<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Vroeg, voor skool die volgende oggend, glip sy met die geskenkdoos by die Van Greunings se hek in en sluip na die voordeur. ’n Gesig verskyn in ’n venster. Sy verstar en wil vlug. Die voordeur gaan reeds oop. Dis Theo van Greuning. Skraal. Rooi hare.

“Monique, wat maak jy hier?”

“Ek ... het ... hierdie ... doos ... laat gistermiddag ... buite ... die videospeletjie-arkade opgetel,” stotter sy. “Die arkade-eienaar sê toe ... jou boetie was daar met so ’n doos. Iemand het dit seker gesteel en toe ...”

Theo lyk agterdogtig.

“Oukei, geen vrae nie,” sê hy. “Dankie. Jy is ’n ster. Braam sal uit sy vel spring. Kom ...” Hy lei haar na die sitkamer. “Dis Mamma se verjaardag. Sy is juis besig om al haar geskenke oop te maak.”

Mamma is ’n skraal vrou in ’n kamerjas. Iets omtrent haar lyk vreemd. Maar die weelderige vertrek eis Monique se aandag op.

“Dis Monique,” stel Theo haar voor. “Sy’s in my klas. Sy het Braam se verlore geskenk teruggevind. Buite die video­speletjie-arkade.”

“Haai, dis vreemd,” sê Braam. “Maar dis great!”

Hy vat die geskenk en gee dit vir sy ma.

Mevrou Van Greuning sit op die mat met haar geskenke om haar. Haar valerige man kyk toe. Monique kyk hoe mevrou Van Greuning die goudkleurige doos oopmaak, hoe haar lang sensitiewe vingers rondvoel en die skulp versigtig uitlig en teen haar oor druk.

“Jou skulp sing die lied van die see, Braam.”

Nou merk Monique eers wat vreemd omtrent mevrou Van Greuning is. Sy dra ’n donker bril. Sy is blind ... Sjoe! Selfs die skatryk Van Greunings het probleme. Hoe sê haar pa altyd? Elke mens het maar ’n kruis. ’n Mens moet net nie jou eie kruis wees nie. En sy wil nie. Sy gaan verander. Net vandag. Iets het reeds begin verander toe sy vannag na die lied van die skulp geluister het.

1. Wat het onmiddellik Monique se oog gevang toe sy die videospeletjie-arkade binnegaan?

2. In die eerste paragraaf word drie dinge omtrent die Van Greunings genoem. Skryf dit neer.

3. Hoe, dink jy, voel sy oor die Van Greunings?

4. Hoe stel Monique haarself aan die lesers bekend? (Skryf ’n kort paragraaf waarin jy ten minste ses feite omtrent Monique noem.)

5. Hoe verskil haar siening omtrent die lewe van dié van haar pa?

6. Wat beteken dit as Monique besluit om die goudkleurige doos “vas te lê”?

7. Waarom is die omstandighede “ideaal” om hierdie daad (nr. 6 beskryf) te pleeg?

8. Beskryf wat ervaar Monique nadat sy die daad gepleeg het.

9. In haar kamer ontdek Monique wat in die doos is en bestudeer die geskenk.

9.1 Beskryf in jou eie woorde hoe die geskenk lyk.

9.2 Sê kortliks watter effek dit op haar het.

9.3 Watter “boodskap” het sy ontvang?

10. Wat het Monique die volgende dag voor skool gedoen?

11. Hoe reageer Theo en Braam op Monique se teenwoordigheid?

12. Wat is “vreemd” omtrent die seuns se ma?

13. Hoe reageer die vrou op haar seun se geskenk?

14. Vergelyk die verhouding wat tussen ma en seuns bestaan met die van Monique en haar pa.

15. Watter belangrike ontdekking maak Monique in die laaste paragraaf omtrent die Van Greunings?

16. Watter belangrike ontdekkings maak sy omtrent haarself?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11038/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask