<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 5

Persoonlike en sosiale vaardighede

Module 4

Dans/beweging

Aktiwiteit 1

Opwarming

[lo 3.1]

Opwarmings- en vaardigheidsbourituele en liggaamsorg moet regdeur die jaar geïmplementeer word: gebruik basiese lokomotoriese en nie-lokomotoriese bewegings.

Lokomotoriese bewegings:

Loop

Verken meer variasies van loop, soos:

met knieë hoog gebuig voor of sywaarts;

met bene in- of uitgedraai;

met bene oorkruis op elke stap;

met wyduitgestrekte bene;

met die gebruik van verskillende arm- en handbewegings, soos: hande gevou agter die rug; met steekbewegings; handklappe bokant kop; slaan op borskas; arms stilgehou in enige posisie; arms swaaiend in verskillende posisies; ensovoorts;

verandering van rigting, vlak, treedimensie (bv. lang of kort), tempo en krag (bv. lig, sterk of vloeiend).

Voorgestelde kombinasies met verskillende variasies, bv. loop vorentoe, klap hande na vore op een looppas en na agter op die volgende; loop met bene hooggelig en klap hande onder een been en dan ander; loop op tone met voete gesprei, wiegend van kant na kant en klap hande bokant kop.

Skep eie kombinasie.

Hardloop

Verken variasies van hardloop:

verander vorm bv. knieë gebuig en hoog op na vore;

bene in- of uitgedraai;

gebruik verskillende arm- en handbewegings;

verander ruimtelike patrone bv. vlakke, dimensie van passe, roete;

fokus (bv. tuur na bo, sywaarts of na ‘n vaste fokuspunt); verander tempo.

Voeg verskillende variasies in kombinasies bymekaar, bv. hardloop vorentoe met arms vorentoe of gestrek, tuur gefokus agtertoe oor enige skouer.

Skep eie kombinasie.

Nie-lokomotoriese (Aksiale) bewegings(draai, buig, strek, stoot en swaai)

Verken buiging en strekking van verskillende liggaamsdele, bv.

middellyf (vorentoe en sywaarts); bene by knieë en heupgewrigte (lig bene op); arms (by elmboë);

verander vorm d.m.v. strekking (van klein tot groot, uitwaarts in alle rigtings) en sametrekking met draaiing om die middelpunt van liggaam (gebruik korrekte asemhalingstegniek), op verskillende vlakke, in verskillende vorms en met verandering van spoed en krag.

Voorgestelde kombinasies:

opvolgende uitwaartse en inwaartse bewegings (strek en buig in alle rigtings) in ‘n gedrae manier (legato); herhaal in reekse van drie of vier pulsasies (staccato);

beweeg uitwaarts en inwaarts met ‘n draaiende, kronkelroete;

vou hande saam en strek en buig elmboë, maak soveel rigting , vlakke, krag en spoed veranderinge as moontlik.

Skep eie kombinasie.

Swaaie

Soos in graad vier, met byvoeging van swaai van bene (vorentoe en agtertoe; van kant na kant );

met sywaartse gebruik van arms en borskas (staan wydsbeen, buig borskas vorentoe en dan sywaarts, swaai borskas versigtig soos ‘n pendule: kop en arms behoort ontspanne te hang en slegs saam met borskas te beweeg).

Gebruik danstegniek om stamina, krag en soepelheid te bevorder.

Spronge

Soos in graad 4, met meer beheer en krag in die uitvoering van spronge en verkenning van vorm, ruimte, tyd en krag: in ruimte – verander rigting met halwe en vol draaie in die lug; verander dimensie, vlak tyd en krag.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10976/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask