<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 6

Persoonlike en sosiale vaardighede

Module 4

Opwarmings- en vaardigheidsbou

DANS/BEWEGING

Om aan te sluit by die ander dissiplines word daar gefokus op bewegingskwaliteite met die klem op Afrika-bewegings, -ritmes en -danse.

Opwarmings- en vaardigheidsbou

Opwarming

  • Opwarming behoort toenemend en getrou gedoen te word. Opwarming behoort die liggaam van beserings te vrywaar, soepel te maak, in stand te hou en ook tegniese vaardigheid te ontwikkel. Bewegingskombinasies en bewegingsreekse behoort ingesluit te word.
  • Volg die opvoeder se leiding waar ‘n reeks opwarmingsoefeninge aan jou voorgestel word. Onthou, herhaling van reekse en korrekte plasing van die liggaam is te alle tye van belang om die liggaam te kondisioneer, soepel te maak en vaardigheid te ontwikkel.
  • Jy sal ook die geleentheid kry om jou eie kombinasies en reekse te skep wat ontwerpelemente vir choreografie, soos vinnig, stadig, lig, vloeiend, rukkerig, hoog, laag en stil of rustig, sal insluit.
  • Dansopwarming en -oefeninge wat getrou en doelgerig uitgevoer word, kan ook jou liggaam voorberei en versterk vir jou gunsteling sport.

Verken kwaliteit van beweging

In die dinamika van energie is ons gemoeid met die kwaliteit van beweging. Die kwaliteit van beweging sluit die volgende in:

  • swaaiende - energie wat vrygelaat word met ‘n pendulum kwaliteit wat op verskeie maniere uitgevoer kan word;
  • perkussiewe - energie word vrygelaat in sterk vinnige bewegings met krag- en stopbewegings, bv. karate of boks;
  • gedrae beweging is ‘n volgehoue nie-eindigende beweging, bv. ‘n arend wat sweef;
  • trilbeweging – ‘n vinnige ritmiese ontlading van liggaamsenergie (bewe), bv. die gefladder van ‘n voëltjie se vlerke;
  • swewende beweging ( suspensie ) kom voor waar die krag agter die beweging vir ‘n kort oomblik staak, bv. daardie gevoel waar die liggaam momenteel “stilstaan” by die klimaks van ‘n beweging;
  • opvouende beweging - ‘n natuurlike val of algehele ineensinking na en saamsmelting met die vloer op ‘n ontspanne wyse

Kies ‘n primêre kleur vir elk van die bewegingskwaliteite en skep jou eie kombinasie deur enige DRIE bewegingskwaliteite herhaaldelik te gebruik, soos ‘n trilbeweging, swaai en suspensie.

Kies ‘n maat om mee saam te werk, memoriseer mekaar se bewegings en voer die bewegings gesamentlik uit.

Refleksie (Skryf in jou dagboek of joernaal)

Watter bewegingskwaliteit kan vergelyk word met die Afrika-instrument wat jy in die musiekklas gemaak het?

Hoe kan kleur in beweging uitgebeeld word ?

Aktiwiteit 1:

Om verhoudings te verken deur dans

[lu 3.1, 3.2]

Verken beskrywende woorde deur beweging. Eksperimenteer met die volgende woorde deur skulpturele vorms te maak om die woord te verbeeld. Eksperimenteer en probeer verskeie vorms op verskillende vlakke.

Beskrywende Woorde
rus skaduwee dun donker swaar stilte groot
plat hard sterk lig sag fyn hoekig rond grof
  • Kies een van die gegewe woorde en maak ‘n skulpturele vorm om die woord te verbeeld.
  • Kies drie liggaamsvorms: een na aan die vloer, een hoog en een op medium vlak.
  • Herhaal hierdie vorms om die beurt totdat die liggaam met gemak van die een vorm na die ander vorm vloeiend beweeg.
  • Las die vorms met bewegende aksies (lokomotories) soos ‘n draai, ‘n glybeweging of ‘n sprong (bv. ‘n vorm op hoë vlak: ‘n draai; ‘n vorm op lae vlak: rol; ‘n vorm op middel vlak: ‘n sprong. Herhaal dit verskeie kere.).
  • Kies drie kontrasterende woorde en maak drie verskillende vorms. Oefen nou hierdie drie vorms soos bo en skakel dit met bewegende aksies aanmekaar. Voeg nou al die liggaamsvorms saam.
  • Oefen en verfyn die bewegings met byvoeging van dinamiese aksies (bewegingskwaliteite) en varieer die spoed om kontraste te belig. Werk saam met ‘n maat. Leer elkeen se bewegingsreeks vir mekaar en voer dit saam uit.

Gebruik gepaste woordeskat om mekaar se danse te beskryf en te waardeer.

Aktiwiteit 2:

Om ‘n eenvoudige tradisionele afrika- of kultuurdans te kies

[lu 3.1, 3.2]

Kies ‘n eenvoudige tradisionele Afrika- of kultuurdans wat in die gemeenskap gedans word. Vra ‘n kundige (iemand uit die gemeenskap of ‘n klasmaat) wat ‘n dans ken om dit aan jou te leer. Oefen en voer die dans uit.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
DEELNAME EN SAMEWERKING Die leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ALGEMEENt.o.v. 3.1 – 3.6 hieronder, die volgende toon:
  • samewerking met ander lede van ‘n groep gedurende kunsaktiwiteite;
  • die vermoë om eie bydraes binne groepverband te lewer;
  • aanvaarding van medeleerders;
DANS (3.1, 3.2)
  • koöperatief saam met maats werk om dansreekse te improviseer en saam te stel;
  • op ondersteunende en konstruktiewe wyse menings deel met ander leerders oor danse uit verskillende kulture.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11006/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask