<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Hier kom die wapse!

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Die avonture van die Wapse is nou verbonde aan die ondervindings van elke leerder in Graad 1, seuns sowel as dogters. Hulle word blootgestel aan ander omgewings - stedelik, platteland, en word bewus van hoe anders mense lewe, bv. in die bos, sonder krane en elektrisiteit.

Opvoeders moet onthou dat daar leerders in hul klas mag wees wat nie Graad R bygewoon het nie en dus sekere vaardighede, strategieë en konsepte van Graad R nie ontwikkel of aangeleer het nie. Die opvoeder het dus nodig om te verseker dat hierdie in Graad 1 aangeleer en ontwikkel word. (Sien Graad R-modules)

Luister en spraak is die belangrike fondamente waarop geletterdheid gebou word. Die mate waarvolgens leerders die praat van hul huistaal bemeester het, sal verskil en die opvoeder moet hiervan bewus wees.

Taalontwikkeling is ‘n proses wat geleidelik ontwikkel en elke leerder het die simpatieke ondersteuning van die opvoeder ter alle tye nodig.

In Graad 1 luister en lees die leerders stories en word hulle betrek by die leer van klanke en die skryf van die taal. Die klasomgewing moet ‘n plek wees wat die leerders sal aanmoedig om alle aspekte van die taal te leer.

Tydskedule

Alle leerders behoort al agt modules te voltooi, plus-minus twee per kwartaal. Hulle moet toegelaat word om teen hulle eie spoed te werk.

Die Wapse word bekendgestel. Hulle is anders maar daar is tog ooreenkomstes. Hulle bly in die bos en die diere is hulle vriende.

Liggaamsdele word bespreek en leerders kan die ouditiewe persepsie, ruimtelike oriëntering en ordeningsvaardighede van die leerders assesseer.

Leerders lees en illustreer sinne, gedigte en rympies. Hulle leer die volgende letters en patrone aan.

: ,
: ,

INTEGRASIE VAN TEMAS

‘n Gesonde omgewing

  • Die Wapse bly in die bos en het nie elektrisiteit en groot huise nie. Hulle is van die natuur afhanklik en eet vrugte, bessies, vis, ens. Gevolglik pas hulle die natuur (hul omgewing) op. Ons moet hulle voorbeeld volg.

Sosiale geregtigheid

  • Alhoewel die Wapse nie aardse rykdomme besit nie, is hulle gelukkig, tevrede, vriendelik en hulpvaardig. Het mense rykdom nodig om gelukkig te wees? Bespreek. Wees sensitief teenoor mense van ander kulture en wat ander lewens lei.

Menseregte

  • Almal het die reg tot voedsel en huise/skuilings. Ouers moet hul kinders versorg.

Hierdie module bevat voorlees- en skryfaktiwiteite waarmee die opvoeder die leerders kan evalueer om vas te stel watter leerders gereed is vir formele lees, skryf en die aanleer van klanke, en watter leerders meer oefening benodig om ouditiewe, visuele en motoriese vaardighede te ontwikkel. Die volgende aktiwiteite word as verdere riglyne gegee:

  • Leerders kan ‘n collage maak met die handelsname van bekende produkte (koeldranke, lekkers, ontbytgraan, ensovoorts).
  • Die opvoeder kan leerders se aandag vestig op tekens in die omgewing, byvoorbeeld “STOP”, wat hulle kan lees.
  • Dit is altyd raadsaam om die name van voorwerpe in die klas op flitskaarte by die betrokke voorwerp op te plak, byvoorbeeld tafel, stoel, kas en venster.
  • Aangesien sigwoorde soos lees, skryf en teken dikwels in die modules sal voorkom, kan die opvoeder dit vir die leerders as leeswoorde aanleer.
  • Liedjies, rympies en verwante speletjies is ook baie goeie luister- en praataktiwiteite. Die opvoeder behoort moeite te doen om vir die leerders ‘n ryke verskeidenheid hiervan aan te leer.
  • Lees die storie op die volgende bladsy vir die leerders voor. Verdeel hulle in groepe. Elke groep moet ‘n groepleier hê wat seker maak dat almal ‘n beurt kry. Elke groep moet drie probleme identifiseer wat Willie sal ondervind as hy in hulle huis moet kom kuier. (Hy is byvoorbeeld te klein en sal nie self op die bed kan klim nie. Hy sal nie deure kan oopmaak nie en sal nie met ‘n groot mes en vurk kan eet nie.) Daarna moet hulle ook oplossings voorstel en die beste drie kies. Een leerder in elke groep moet terugvoer gee.
  • Vra vir die leerders vrae oor die inhoud van die storie. Evalueer verskillende leerders met elke storie om sodoende die hele klas oor ‘n tydperk te toets. Stel die karakters met die prente bekend – hierdie prente kan in die klas vertoon word en deur die leerders ingekleur word. Gebruik dit ook om vir die leerders die karakters se name aan te leer.

Die volgende dien as riglyne vir die aanleer van klanke. In hierdie module word die w, v, m en n klanke aan die leerders bekend gestel.

  • Luister na die klank in ‘n sin, byvoorbeeld:

“Willie Waps wil water drink.”

- Identifiseer die klank wat die meeste gehoor word.

- Noem ander woorde op wat met “w” begin.

- Die opvoeder noem ‘n reeks woorde. Die leerders klap hulle hande elke keer wat hulle ‘n woord hoor wat met “w” begin.

LU 3.5

  • Die opvoeder kan ook ‘n klank deur middel van ‘n speletjie aanleer. Gooi byvoorbeeld ‘n aantal voorwerpe wat met “w” begin in ‘n sak of kussingsloop. Leerders maak beurte om ‘n voorwerp te kies. Hulle hou hulle hande in die sak en probeer raai wat dit is wat hulle vashou. Die speletjie “Ek sien iets met my klein ogies wat begin met w”, is ‘n verdere speletjie wat in die klas gespeel kan word.

LU 3.5

  • Die woorde verbreed die leerders se leeswoordeskat. Hierdie bladsy vorm hulle eerste woordeboek. Wanneer al die klanke aangeleer is, kan hierdie bladsy in ‘n boekie gebind of in ‘n lêer gesit word.

LU 3.5

  • Leerders geleentheid om die klanke en gepaardgaande skrifpatrone te oefen. Flits die klanke gereeld vir die leerders.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Teken prentjies wat met w begin.

LU 1.6.1

Kyk net hoe my perd galop

Oor die veld kan spring en hop

Eers hieronder dan daarbo

Dis my perdjie, kan jy glo!.

LO 4.1
LU 4.1

Assessering

Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel.

Leeruitkomste 4: SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf.

Questions & Answers

I'm interested in biological psychology and cognitive psychology
Tanya Reply
what does preconceived mean
sammie Reply
physiological Psychology
Nwosu Reply
How can I develope my cognitive domain
Amanyire Reply
why is communication effective
Dakolo Reply
Communication is effective because it allows individuals to share ideas, thoughts, and information with others.
effective communication can lead to improved outcomes in various settings, including personal relationships, business environments, and educational settings. By communicating effectively, individuals can negotiate effectively, solve problems collaboratively, and work towards common goals.
it starts up serve and return practice/assessments.it helps find voice talking therapy also assessments through relaxed conversation.
miss
Every time someone flushes a toilet in the apartment building, the person begins to jumb back automatically after hearing the flush, before the water temperature changes. Identify the types of learning, if it is classical conditioning identify the NS, UCS, CS and CR. If it is operant conditioning, identify the type of consequence positive reinforcement, negative reinforcement or punishment
Wekolamo Reply
please i need answer
Wekolamo
because it helps many people around the world to understand how to interact with other people and understand them well, for example at work (job).
Manix Reply
Agreed 👍 There are many parts of our brains and behaviors, we really need to get to know. Blessings for everyone and happy Sunday!
ARC
A child is a member of community not society elucidate ?
JESSY Reply
Isn't practices worldwide, be it psychology, be it science. isn't much just a false belief of control over something the mind cannot truly comprehend?
Simon Reply
compare and contrast skinner's perspective on personality development on freud
namakula Reply
Skinner skipped the whole unconscious phenomenon and rather emphasized on classical conditioning
war
explain how nature and nurture affect the development and later the productivity of an individual.
Amesalu Reply
nature is an hereditary factor while nurture is an environmental factor which constitute an individual personality. so if an individual's parent has a deviant behavior and was also brought up in an deviant environment, observation of the behavior and the inborn trait we make the individual deviant.
Samuel
I am taking this course because I am hoping that I could somehow learn more about my chosen field of interest and due to the fact that being a PsyD really ignites my passion as an individual the more I hope to learn about developing and literally explore the complexity of my critical thinking skills
Zyryn Reply
good👍
Jonathan
and having a good philosophy of the world is like a sandwich and a peanut butter 👍
Jonathan
generally amnesi how long yrs memory loss
Kelu Reply
interpersonal relationships
Abdulfatai Reply
What would be the best educational aid(s) for gifted kids/savants?
Heidi Reply
treat them normal, if they want help then give them. that will make everyone happy
Saurabh
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask