<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 7

Die mfecane verskuif grense

Module 3

Die zoeloeryk

Die Mfecane het bygedra tot die ontstaan van die Zoeloe-, Basoetoe- en Ndebeleryke, want groepe het nie meer in verspreide isolasie geleef nie, maar eerder saamgroepeer in groter stamme. Gevolglik het sekere gebiede ontvolk geraak, en dit het blanke swerwers gelok.

Shaka is in 1787 naby Melmoth in Natal gebore. Hy was ‘n buite-egtelike kind van die Zoeloekoning Sezangakona en kon daarom weinig aanspraak maak op die koningskap. Hy was besonder geheg aan sy moeder, Nandi. Sy vader was jaloers op hom en het gevrees dat Shaka hom sou doodmaak om sodoende die mag oor te neem. Shaka vlug toe na die Mthethwa van Dingiswayo, waar hy later ‘n magtige posisie met groot invloed sou beklee.

Shaka was ‘n uiters bekwame generaal wat ‘n totale omwenteling in oorlogvoering teweeggebring het. Hy was deeglik en het algehele fiksheid en lojaliteit van sy volgelinge verwag. Die werpspies en kleiner skild wat voorheen gebruik is, is vervang met ‘n kortsteelspies met ‘n lang lem, en ‘n skild gemaak van osvel.

Aktiwiteit 1:

Om die verlede van die zoeloeryk te rekonstrueer

[lu 3.3]

BESTUDEER MEEGAANDE INLIGTING EN SÊ:

  1. Watter skets is verkeerd? Hoekom?

Die spies se lem was ongeveer 44 cm lank en 5 cm breed, en die steel ongeveer 58 cm lank. ‘n Soldaat het sy skild gebruik om die skild van die vyand weg te druk sodat hy met sy spies kon aanval. ‘n Soldaat wat sonder sy spies van die slagveld teruggekeer het, is doodgemaak.

(b) Teken die diagram van die oskop-aanvalsformasie oor en voeg die korrekte byskrifte by.

Sy regimente (gevegsgroepe) het dikwels hul maneuvers geoefen as ‘n vorm van dans. Die jonger manne het met donkerkleurige skilde geveg en die ouer manne ligkleurige skilde. Elke regiment het sy eie kamp, oorlogskreet, skild, kleding en induna (leier) gehad. Die soldate (impi’s) het kaalvoet rondbeweeg en op klippe en dorings geoefen om sodoende hul voete taai en hard te maak. Hulle kon maklik 70 km per dag aflê vir dae aaneen! Shaka se Zoeloes het die kuns verstaan om “ongesiens” rond te beweeg deur bosse en dongas as skuiling te gebruik. Hulle het gewoonlik teen dagbreek die vyand aangeval in ‘n oskop- of knyptangformasie.

(c) Ontwerp ‘n blokkiesraaisel oor Shaka en die Zoeloeryk (5 Af en 5 Dwars). Verskaf die leidrade en die antwoorde.

Nà so ‘n aanval is die vyand se kraal afgebrand en die vee weggevoer. Om seker te maak dat ‘n kryger wat afgemaai is, werklik dood is, is sy ingewande ook deurboor. Met hul terugkeer is die helde deur Shaka vergoed en die lafaards gestraf.

Binne tien jaar het Shaka ‘n magtige ryk opgebou. Ten spyte van sy wreedheid was hy ‘n uitsonderlike staatsman. Shaka het oorloë gevoer buite die grense van die Zoeloe-staat om sodoende vrede en vooruitgang in Zoeloeland te verseker. Die stamme in KwaZulu-Natal wat geweier het om hulle aan Shaka te onderwerp, is uitgewis of uitgedryf. Die mans moes hulle toespits op oorlogvoering en mag nie getrou het voordat hulle 40 jaar oud was nie. Namate Shaka se ryk uitgebrei het, het hy sy impi’s verder van hul huise gestuur om oorlog te voer. Baie van die mans wou egter by die huis bly en met gesinne begin. Shaka se onderdane het begin om ongelukkig te voel oor al die oorlogvoering.

In 1828 is Shaka vermoor deur sy halfbroers, Dingane en Mhlangane. Dingane het die hoof van die Zoeloeryk geword en sy hoofstat by Mgungundlovu gebou.

(d) Kyk na die sketse van Mgungundlovu hieronder en beantwoord die vrae.

  • Watter ooreenkomste en verskille sien jy raak in die twee sketse?
  • Werk saam in pare en verskaf vyf wette wat waarskynlik gedurende die dag in Mgungundlovu van toepassing was.
  • (e) Verdeel jul klas in drie groepe om die volgende temas e bespreek:

Groep 1

Veronderstel julle is spioene in Shaka se kraal. Verskaf redes vir die volgende besluite wat deur hom geneem is:

  • ‘n Soldaat wat van die slagveld terugkeer sonder sy spies, word om die lewe gebring.
  • Soldate moet teen dagbreek tot die aanval oorgaan.
  • Soldate moet in die oskop-aanvalsformasie veg.
  • Na die aanval moet die vyand se kraal afgebrand en hul vee weggevoer word.
  • Alle skilde moet van osvel, en nie beesvel nie, gemaak word.
  • Die ervare mans moes die vyand van die kante aanval.

Groep 2

Bepaal of die volgende menings oor Shaka en sy Zoeloes korrek is. Indien nie, moet die korrekte feite verskaf word.

  • Die Zoeloe-nasie het in die huidige KwaZulu-Natal tot stand gekom.
  • Dingiswayo het na Shaka die koning van die Zoeloes geword.
  • Alle skilde moes van osvel, en nie beesvel nie, gemaak word.

Groep 3

Verbeel jou dat jy die aand saam met Shaka om die kampvuur kuier. Bespreek die volgende:

  • Watter groot veranderings het oor die jare in Zoeloeland plaasgevind?
  • En wat het dieselfde gebly?
  • (f) Beskou jul Shaka as ‘n held of ‘n skurk?
  • Verdeel in groepe en skryf vyf vereistes waaraan ‘n held moet voldoen, neer.
  • Toets nou Shaka en sy optrede om te bepaal of hy ‘n skurk of ‘n held is.

Onthou: jy moet jou standpunt(e) kan bewys!

Assessering

LEERUITKOMS 3: HISTORIESE INTERPRETASIE – Die leerder is in staat om aspekte van geskiedenis te interpreteer
3.1 Wees bewus van meer as een siening van die verlede
3.2 Onderskei tussen feite en menings
3.3 Rekonstrueer verlede

Memorandum

Aktiwiteit 1

(a) Bron 1 is verkeerd. Soldaat moet ‘n kort steekspies en groot skild hê.

vyand(b)

jong impi’s

Ervare soldate

Res van die mag

(d) Ooreenkomste: -- Een groot ingang

-- vroue se kwartiere agter, ander hutte aan kante -- groot beeskraal in middel

Verskille: -- Buite-kraal, Owen se kamp ( ) en Hlomo Amabutho (llllll) nie oral aangetoon

-- Mkhumbanerivier

-- Bron 2 het meer detail; Bron 1 is waarskynlik ‘n skets van ‘n opgrawing later

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11022/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask