<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lees die letters van links na regs

Z W O N S E K E R Q X Z Y
L R K B A N G T B C F H L
A L L E E N L F I M Q U W
B O N G E L U K K I G R S
S T R P Q Z K L K W A A D
B V R O L I K M R Q S V Z
D G K O U H A R T S E E R
G E D U L D I G V S M Q P
L T O P G E W O N D E M A
G E L U K K I G R A F L K
LU 3.7.5

(d) Voltooi nou die volgende sinne deur ‘n emosiewoord in te vul en die rede te verskaf.

Ek voel ____________ wanneer _______________ .

Ek voel ___________ wanneer _____________ .

Ek voel _____________ wanneer ________________ .

LU 5.2.2

3. SPEL

Gedurende die Victoriaanse tydperk het kinders baie hard gewerk vir baie min geld. Selfs klein kindertjies wat maar sewe jaar oud was, het gewerk. Dit het veroorsaak dat nie al die kinders skoolgegaan het nie, terwyl ander baie dikwels afwesig was omdat hulle gewerk het.

Lees hierdie briefie wat ‘n dogtertjie geskryf het.

Beste Meester Brians

Ek wil net se hoekom ek afwesig was. Ek plant elke oggend voor skool aartappels, maar moes gisteroggend teen ‘n hoe koppie uitklim. My moee kniee kon my nie tot by die skool bring nie, en ek is jammer dat ek skool gemis het.

Ek weet dis ‘n reel dat ons elke dag in die klas moet wees en dat u ons elke dag in die klas wil he. Dit het ook begin reen en ek kon nerens droë klere kry nie.

Die uwe

Monica Harper

Kan jy agterkom watter woorde ‘n kappie (^) of ‘n deelteken (") moet kry? Vul hulle in. Voltooi die kolomme hieronder en leer die woorde.

(Die ontbrekende woorde is almal in Monica se briefie)

Kappie Deelteken
vroeër
wêreld seël
skêr
blêr
môre
LU 6.2.3

Assessering

LU 2
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.2 voer interaksie in die addisionele taal:
2.2.1 gebruik taal vir ‘n wye verskeidenheid funksies: gee uitdrukking aan menings en gevoelens, maak keuses, gee raad en maak voorstelle (soos: Ek dink jy moet ...);
2.2.2 neem deel aan rolspel in verskillende situasies wat verskillende soorte taalgebruik behels (soos formele en informele telefoongesprekke);
2.3 toon ontwikkeling in die vermoë om kenmerke van gesproke taal te gebruik om te kommunikeer: woord- en sinsaksent, intonasie, ritme;
2.4 begin sosiale en etiese kwessies debatteer:
2.4.2 betrek ander by die bespreking (soos: Wat dink jy?);
2.4.3 onderbreek die bespreking op ‘n hoflike wyse (soos: Verskoon my ...);
LU 5
DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.1 gebruik taal en geletterdheid oor die kurrikulum heen:
5.1.1 verstaan sommige begrippe uit ander leerareas en gebruik die woordeskat wat daarmee verband hou (soos “handel” in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe);
5.2 gebruik taal om te dink:
5.2.1 stel en beantwoord meer komplekse vrae (soos: Wat sal gebeur as ...?);
5.2.2 definieer en klassifiseer.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 hersien grammatika wat in die vorige grade gedek is;
6.2 spel bekende woorde korrek:
6.3 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.3.8 die gebruik van die teenwoordige-, verlede- en toekomendetydsvorm;
6.3.11 die verbinding van sinne met voegwoorde met die korrekte woordorde.

Memorandum

1. Dit is vir die geldeenheid, die Pond, gebruik.

(a) Die mure lyk aaklig, omdat hulle elf jaar gelede geverf is.

(b) Die vensters sit baie hoog sodat leerders nie by vensters kan uitloer nie.

(c) Daar is 'n groot geraas, want klaskamers word deur gordyne van mekaar geskei.

(d) Daar is baie inkpotjies en leie op die banke.

2. (c)

  • onseker bang
  • alleen ongelukkig
  • kwaad vrolik
  • hartseer geduldig
  • opgewonde gelukkig

3.

  • hoë
  • moeë
  • knieë
  • sê reël
  • hê reën
  • nêrens droë

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask