<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 5

Lewe en lewenswyse

Module 3

Plante wat met sade voortplant

Aktiwiteit:

Om die lewensiklus van 'n plant wat sade voortplant te ondersoek

[lu 1.1, 1.2, 1.3, 2.3]

Voortplanting by plante wat met sade voortplant

Opdrag:

Versamel 'n paar tamatiesaadjies en bekyk hulle goed. Plak een van die sade op die onderstaande diagram. Die blaar, blom en plant is reeds vir jou geskets. Jy moet die vrug skets!

Versamel nou enige twee van die volgende sade:

Doen nou dieselfde met die twee voorbeelde van jou keuse:

Bestuiwing en bevrugting

Blomme het vroulike sowel as manlike dele (op dieselfde blom). Die vroulike dele bestaan uit die stempel, styl en vrugbeginsel. Die meeldrade is die manlike dele.

'n Saad kan eers ontwikkel nadat die saadknop bevrug is. Stuifmeelkorrels (manlike geslagselle) beweeg van die meeldrade en val op die stempel (bestuiwing) vanwaar hulle in die styl af na die vrugbeginsel van die blom afgroei. Die stuifmeelbuis groei in die saadknop in en bevrugting vind plaas. Die saadknop kan nou tot ‘n saad ontwikkel.

Blomme word meesal bestuif deur ander blomme van dieselfde soort. Insekte soos bye, vlieë, motte en skoenlappers word deur die kleurvolle blomme nader gelok. Stuifmeel word dan deur die insekte van een blom na 'n ander oorgedra. Stuifmeelkorrels kleef aan die hare op hul bene en lywe vas.

Die wind laat ook bestuiwing by sekere plante plaasvind, soos konifere. Ander plante word weer met behulp van water bestuif.

Toets jou kennis:

  1. Skryf neer wat jy verstaan onder die volgende:

bestuiwing:

bevrugting:

  1. Wat is die verskil tussen ‘n saadknop en ‘n saad?

Assessering

LU 1

WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

 

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1   ondersoeke beplan;

1.2   ondersoeke uitvoer en data versamel;

1.3       data evalueer en bevindinge kommunikeer;

 

LU 2

KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1   betekenisvolle inligting onthou;

2.2   inligting kategoriseer;

2.3       inligting interpreteer.

 

Memorandum

Opdrag:

b)         water

c)         ontkiem

d)         ontkiem – lig

e)         sade het lug nodig om te ontkiem, en daar is min lug in die plastieksakkie.

 

f)         (i)      lug

(ii)     water

(iii)     warmte

g)         (i)      Hoekom verskyn die kiemwortel voor die blaartjie?

Om die plant wat besig is om te ontwikkel, in die grond te anker.

(ii)     In watter rigting groei die kiemwortel?

Af – om te anker – hoe dieper hoe stewiger en op soek na water/minerale ens.

i)        Sodat nuwe plante kan ontstaan.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10980/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask