS 1.12

Evalueer die voorkoms van jul vuurpyl n.a.v. die volgende vraelys na die eerste vlug/ lansering deur ‘n regmerkie in die toepaslike kolom langs die ooreenstemmende vraag te maak. Probeer om, indien dit nodig is, die veranderings/ verbeterings aan te bring om ‘n hoër hoogte by die 2de en 3de lanserings te verseker.

Beslis Ja Ja Onseker Nee
1. Is die keëlpunt reguit? (As dit skeef sit, veroorsaak dit onegalige lugvloei van die punt af na die stert toe, wat gevolglik meer weerstand veroorsaak.)
2. Sluit die keëlpunt mooi gelyk aan by die romp van die vuurpyl? (As die deursnee van die keëlpunt groter is as die romp, veroorsaak dit dat die lugvloei onreëlmatig word, wat die lugweerstand vergroot.)
3. Is die romp van die vuurpyl mooi glad? (Enige oppervlak van die vuurpyl wat nie glad is nie, sal lugweerstand vergroot.)
4. Is die vinne mooi reguit en stewig gemonteer? (Skewe lanseervinne kan nie slegs die lansering van die vuurpyl bemoeilik nie, maar dit veroorsaak dat die vuurpyl skeef vlieg.)
5. Is al die lanseervinne ewe groot en al die ander vinne ook ewe groot en het hulle gladde kante? (Vinne van verskillende vorms en groottes veroorsaak meer lugweerstand.)
6. Is die afwerking baie goed en is die vuurpyl stewig? (‘n Vuurpyl wat nie stewig is en deeglik afgewerk is nie, vergroot ook die lugweerstand.)

Mark Shuttleworth was nou wel die eerste manlike Suid-Afrikaner in die ruimte, maar tot op hede was daar nog nie ‘n vroulike Suid-Afrikaner in die buitenste ruimte nie. Dogter, hier is jou kans! Mag hierdie module jou geïnspireer het om ‘n ruimtevaarder te word. Boet, jy mag ook maar probeer, hoor.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Tegnologiese Prosesse en VaardighedeDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
Evalueer :1.12 die produk of stelsel evalueer gebaseer op kriteria wat direk met die ontwerpopdrag en sommige van die spesifikasies en beperkings verband hou, en verbeteringe of wysigings voorstel;
1.13 die doeltreffendheid van die plan van aksie wat gevolg is evalueer en voorstel hoe toekomstige planne verbeter kan word;
Kommunikeer :1.14 idees (in ‘n projekportefeulje) deur middel van twee-dimensionele of drie-dimensionele sketse, stroombaan-diagramme of stelseldiagramme aanbied.

Questions & Answers

how does Neisseria cause meningitis
Nyibol Reply
what is microbiologist
Muhammad Reply
what is errata
Muhammad
is the branch of biology that deals with the study of microorganisms.
Ntefuni Reply
What is microbiology
Mercy Reply
studies of microbes
Louisiaste
when we takee the specimen which lumbar,spin,
Ziyad Reply
How bacteria create energy to survive?
Muhamad Reply
Bacteria doesn't produce energy they are dependent upon their substrate in case of lack of nutrients they are able to make spores which helps them to sustain in harsh environments
_Adnan
But not all bacteria make spores, l mean Eukaryotic cells have Mitochondria which acts as powerhouse for them, since bacteria don't have it, what is the substitution for it?
Muhamad
they make spores
Louisiaste
what is sporadic nd endemic, epidemic
Aminu Reply
the significance of food webs for disease transmission
Abreham
food webs brings about an infection as an individual depends on number of diseased foods or carriers dully.
Mark
explain assimilatory nitrate reduction
Esinniobiwa Reply
Assimilatory nitrate reduction is a process that occurs in some microorganisms, such as bacteria and archaea, in which nitrate (NO3-) is reduced to nitrite (NO2-), and then further reduced to ammonia (NH3).
Elkana
This process is called assimilatory nitrate reduction because the nitrogen that is produced is incorporated in the cells of microorganisms where it can be used in the synthesis of amino acids and other nitrogen products
Elkana
Examples of thermophilic organisms
Shu Reply
Give Examples of thermophilic organisms
Shu
advantages of normal Flora to the host
Micheal Reply
Prevent foreign microbes to the host
Abubakar
they provide healthier benefits to their hosts
ayesha
They are friends to host only when Host immune system is strong and become enemies when the host immune system is weakened . very bad relationship!
Mark
what is cell
faisal Reply
cell is the smallest unit of life
Fauziya
cell is the smallest unit of life
Akanni
ok
Innocent
cell is the structural and functional unit of life
Hasan
is the fundamental units of Life
Musa
what are emergency diseases
Micheal Reply
There are nothing like emergency disease but there are some common medical emergency which can occur simultaneously like Bleeding,heart attack,Breathing difficulties,severe pain heart stock.Hope you will get my point .Have a nice day ❣️
_Adnan
define infection ,prevention and control
Innocent
I think infection prevention and control is the avoidance of all things we do that gives out break of infections and promotion of health practices that promote life
Lubega
Heyy Lubega hussein where are u from?
_Adnan
en français
Adama
which site have a normal flora
ESTHER Reply
Many sites of the body have it Skin Nasal cavity Oral cavity Gastro intestinal tract
Safaa
skin
Asiina
skin,Oral,Nasal,GIt
Sadik
How can Commensal can Bacteria change into pathogen?
Sadik
How can Commensal Bacteria change into pathogen?
Sadik
all
Tesfaye
by fussion
Asiina
what are the advantages of normal Flora to the host
Micheal
what are the ways of control and prevention of nosocomial infection in the hospital
Micheal
what is inflammation
Shelly Reply
part of a tissue or an organ being wounded or bruised.
Wilfred
what term is used to name and classify microorganisms?
Micheal Reply
Binomial nomenclature
adeolu
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11031/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask