<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 4

Persoonlike en sosiale vaardighede

Module 3

Drama

Drama

Aktiwiteit 1

Om rekwisiete verbeeldingryk te kan gebruik [lu 3.3]

Die bal

O efening 1 :

  • Bring ‘n bal klas toe – enige kleur, grootte of tekstuur.
  • Deel op in groepe (5 - 8 leerders per groep).
  • Improviseer ‘n situasie waarin die bal, of balle, gebruik word as rekwisiet/e.
  • Die bal moet gebruik word as ‘n rekwisiet en kan ‘n verskeidenheid van dinge en stemmings voorstel.
  • Werk vir vyf minute aan jou toneelstukkie.
  • Die toneel moet een minuut lank wees.
  • Voer julle toneelstukkie vir die res van die klas op.

Aktiwiteit 2

Om ander se idees te gebruik wanneer ‘n drama geskep word [lu 3.4]

Die bal: ‘n toneelstuk

Met hierdie aktiwiteit gaan jy ‘n kort toneelstukkie skep na aanleiding van die vorige aktiwiteit.

O efening 2 :

  • Die titel van die toneelstuk is: Die Bal .
  • Selekteer tonele/bedrywe uit die vorige aktiwiteit .
  • Voeg die tonele op so ‘n manier aanmekaar dat dit sin maak.
  • Die toneelstuk moet omtrent vyf minute duur.
  • Skryf die storielyn en die dialoog op die bord met die samewerking van die opvoeder – dit sal as die teks dien.
  • Bied vrywillig aan om die volgende portefeuljes te vul:
  • Akteurs
  • rekwisiete
  • kostuums
  • regisseur
  • verhoogassistente
  • verhoogbestuurder
  • souffleurs (iemand wat voorsê indien die akteurs hulle woorde vergeet)
  • Repeteer die toneelstuk .
  • Voer die toneelstuk op.

Wenke om die toneelstuk te skep en ontwikkel :

  • Die bal kan enigiets wees wat jy wil hê dit moet wees – wees kreatief;
  • Kies ‘n karakter wat jy graag wil uitbeeld;
  • Waar wil jy hê die toneelstuk moet plaasvind?
  • Wat wil jy sê?
  • Hoe gaan jy dit doen?
  • Wat gaan jou karakter dra?
  • Wil jy hê dat daar ander rekwisiete ook moet wees?

Assessering

LEERUITKOMS 3: DEELNAME EN SAMEWERKING Die leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

3.3 saamwerk om eenvoudige rekwisiete verbeeldingryk as stimulusmateriaal te gebruik om te wys hoe dieselfde voorwerp verskillende dinge en verskillende gemoedstemminge kan voorstel;

3.4 uit eie en ander se idees put en dié idees ontwikkel wanneer dramas beplan en saamgestel word.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11088/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask