<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 5

Van melkhoutboom tot sms

Module 4

Taal as boodskappe

AKTIWITEIT 1

OM DIE HOOFBOODSKAP TE IDENTIFISEER [LU 1.2]

OM GEBEURE OP ‘N TYDLYN IN TE VUL [LU 5.3.5]

a) Luister aandagtig en volg die teks wat jou opvoeder nou aan jou gaan voorlees.

LUI, TELEFOON LUI!

“Ag, daar lui die ding al weer!” hoor ‘n mens soms as iemand uit pure frustrasie verwys na die telefoon wat kort-kort lui. Maar natuurlik is die telefoon nie bedoel om ‘n ergernis te wees nie. Veel eerder is die doel daarvan om verbinding tussen mense moontlik te maak.

In ons moderne tyd is telefoonverbinding maar slegs een manier waarop mense oor ‘n afstand met mekaar kommunikeer. Vir julle jong klomp is faksmasjiene, satellietverbindings en -uitsendings, selfone en mikrogolfskottels glad nie vreemd nie. Julle word immers groot in ‘n wêreld waarin die tegnologie en elektronika so vinnig ontwikkel dat ons ouer mense amper nie kan byhou nie!

Die Amerikaner, Alexander Graham Bell, se ontwikkeling van die telefoon is natuurlik al in 1876 goedgekeur. In ‘n groot land soos Suid-Afrika is dit natuurlik ook noodsaaklik om telefone te hê. Die eerste telefoonsentrale is reeds in 1882 geopen ― nogal in Port Elizabeth. Sewentig jaar later was daar reeds eenmiljoen telefone in Suid-Afrika. Hierdie getal het na nog 25 jaar (teen 1980) vermeerder tot ongeveer twee en ‘n half miljoen.

Ons sien dikwels nog telefoondrade wat hoog oor pale gespan is langs ons paaie. In ons stede sien ons dit nie, want die telefoonkabels word ondergronds gelê. Sulke ondergrondse kabels kan van koperdraad of optiese vesel wees. Optiese vesel is glasstafies wat so dun soos ‘n mens se haar is.

Die hoë torings met ‘n skottel bo-op wat julle dikwels op hoë geboue, koppies of berge sien, is mikrogolfskottels. Dit word gebruik om telefoonoproepe oor lang afstande te stuur.

Vanaf 1972 kon mense met outomatiese telefone direk na nommers in oorsese lande bel. Vandag kan oproepe natuurlik na enige land in die wêreld gemaak word. Vir dié doel is daar ondersese kabels wat vanaf Melkbosstrand naby Kaapstad na Europa gelê is.

Die kabel is van optiese vesel gemaak. ‘n Ander metode is om van ‘n satelliet gebruik te maak. Seine word vanaf skottelantennes op die aarde na die satelliet gesein, waarvandaan dit weer na ‘n skottel in ‘n ander land gesein word.

Op 31 Maart 1994 het Suid-Afrika se selfoonnetwerk begin werk, met twee maatskappye, Vodacom en MTN, wat elk die helfte van die mark beheer het.

Noudat jy na die voorlesing geluister het, kan jy in een sin opsom watter nut Bell se uitvinding vir ons het?

b) Gebruik die inligting in die leesstuk om die tydlyn hieronder te voltooi wat die volgende gebeure daarop sal aandui:

Bell maak sy telefoon Eerste telefoonsentrale in Suid-Afrika 1 000 000 telefone in Suid-Afrika 2 500 000 telefone in Suid-Afrika Ons skakel direk na oorsese nommers Ons begin selfone gebruik

AKTIWITEIT 2

OM TE GESELS OOR SOSIALE HOUDINGS EN VERONDERSTELLINGS

[LU 1.7]

Bespreek in julle groepe:

AKTIWITEIT 3

OM ‘N NAVORSINGSVAARDIGHEID TE OEFEN [LU 3.11]

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 04, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10969/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask