<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 7   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Pret met die sakrekenaar en negatiewe getalle

Opvoeders afdeling

Memorandum

6. a) aantrek en eet

verskillende vertrekke in huis aan die kant maak

volgorde waarin jy tuiswerk doen

leerders gee eie antwoorde

  1. eers geld trek en dan inkopies doen

eers leer en dan toets skryf

boeke oortrek: plastiek laaste

eers petrol ingooi en dan ry

leerders gee eie antwoode

8. a) 66

  1. 0
  2. 9
  3. 223
  4. 153

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: pret met die sakrekenaar [lu 1.9.2

6 VOLGORDE VAN BEWERKINGS

As jy nie die volgorde ken waarin bewerkings gedoen word nie, sal jou sakrekenaarjou van die wal in die sloot help!

Bespreek die volgende:

a) Maak dit saak of jy eers melk in die koppie gooi en dan die tee, of eers die tee en dan die melk?

b) Borsel ’n mens tande voor ontbyt of eet jy eers en borsel dan tande?

c) Gee voorbeelde waar dit nie saak maak in watter volgorde jy sekere dinge doen nie.

d) Gee voorbeelde waar die volgorde wel belangrik is.

7 KOM ONS HERSIEN

Vir herhaalde optelling en aftrekking werk ons van links na regs.

bv. 20 – 5 + 12 – 5 – 2 = 20

Vir herhaalde vermenigvuldiging en deling werk ons van links na regs.

bv. 6 × 3 ÷ 2 = 9

Vir gemengde bewerkings is die volgorde:

( ) hakkies
van
÷
×
+
-

8. Gebruik jou sakrekenaar en vind die antwoorde van:

a) 100 – 4 × 5 – die helfte van 28

______________________________________________________________

b) 26 × 54 – 54 × 26

______________________________________________________________c) 200 ÷ 20 + 285 ÷ 95 – 8 + 4

______________________________________________________________d) 382 – (129 + 31) + een derde van 3

______________________________________________________________

e) (65 – 15) × 3 + 21 ÷ 7

______________________________________________________________

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n verskeidenheid tegnieke gebruik om berekeninge te doen, insluitend:

1.9.2: die gebruik van ‘n sakrekenaar.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 7. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11076/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask