<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Lewe en lewenswyse

Module 18

Water

Aktiwiteit:

Om die belangrikheid van water te bespreek

[lu 1.3]

Luister mooi na die storie oor water wat jou onderwyser vir jou gaan lees, en bespreek dan die inligting in die waterdruppel hier onder.

Water is lewe

Water speel ‘n baie belangrike rol in die ekosisteem, want dit hou diere en plante aan die lewe. Geen lewende wese kan sonder water oorleef nie.

Plante: Ons weet dat sekere soort plante slegs in water groei. Dink maar net aan die pragtige waterlelies met hul groot, plat blare wat op die water dryf.

Diere: Diere drink ook water om te lewe. Dit is noodsaaklik vir diere wat in, op en naby water lewe.

Bespreek die volgende in jou groep:

Wat sal gebeur as ons skool vir ‘n uur lank sonder water is?

Wat sal gebeur as ons dorp/stad vir ‘n uur lank sonder water is?

Wat sal gebeur as ons land vir ‘n uur lank sonder water is?

Hoekom is water so belangrik?

Opdrag:

Voltooi die blokkies met die beste antwoorde wat jou groep gegee het.

Assessering

LU 1

WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op  weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1   ondersoek beplan;

1.2   ondersoek uitvoer en data versamel;

1.3       data evalueer en bevindings kommunikeer.

 

Memorandum

Lees enige mooi storie oor water aan die klas voor.

Opdrag:

Blokkies: Nadat die groepe terugvoering gegee het, laat hulle die beste antwoorde in die blokkies skryf.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask