<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 5

Ontdek die verhaal van jou provinsie

Module 3

Jou provinsie se verlede: kaarte

Hoe kaarte jou kan help om jou provinsie se verlede beter te verstaan

Aktiwiteit

Hoe om kaarte te gebruik

Lu 1.2

BOERE UIT DIE STEENTYDPERK

(a) Eendag sien jy hierdie kaart van die Suidwes-Kaap by die museum. Die hoof vra jou later om te help om die volgende vyf brokkies inligting op die kaart aan te bring:

KIES DIE SKETS WAT PAS, EN TEKEN DIT OP DIE REGTE PLEK OP DIE KAART.

b) Watter gebeure het heelwaarskynlik plaasgevind as die volgende voorwerpe tydens opgrawings in 'n grot naby Saldanhabaai gevind is?

Skrapers, Potte, Houtwerkgereedskap,

Beenpunte, Klippe met gate in

(c) Ai, die eetgerei!

Werk in pare en maak ‘n lys met vyf instruksies hoe jy met jou klip-eetgerei sal eet...

Boere uit die ystertydperk

Meegaande kaarte toon hoe die Ystertydperkboere ons land teen 200 n.C. (omtrent dieselfde tyd as die Khoina) binnegetrek het. Hulle was veral landbouers en het reeds ystergereedskap gebruik. Hulle het veral die oostelike dele van ons land verkies weens die gunstige k vir oeste en die vrugbare d. Swart landbouers het veral met skape en bokke geboer en die grond bewerk. Vir 'n ekstra gewin is gejag en versamel. Daarom het hulle minder rondgetrek en op sekere plekke gebly. Beboste dele is ook skoongemaak vir akkerbou. Dié boerdery was harde werk. Teen 1000 n.C. het vroeë boere al hoe meer aandag begin gee aan beesboerdery en na grasvelde getrek. Veeboerdery was nou belangriker as akkerbou.

(d) Gebruik meegaande bronne, beantwoord die vrae wat volg en hou ‘n groepgesprek oor hoe die volgende ontwikkelinge ons land verander het:

  • metaalgereedskap
  • veeteelt
  • Afrika-tale
  • akkerbou

BRON 1

BRON 2

YSTERTYDPERKBOERE TREK ONS LAND BINNE

teen 150 n.C. woon boere reeds op die hooglande van Zimbabwe

200 n.C. woon boere reeds langs die kus van Mosambiek

250 n.C. woon boere reeds by Mzonjani in Natal

600 n.C. woon boere reeds in die breë riviervalleie van Natal

650 n.C. woon boere reeds in die suidelike gebied van die Transkei

BRON 3

BRON 4

Die swart landbouers was goed georganiseerd. So 'n groep het gewoonlik 'n aantal huisgesinne en families ingesluit. Hulle moes hul eie lede versorg - ook die bejaardes en siekes. 'n Deel van die oes moes altyd geberg word vir moeilike tye, soos droogtes. Normaalweg was die oudste man die gesinshoof. Vlugtelinge, ondersteuners, ander familielede of ander vreemdelinge kon uitgenooi word om hulle by die groep aan te sluit. Die mans moes gewoonlik die beeste versorg, terwyl die vrouens op die landerye moes werk. In dele wat meer geskik was vir akkerbou, moes die mans maar op die landerye help, aangesien dit hul grootste bron van inkomste was. Vrouens is egter toegelaat om kleinvee, soos bokke en pluimvee, te versorg.

VASVRA!

Waar het hulle al die materiaal gekry om huise mee te bou?

Uit watter materiale is gereedskap vervaardig?

Hoekom was daar so baie ashope in dié antieke dorpe?

Hoe het hierdie boere ystersmeewerk gedoen?

Assessering

LU 1

GESKIEDKUNDIGE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1 bronne vind:

  • met leiding bronne kies wat nuttige inligting oor die verlede bevat;

1.2 met bronne werk:

  • inligting uit ‘n verskeidenheid van bronne opteken en kategoriseer;

1.3 vrae beantwoord:

  • volhou om inligting uit bronne te gebruik om vrae te beantwoord oor mense, gebeure, artefakte uit die verlede.

Memorandum

Aktiwiteit

a) 1) Dias 4) Steentydperk-implemente

2) Skerppuntpotte 5) Uitgeholde klippe

  1. rotstekeninge

b)

  • Hul was veral landbouers – het vee aangehou en die grond bewerk. Nuwe voedselsoorte is bekendgestel. Hout is met messe, byle, beitels verwerk tot huisgereedskap – soos melkemmers, skottels, stampblokke, lepels, tabakpype.
  • Ystererts is gesmelt vir wapens en landbou-implemente (bv. skoffelpikke). Sagte yster is gebruik vir versierings (armbande).
  • Verskillende tale: Nguni – (bv. Zoeloe, Sotho, Swazi, Ndebele) en Xhosa (bv. Sotho, Tswana, Venda) het ontwikkel.
  • Pottebakkery het daartoe bygedra dat potte gemaak is vir kook- en stoordoeleindes.
  • Al hoe meer nedersettings is met klip gebou. Mense het in groter groepe begin saamwoon en ‘n meer gevestigde leefwyse begin volg.

Vasvra:

Eers is die ystererts teen ‘n hoë temperatuur in ‘n hoogoond gesmelt om die yster en onsuiwerhede in die rots van mekaar te skei. Groot hoeveelhede houtskool is gebruik om oonde op die regte temperatuur te hou. Na die smeltproses is die yster, wat nou soos ‘n klonterige koek gelyk het, weer verhit. Dan is dit in die vorm van die gereedskap gesmee deur dit te hamer en te sny. Ashope word dikwels naby die hoogoonde gevind

Questions & Answers

what is mutation
Janga Reply
what is a cell
Sifune Reply
how is urine form
Sifune
what is antagonism?
mahase Reply
classification of plants, gymnosperm features.
Linsy Reply
what is the features of gymnosperm
Linsy
how many types of solid did we have
Samuel Reply
what is an ionic bond
Samuel
What is Atoms
Daprince Reply
what is fallopian tube
Merolyn
what is bladder
Merolyn
what's bulbourethral gland
Eduek Reply
urine is formed in the nephron of the renal medulla in the kidney. It starts from filtration, then selective reabsorption and finally secretion
onuoha Reply
State the evolution relation and relevance between endoplasmic reticulum and cytoskeleton as it relates to cell.
Jeremiah
what is heart
Konadu Reply
how is urine formed in human
Konadu
how is urine formed in human
Rahma
what is the diference between a cavity and a canal
Pelagie Reply
what is the causative agent of malaria
Diamond
malaria is caused by an insect called mosquito.
Naomi
Malaria is cause by female anopheles mosquito
Isaac
Malaria is caused by plasmodium Female anopheles mosquitoe is d carrier
Olalekan
a canal is more needed in a root but a cavity is a bad effect
Commander
what are pathogens
Don Reply
In biology, a pathogen (Greek: πάθος pathos "suffering", "passion" and -γενής -genēs "producer of") in the oldest and broadest sense, is anything that can produce disease. A pathogen may also be referred to as an infectious agent, or simply a germ. The term pathogen came into use in the 1880s.[1][2
Zainab
A virus
Commander
Definition of respiration
Muhsin Reply
respiration is the process in which we breath in oxygen and breath out carbon dioxide
Achor
how are lungs work
Commander
where does digestion begins
Achiri Reply
in the mouth
EZEKIEL
what are the functions of follicle stimulating harmones?
Rashima Reply
stimulates the follicle to release the mature ovum into the oviduct
Davonte
what are the functions of Endocrine and pituitary gland
Chinaza
endocrine secrete hormone and regulate body process
Achor
while pituitary gland is an example of endocrine system and it's found in the Brain
Achor
what's biology?
Egbodo Reply
Biology is the study of living organisms, divided into many specialized field that cover their morphology, physiology,anatomy, behaviour,origin and distribution.
Lisah
biology is the study of life.
Alfreda
Biology is the study of how living organisms live and survive in a specific environment
Sifune
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10987/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask