<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 5

Kaartwerk

Module 3

Nuusberigte en 'n kaartindeks

Aktiwiteit 1:

Om aardrykskundige nuusberigte te versamel

[lu 1.1]

Versamel deurentyd aardrykskundige nuusberigte en dui die plek onder bespreking op ‘n wêreldmuurkaart aan.

Kaartindeks van die atlas

  • Soms is dit moeilik om ‘n plek op ‘n kaart vind. Kosbare tyd gaan so verlore. Daar is ‘n baie maklike manier om plekke op kaarte te vind, naamlik met behulp van die kaartindeks.
  • Dit is ‘n alfabetiese lys van plekke wat agterin elke atlas voorkom. Dit bevat al die name in die atlas. Elke inskrywing dui dan die land of streek aan waar die naam voorkom.
  • Daarna verskyn die bladsynommer van die geskikste kaartvel waarop die naam voorkom – gewoonlik die kaart met die grootste skaal.
  • Dan volg die breedte- en lengteligging. (Dit word in Graad 7 volledig behandel.)
  • ‘n Lys van afkortings word ook aangedui aan die einde van die kaartindeks.
  • Bekyk die volgende voorbeelde en probeer dit in jou atlas se indeks naslaan:
Dorp Land Bl Breedteligging Lengteligging
Bloemfontein RSA 10 27,35 S 25,48 O
Dundee RSA 9 28,09 S 31,14 O
Glenwood RSA 14 29,52 S 31,00 O

Let op dat bladsynommers van atlas tot atlas kan verskil.

Aktiwiteit 2:

Om 'n indeks te gebruik om plekke te vind

[lu 1.5]

Slaan die atlas-indeksverwysings van die volgende plekke in jou atlas na.

1. Piketberg

2. Hermanus

3. Klerksdorp

4. Richardsbaai

5. Welkom

Assessering

LU 1

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

  • bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik;
  • inligting kategoriseer;
  • sketskaarte en/of planne na aanleiding van veldwaarnemings en afmetings teken;
  • ‘n indeks gebruik om plekke op wêreldatlaskaarte te vind;
  • deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask