<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 6

Ontwikkeling van die mediese wetenskap

Module 3

Pasteur en lister oorwin kieme

Virusse, kieme en bakterieë is onsigbaar en is oral in die lug om ons teenwoordig. Wetenskaplikes sê dat virusse miljoen keer kleiner is as 'n millimeter. Ons asem elke dag baie virusse in, maar gelukkig word ons nie altyd siek nie. (Ek wonder wat 'n rekenaarvirus is?)

Die persoon wat uitgevind het hoe siektes werklik veroorsaak word, is Louis Pasteur. Hy het vasgestel dat die lug om ons vol kieme is, kieme wat so klein is dat dit net met 'n sterk mikroskoop sigbaar is. Hierdie kieme veroorsaak dat, onder meer, kos en melk gou sleg word as dit nie op die regte manier bewaar word nie.

Die ontdekking van die proses wat Pasteur beroemd gemaak het, dra ook sy naam: pasteurisasie. Hy het bewys dat voedsel lank bewaar kan word as dit kiemvry is. Hy het gevind dat as melk verhit word tot onderkant kookpunt en weer dadelik afgekoel word, die kieme of bakterieë daarin doodgaan. Hierdie proses word pasteurisasie genoem en word vandag in melkerye gebruik.

Hierdie ontdekking het gemaak dat feitlik alle kossoorte, bv. vleis, vis, groente en vrugte kiemvry in houers of blikkies ingemaak kan word. Die voedsel word in die blik gekook totdat dit kiemvry is en dan verseël. Hierdie voedsel kan lank veilig bewaar word.

Aktiwiteit 1:

Hoe om bronne te bekom en te gebruik

[lu 1.2, 2.1]

KLASGESPREK

a) Gebruik meegaande vrae om die gesprek te begin. Daarna kan jul jul eie vrae vra!

  • Watter melk is die veiligste om te drink: die melk in ‘n houer in die kafee, of die heerlike vars melk wat op ‘n plaas gekoop word en direk van die koeie kom? Hoekom?
  • Sê hoe jul melk kiemvry kan maak.
  • Soek vyf voedselitems in jul huis en kyk op die etikette of dit gepasteuriseer is.
  • Hoekom hou blikkieskos lank?

b) Navorsing

Die entstof teen die gevreesde hondsdolheid is seker een van Pasteur se belangrikste ontdekkings. Hy kon nie die oorsaak van die siekte vasstel nie, want die virus was te klein om met sy mikroskoop waar te neem. Hy het egter entstof uit die rugmurg van besmette hase gemaak om mense te behandel wat deur dol honde gebyt is. Die entstof het hy op 6 Julie 1885 op ‘n negejarige seun, Joseph Meister, wat drie dae tevore deur ‘n dol hond gebyt is, gebruik. Die seun het gesond geword en die entstof was ‘n groot sukses. Verder moet jy self in ‘n boek gaan naslaan wat gebeur het …

Verskaf die spesifieke woord(e) wat jou gehelp het om die res van bg. inligting te bekom in die:

  • Inhoudsopgawe
  • Indeks

Aktiwiteit 2:

Om te verstaan dat verskillende sieninge oor pasteur reg of verkeerd kan wees

[lu 2.1]

Louis Pasteur wil graag hierdie entstof teen hondsdolheid vir die eerste keer op ‘n mens toets.

  • Verduidelik namens hom wat die moontlikhede kan wees indien die eksperiment slaag.
  • Wat gaan sy alternatiewe wees as dit misluk?
  • Watter keuse het Pasteur gemaak?
  • Wat sou jy gedoen het? Hoekom?

Hou ‘n klasgesprek oor die volgende en voltooi dan die opdragte.

  • Watter lewensles wil hy vir ons leer?
  • Noem vier mooi eienskappe van Pasteur.
  • Jy word gevra om ‘n inskripsie op ‘n gedenksteen wat vir Louis Pasteur opgerig gaan word, te skryf. Skryf dit in die raam hieronder.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11008/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask