<< Chapter < Page Chapter >> Page >

. Leerders maak plakkate met duidelike byskrifte wat in die klaskamer uitgestal word. (LU 5)

  • Vormsinne:

. Opvoeder vra vrae en leerders beantwoord bevestigend of ontkennend. Nee, ek dra . . . . .

Ja, Ouma dra . . . . .

. Ek dra sandale as dit baie koud is.

. Ons trek pantoffels aan as ons buite in die reën loop.

. Ouma dra plat, gemaklike skoene.

. Sokkerspelers dra spesiale stewels.

. Mamma dra hoëhakskoene.

. Pappa dra graag tekkies as hy gaan draf.

. Ons kom kaalvoet skool toe. (LU 1, LU 2)

  • Die Skoenmaker en die kabouters:

. Opvoeder lees die storie verskeie kere aan die leerders voor totdat hulle dit spontaan saam sê. (LU 1, LU 2)

. Leerders maak knip-, stik- en kap-aksies wanneer gepas.

(LU1, LU 3)

. Laat leerders kyk of hulle self die storie kan lees. (LU 2)

. Laat die leerders die storie dramatiseer.

. Moedig leerders aan om die storie in hul eie woorde te vertel. (LU 3)

  • Woordeboeke:

. Elke leerder moet ‘n eie woordeboek hê. Koop ‘n indeks-oefeningboek of maak een deur twee bladsye vir elke klank alfabeties af te merk. Woorde vir jou woordeboek word deur die leerders in hierdie boek geskryf. (LU 4)

  • Laat leerders sinne lees totdat hulle dit goed ken. Opvoeder kan die sinne op stroke karton skryf en vir leerders wys, sodat hulle dit sonder die prente as gids kan lees. Vergroot p. 10 en 11 op die fotostaatmasjien en plak dit op die aansteekbord. Leerders wat sukkel, kan daarna verwys. (LU 3)
  • Laat leerders ‘n T-hemp skool toe bring.

. Beplan hoe hulle dit gaan versier.

. Versier met spesiale lapverf. of

. Laat leerders ‘n hemp teken en met kryt versier.

  • Strokiesprent

. Leerders voltooi die storie deur daaroor te gesels.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Lees en klap die woorde:

skoene skoe/ne

broekie broe/kie

hempie hem/pie

werksbank werks/bank

kabouters ka/bou/ters

  • ‘n Rympie om na te luister, oor te gesels en later op te sê:

My nuwe hemp.

Vir my is dit tog te lekker

om klere te gaan koop.

Ek hou baie van hempies

wat oop kan knoop.

Mamma weet Boetie

kort nog ‘n broek.

Hy kla en brom,

want hy soek liewers nog ‘n boek.

As ek loop en spog

met my nuwe hemp

sê hy dis sommer bog!

Maar my vreugde kan hy nie demp.

  • Teken my mooi nuwe hemp:
  • Teken Boetie se boek:

LU 3.6.6
  • Beantwoord die vrae:
  • Wat is vir my lekker?

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

  • Waarvan hou ek?

  • Hoekom kla en brom Boetie?

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11112/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask