<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 9

Menseregte gedurende die tweede wêreldoorlog

Module 4

Die joodse vraagstuk

LEERAKTIWITEIT 1

Die Joodse vraagstuk

[LU 1.2, 1.4, 1.5, 2.1, 2.2, 2.4, 3.2, 3.3]

BRON A

In een van sy eerste toesprake het Hitler die Jode vir die wêreld se probleme geblameer.

“Die Jode het alreeds Rusland vernietig en nou wil hulle dieselfde met Duitsland doen. Uit afguns wil hulle Duitse Nasionalisme vernietig.”

Hitler, Julie 1922

BRON B

’n Joodse winkel vol Nazi-graffiti, Berlyn 1933

BRON C

ARTIKEL 1: Enige huwelike tussen Jode en Duitse burgers word hiermee verbode verklaar. Bestaande huwelike is dus vanaf vandag ongeldig.

ARTIKEL 2: Buite-huwelikse verhoudings tussen ’n Jood en Duitse burger word hiermee belet.

ARTIKEL 3: Jode word belet om in hul huishoudings persone as bediendes te gebruik wat van Duitse afkoms is.

ARTIKEL 4: Jode word verbied om die Duitse vlag of kleure te vertoon, maar mag sonder enige goedkeuring Joodse simbole en kleure vertoon.

ARTIKEL 4(1): Jode kan nie Duitse burgers word nie en daarom ook nie in ’n verkiesing hul stemreg uitbring nie.

ARTIKEL 5: ’n Jood is ’n persoon wat volgens afkoms drie generasies voorouers gehad het wat Joods was…….

DIE NEURENBERGWETTE, BURGERSKAP EN RAS , Sep – Nov 1935. (Bron: Snyder, L : Fifty Major Documents )

Bron D

Illustrasie uit ’n Duitse boek vir Kinders, 1937.

Bron E

Parys 1940, ’n Joodse vrou wat die geel ster dra. In Duitsland en Duits-beheerde Europa is Jode gedwing om geel sterre te dra.

BRON F’n Franse gevangene het beskryf hoe Jode in Auschwitz vergas is.

“Die mans het aan die eenkant gestaan, die vrouens aan die anderkant. Hulle is baie vriendelik aangespreek – Julle is op reis, julle moet julself nou reinig en gaan bad. Trek vinnig uit.” Handdoeke en seep is uitgedeel. Dan het die soldate se houding verander en het hulle die Joodse mans en vrouens met knuppels ’n paar honderd meter na die saal gejaag. Die deure is gesluit en SS Unterscharführer Moll het die gifgas by die luik in die stortkamer ingegooi. Jy kon die angswekkende gille hoor, ’n paar minute daarna ’n doodse stilte. Twintig minute later is die deure en vensters oopgegooi, die lyke in oonde geplaas om verbrand te word. Tandartse het elke lyk se mond ondersoek om goud uit tande te verwyder. Vrouens se hare is vir industriële doeleindes verwyder.

BRONNE-AKTIWITEIT

  • LU 1 Historiese Kennis en Begrip

1. Wat is Mein Kampf en wie het dit geskryf?

2. Met watter kenmerke van Hitler se binnelandse beleid het ons in Bronne C, E en F te make?

3. Bron C is ’n goeie voorbeeld van die historiese begrip van oorsaak en gevolg. Verduidelik die verband hier.

4. Die historiese tendens van kontinuïteit kan vanaf Bronne A na F waargeneem word. Verduidelik dié begrip en verklaar die verband hier.

5. Watter historiese beginsel word in Bron E uitgebeeld?

  • LU 2 Vaardighede om ondersoek na die verlede en hede in te stel

6. Bestudeer Bronne A tot F. Verklaar met redes of dit primêre of sekondêre bronne is.

BRON Primêr / Sekondêr REDE
A
B
C
D
E
F

8. Deur ook van jou kennis gebruik te maak, verklaar watter rassebeleid van Hitler in Bron C aangetref word. Wat het dié beleid behels?

9. Verklaar die verband tussen Bronne C en D.

10. Watter van die bronne sal ’n historikus wat die Nazi-, Duitse geskiedenis bestudeer het, die betroubaarste vind? Motifeer jou antwoord.

11. Bestudeer Bron F. Wat in hierdie Bron is die mees onstellende?

Opdrag

  • Ontwerp ’n plakkaat waarop jy aandui dat rassisme en menseregte-skendings in die wêreld onaanvaarbaar is.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Geskiedkundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ‘n onderwerp ondersoek deur kernvrae te stel en ‘n verskeidenheid relevante bronne te identifiseer om die onderwerp te ondersoek [vind bronne];
1.2 belangrike en sinvolle vrae stel om bronne te evalueer (bv. om partydigheid en stereotipes, weglatings en gapings te identifiseer) [werk met bronne];
1.3 die inligting in die bronne ontleed [werk met bronne];
1.4 ‘n onafhanklike redenasie as antwoord op ‘n gestelde vraag aanbied en motiveer gevolgtrekkings (met bewyse) [beantwoord die vraag];
1.5 kennis en begrip oordra deur eie interpretasie en argumente gegrond op geskiedkundige bronne aan te bied [kommunikeer die antwoord].
LU 2
Geskiedkundige Kennis en BegripDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 gebeurtenisse, mense en veranderinge in bestudeerde geskiedkundige tydperke binne ‘n chronologiese raamwerk plaas [kronologie];
2.2 kategorieë oorsake en gevolge identifiseer (bv. onmiddellike en langtermyn-, regstreekse en onregstreekse oorsake en gevolge) [oorsaak en gevolg];
2.3 die redes vir en gevolge van gebeurtenisse in die geskiedenis verduidelik en ontleed [oorsaak en gevolg];
2.4 verstaan dat verandering en ontwikkeling nie altyd vooruitgang beteken nie [verandering en kontinuïteit].
LU 3
Geskiedkundige InterpretasieDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 die omstrede aard van inhoud, en dat historici geskiedenis opstel wanneer hulle oor gebeurtenisse in die verlede skryf verstaan ]bronne interpretasie];
3.2 ‘n interpretasie gegrond op bronne opstel en gee redes vir eie interpretasie [bronne interpretasie];
3.3 vraagstukke wat die manier waarop geskiedenis geskryf is, beïnvloed ontleed [invloede op interpretasie];
3.4 die maniere waarop simbole gebruik word verduidelik om gebeurtenisse en mense uit die verlede te onthou, en hoe mondelinge geskiedenis tot ons begrip van die simbole kan bydra [voorstelling van die verlede].

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11062/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask