<< Chapter < Page Chapter >> Page >

17. In die verhaal word genoem dat Monique klein items van ander mense steel. Wat word hierdie verskynsel genoem?

18. Watter belangrike lewensles dink jy, kan ons uit die verhaal leer?

LU 3.1

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1 LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.4 aandagtig luister tydens ’n bespreking.
LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.2 interaksie voer in addisionele taal;
2.3 ontwikkeling toon in die vermoë om kenmerke van die gesproke taal te gebruik en te kommunikeer;
2.4 sosiale en etiese kwessies debatteer.
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 fiksie- en nie-fiksieverhale lees;
3.2 sommige elemente van die poësie verstaan;
3.7 vir genot lees;
3.8 sommige elemente van die poësie verstaan.
LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 skryf om inligting oor te dra;
4.4 skeppend skryf;
4.7 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en -gebruik.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.3 inligting versamel en dit op verskillende maniere opteken.
LU 6 Taalstruktuur en –gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.2 eenvoudige taalvorme en sinstrukture, gebruik.

Memorandum

AKTIWITEIT 1 en 2

Opvoeder fasiliteer die aktiwiteite. U kan ook saam met die klas werk aan ‘n kontrolelys vir die collage en bespreking daarna.

AKTIWITEIT 3

Leerders kan betrek word by die lees van die kortverhaal. Assesseer luidlees.

1. ‘n goudkleurige geskenkdoos met die rooi strik

2. Hulle is ryk; koop wat hulle wil; leef lekker.

3. Sy is jaloers op hulle.

4. Sy beskryf haarself as: skreeulelik, dom en lui. Verder rook sy, hang smiddae in die video-arkade rond en steel klein goedjies.

5. Monique se pa is gelowig en glo dat elke mens ‘n kruis (sy eie probleme) het en dat jy nie daaroor moet kla nie. Monique is bitter omdat hulle so sukkel en stem nie saam met haar pa nie.

6. Omdat sy die gewoonte het om te steel, wil sy die goudkleurige boks ook steel.

7. Die arkade is vol en Braam, die eienaar van die doos, konsentreer op die videospeletjie. Niemand sal dus opmerk indien sy die doos sou neem nie.

8. Sy voel tevrede / Sy voel dat sy ‘n “leë plek” in haar binneste gevul het.

9.1 Die skulp is groot en swaar met riffels en ruik na die see.

9.2 Sy is teleurgesteld en voel dat sy baie moeite gedoen het vir iets wat vir haar nutteloos is.

9.3 Sy kry die boodskap dat sy die skulp/geskenk moet teruggee.

10. Sy het die geskenk na die Van Geunings se huis geneem.

11. Theo is aanvanklik agterdogtig, maar sê dat sy broer dit sal waardeer omdat dit ‘n geskenk is wat hy vir sy ma gekoop het. Braam vind dit ook baie vreemd, maar aanvaar die ‘verlore geskenk’ met dankbaarheid.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11038/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask