<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 9

Die ekonomiese siklus

Module 4

Buitelandse sektor in die ekonomiese siklus

Tot dusver het ons veronderstel dat alle ekonomiese aktiwiteite slegs binne die grense van ‘n land plaasvind. Met die hedendaagse tegnologiese ontwikkelinge op die gebied van kommunikasie en vervoer, sowel as die voordele wat uit die gebruik van grootskaalse produksie voortvloei, word produktemarkte nie net binnelands nie, maar ook internasionaal benut. Vergelyk in dié verband Suid-Afrika se handel in steenkool en ander minerale, sowel as landbouprodukte soos wyn, suiker, wol, ens. wat uitgevoer word, asook tegnologiese produkte en masjinerie wat uit die buiteland ingevoer word.

Die doel van internasionale handel soos hierbo aangedui, is hoofsaaklik om die behoeftes van die inwoners van die land beter en meer effektief te kan bevredig. Elke land is nou nie net op sy eie bronne/produksie aangewese nie, maar kan ook die produkte van ander lande aanwend. Ons in Suid-Afrika kan dus nou gesofistikeerde rekenaars invoer, terwyl daar weer ander lande is wat Suid-Afrika se ystererts en goud sal wil aankoop.

Hierdie internasionale handelsverkeer tussen lande bestaan uit twee komponente, naamlik:

  • Die vloei van goedere en dienste wat versend en ontvang word, (ook genoem internasionale handel); asook
  • Die wedersydse betaling vir hierdie goedere en dienste in die geldeenheid van elke land (ook genoem valuta-transaksies).Internasionale handel vind plaas omdat:
  • sekere lande ‘n oorvloed van sekere hulpbronne het, byvoorbeeld Suid-Afrika het baie goud en ander minerale, wat ons kan uitvoer, terwyl ons geen natuurlike oliebronne het nie;
  • klimaatstoestande verskil van land tot land. As gevolg van die wisselvallige reënval in Suid-Afrika is daar sekere landbouprodukte wat nie hier verbou kan word nie, en wat dus ingevoer moet word, byvoorbeeld koffie, ens.
  • die vlak van tegnologiese ontwikkeldheid verskil, byvoorbeeld die Japannese wat gekenmerk word deur hul kundigheid in rekenaartegnologie;
  • vervoer en kommunikasie drasties verbeter het. So byvoorbeeld word vars blomme uit Suid-Afrika op ’n daaglikse basis oral in Europa voorsien.

Aktiwiteit 1:

Buitelandse sektor

[lu 1.2]

SELF:

Teken jou eie weergawe van die ekonomiese siklus (wat die buitelandse sektor insluit) sodat die deelnemers en die vloei duidelik blyk. Voeg diagram op ‘n aparte vel in.

Aktiwiteit 2:

Redes vir buitelandse handel

[lu 1.2]

GROEP:

Verwys na die redes vir buitelandse handel hieronder en gee (in elke geval) voorbeelde wat op die Suid-Afrikaanse situasie betrekking het.

  1. Beskikbaarheid van hulpbronne:
  2. Klimaatstoestande verskil:
  3. Vlak van tegnologie:
  4. Vervoer en kommunikasie:

Die toevoeging van die buitelandse sektor as die vierde deelnemer in die ekonomiese siklus word ook gekoppel deur middel van twee strome, naamlik die goederestroom en die geldstroom , soos hierbo verduidelik. Die toevoeging van die buitelandse sektor veroorsaak dat die ekonomie nou nie meer “geslote” is nie, maar meer “oop” geraak het, deurdat invoere en uitvoere veroorsaak dat “meer” goedere en geld invloei en/of uitvloei vanuit die twee strome soos voorheen aangedui.

Aktiwiteit 3:

Buitelandse handel

[lu 1.2]

SELF / GROEP:

Maak ‘n lys van goedere wat Suid-Afrika uitvoer en invoer en dui so ver moontlik aan waarheen die uitvoere versend word en waarvandaan goedere ingevoer word.

Aktiwiteit 4:

Buitelandse valuta

[lu 1.2]

SELF/GROEP:

Dui aan wat die geldeenheid van die lande is:

  1. Japan
  2. Rusland
  3. VSA
  4. Brittanje
  5. Botswana
  6. Indië
  7. Duitsland
  8. Frankryk

Aktiwiteit 5:

Grafiek van buitelandse valuta

[lu 1.2]

GROEP:

Teken op elke Woensdag (vir ten minste agt weke) aan wat die wisselkoers tussen die Suid-Afrikaanse Rand en die volgende geldeenhede is: (Verdeel die klas in vier groepe vir die doel.)

(Groep 1)Rand/VSA Dollar (Groep 2)Rand/Euro (Groep 3)Rand/Pond (Groep 4)Rand/Pula
Week 1
Week 2
Week 3
Week 4
Week 5
Week 6
Week 7
Week 8

GROEP:

Elke groep moet aan die einde van die agt weke hul bevindinge op 'n grafiek aandui en daarna aan die klas verduidelik watter tendens oor die agt weke gegeld het.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
die ekonomiese siklusDie leerder is in staat wees om kennis en begrip van die ekonomiese siklus binne die konteks van ‘die ekonomiese’ probleem te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • verskillende wyses van geld die vloei van produksiefaktore en goedere en dienste in die ekonomiese siklus binne die Suid-Afrikaanse ekonomie kan verduidelik;
  • die rol van die buitelandse sektor in die ekonomiese siklus kan bespreek;
  • met behulp van ‘n grafiek kan illustreer hoe vraag en aanbod pryse beïnvloed, en hierdie verband kan bespreek;
  • die invloed en aksies (stakings en wegblyaksies) van vakbonde oor die algemeen en in die apartheidsera op die volgende terreine krities kan evalueer:
  • die Suid-Afrikaanse ekonomie;
  • politieke, ekonomiese en sosiale transformasie;
  • arbeidsaangeleenthede;
  • die uitwerking van die nasionale begroting op die ekonomie (bv. belasting en besteding op onderwys, sosiale welsyn, gesondheid en veiligheid) kan bespreek.

Memorandum

AKTIWITEIT 1: Buitelandse sektor

SELF:

Diagram van ekonomiese siklus, insluitend die buitelandse sektor .

VERBRUIKERS
VERBRUIKERS
Mark virVERBRUIKERSGOEDERE STAAT Mark virPRODUKSIEFAKTORE
SAKEONDERNEMINGS

AKTIWITEIT 2: Redes vir buitelandse handel

GROEP:

Verskaf redes vir buitelandse handel

  1. Beskikbaarheid van hulpbronne
RSA het verskeidenheid minerale, maar geen natuurlike olie.
  1. Klimaatstoestande verskil
RSA verbou mielies, lemoene, ens., maar geen koffie, rubber.
  1. Vlak van tegnologie
RSA moet horlosies, rekenaars, ens. invoer.
  1. Vervoer en kommunikasie
RSA het goeie vervoer- en kommunikasiegeriewe.

AKTIWITEIT 3: Buitelandse handel

SELF / GROEP:

Lys van goedere wat in- en uitgevoer word .

UITVOERE INVOERE
Mielies (Afrikalande) Rekenaars (VSA)
Wyn (Europa) Horlosies (Switserland)
Ystererts (Japan) Motors (Japan)

AKTIWITEIT 4: Buitelandse valuta (Betaalmiddele)

SELF / GROEP:

Verskaf die geldeenheid van die volgende lande

JAPAN yen

RUSLAND roebels

VSA dollar

BRITTANJE pond sterling

BOTSWANA pula

INDIË rupee

AKTIWITEIT 5: Grafiek m.b.t. Buitelandse valuta

GROEP:

Versameling van gegewens m.b.t. wisselkoerse en teken van die grafiek t.o.v. die gegewens.

Questions & Answers

what is mutation
Janga Reply
what is a cell
Sifune Reply
how is urine form
Sifune
what is antagonism?
mahase Reply
classification of plants, gymnosperm features.
Linsy Reply
what is the features of gymnosperm
Linsy
how many types of solid did we have
Samuel Reply
what is an ionic bond
Samuel
What is Atoms
Daprince Reply
what is fallopian tube
Merolyn
what is bladder
Merolyn
what's bulbourethral gland
Eduek Reply
urine is formed in the nephron of the renal medulla in the kidney. It starts from filtration, then selective reabsorption and finally secretion
onuoha Reply
State the evolution relation and relevance between endoplasmic reticulum and cytoskeleton as it relates to cell.
Jeremiah
what is heart
Konadu Reply
how is urine formed in human
Konadu
how is urine formed in human
Rahma
what is the diference between a cavity and a canal
Pelagie Reply
what is the causative agent of malaria
Diamond
malaria is caused by an insect called mosquito.
Naomi
Malaria is cause by female anopheles mosquito
Isaac
Malaria is caused by plasmodium Female anopheles mosquitoe is d carrier
Olalekan
a canal is more needed in a root but a cavity is a bad effect
Commander
what are pathogens
Don Reply
In biology, a pathogen (Greek: πάθος pathos "suffering", "passion" and -γενής -genēs "producer of") in the oldest and broadest sense, is anything that can produce disease. A pathogen may also be referred to as an infectious agent, or simply a germ. The term pathogen came into use in the 1880s.[1][2
Zainab
A virus
Commander
Definition of respiration
Muhsin Reply
respiration is the process in which we breath in oxygen and breath out carbon dioxide
Achor
how are lungs work
Commander
where does digestion begins
Achiri Reply
in the mouth
EZEKIEL
what are the functions of follicle stimulating harmones?
Rashima Reply
stimulates the follicle to release the mature ovum into the oviduct
Davonte
what are the functions of Endocrine and pituitary gland
Chinaza
endocrine secrete hormone and regulate body process
Achor
while pituitary gland is an example of endocrine system and it's found in the Brain
Achor
what's biology?
Egbodo Reply
Biology is the study of living organisms, divided into many specialized field that cover their morphology, physiology,anatomy, behaviour,origin and distribution.
Lisah
biology is the study of life.
Alfreda
Biology is the study of how living organisms live and survive in a specific environment
Sifune
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask