<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wiskunde

Graad 9

Getalle

Module 4

Hoe lank is ‘n stukkie tou?

KLASWERK

1. Werk in ’n groep en beantwoord die volgende vrae:

1.1 Hoeveel meter is ’n duisend millimeter?

1.2 In watter eenhede word die volgende hoeveelhede die beste aangedui? Party is moeilik, en julle sal moet naslaanwerk doen en die antwoord later verbeter.

1.2.1 Jou lengte.

1.2.2 Die afstand tussen ons eie son en die naaste ster.

1.2.3 Hoe lank dit neem om van Kaapstad na Kaïro te stap.

1.2.4 Die hoeveelheid melk wat jy in ’n jaar drink.

1.2.5 Die hoeveelheid vitamine C wat ’n mens daagliks behoort in te neem.

1.2.6 Die koors van ’n pasiënt in ’n hospitaal in New York.

1.2.7 Die oppervlakte van Groenland.

1.2.8 Die spoed van ’n motor wat op die oop pad ry.

1.2.9 Die hoeveelheid hout wat ’n skrynwerker op een slag bestel.

1.2.10 Die totale hoeveelheid geld wat die regering deur belasting ontvang.

einde van KLASWERK

PROJEK

Die verloop van tyd

  • Ons gebruik horlosies om die verloop van tyd aan te dui.
  • Doen die volgende opdragte as ’n projek. Moenie plagiaat pleeg nie.

1. Verduidelik die verskil tussen analoë en digitale horlosies.

2. Maak ’n lys van al die horlosies wat in jou huis gebruik word, en sê of hulle analoog of digitaal is.

3. Soek ten minste een ander metode wat gebruik word om tyd te meet of tyd aan te dui – een wat nie algemeen in Westerse kulture voorkom nie. Dit kan iets uit die antieke tyd wees, of iets wat in ander lande voorkom. Probeer veral om iets na te vors oor tydmeting in Afrika. Verduidelik mooi hoe dit werk.

  • Die projek moet ingehandig word op: ..................................................

einde van PROJEK

HUISWERKOPDRAG

1. Voltooi enige onvoltooide gedeeltes van die klasopdrag hierbo.

2. Met watter instrumente word die volgende metings gedoen?

2.1 Jou lengte.

2.2 ’n Pasgebore baba se massa.

2.3 Die hoeveelheid melk wat by ’n dis gevoeg word as deel van die resep.

2.4 Die verf wat gebruik word om die buitekant van ’n huis te verf.

2.5 Die humiditeit in die lug.

2.6 Die spoed waarteen ’n motor beweeg.

2.7 Ons het ’n baie ingewikkelde manier om skrikkeljare te bereken. Vind uit:

2.7.1 Hoekom ons skrikkeljare nodig het, en

2.7.2 Watter jare skrikkeljare is.

einde van HUISWERKOPDRAG

Aansluiting by die wêreld – OPDRAG

  • Kies een van hierdie twee vrae.

1. Jy het so pas op jou ouma se ou resepteboek afgekom. Daar is ’n paar resepte wat jy onthou, en jy wil hulle ook probeer. Ongelukkig bevat dit outydse eenhede wat moeite is om elke keer om te skakel. Besluit hoe jy ’n hulpmiddel soos ’n tabel of ’n grafiek of ’n formule kan maak om jou werk te bespoedig elke keer as jy een van Ouma se resepte probeer. Die eenhede wat dikwels voorkom is: die temperatuur van die oond wat in °F aangegee word; die massamate in onse en ponde en die vloeistofmates in pinte.

2. Jou pa het so pas ’n tweedehandse motor vir jou gekoop – maar dit is uit Amerika ingevoer en al die instrumentasie is in eenhede wat vir jou onbekend is en dus nie sin maak nie. Besluit hoe jy ’n hulpmiddel soos ’n tabel of ’n grafiek of ’n formule kan maak om beter te kan verstaan presies wat myle, gellings, myl per gelling (petrolverbruik) en myl per uur (spoed) in ons eie eenhede beteken.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11055/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask