<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 7   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Getalpatrone

Opvoeders afdeling

Memorandum

TOETS 1

1.

a) 0; -50

b) 1 en ‘n kwart; 1 en ‘n half

c) 22’ 30

d) 38; 26

2.

a) number row

b) kwadraatgetalle

c) sequence

d) terms

3.

a) horizontal

b) vertical

4.

a) 13; 21

b) Fibonacci

5.

a) 2 926

b) 8

6. 10; 15

7. 7; 17; 23

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: getallepatrone (module toets) [lu 2.1, lu 2.3, lu 2.4]

8. probleem

Werk saam met ’n maat. Vind die oplossing vir die volgende probleem deur van ’n getallepatroon gebruik te maak.

’n Boer het besluit om met een paar konyne te begin boer in Januarie. Elke paar konyne skenk vanaf twee maande na geboorte maandeliks geboorte aan ’n nuwe paar konyne.

Hoeveel pare konyne sal die boer aan die einde van Desember daardie jaar hê?

(Wenk: teken ’n diagram).

25
MODULE TOETS 1

1. Voltooi die volgende getallepatrone:

a) 150 ; 100 ; 50 ; _______________________ ; _________________

b) ’n half ; driekwart ; een ; ________________ ; _________________

c) 4 ; 9 ; 15 ; ________________ ; _________________

d) 80 ; 65 ; 51 ; ________________ ; _________________ (8)

2. Vul die ontbrekende woorde in:

a) ’n Stel getalle wat verkry word deur die navolging van ’n sekere reël, noem ons ’n ________________________________________________________

b) Vierkantgetalle word ook _______________________________ genoem.

c) Getallepatrone word ook _______________________________ genoem.

d) Die getalle in ’n getalry word ook ___________________ genoem. (4)

3. Onderstreep die korrekte woord tussen hakies:

a) ’n ry is (horisontaal ; vertikaal ; skuins)

b) ’n kolom is (horisontaal ; vertikaal ; skuins) (1)

4. a) Voltooi die volgende patroon:

8 ; _______________ ; ______________ ; 34 ; 55 ; 89 (2)

b) Hierdie getalry staan bekend as die _______________________-getalry.. (1)

5. Gebruik Gauss se metode en bepaal die som van die natuurlike getalle van 1 tot 76.

_____________________________________________________________

_____________________________________________________________

___________________________________________________________(3)

6. Wat is die som van die getalle in die vierde ry van Pascal se driehoek?

______________________________________________________(1)

7. Voltooi die volgende driehoekgetallepatroon:

1; 3; 6; ________________________ ; _______________________ (2)

8. Voltooi die volgende tabel:

n 1 2 7 10
2 n + 3 5

(3)

Assessering

Leeruitkomste 2: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.

Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder numeriese en meetkundige patrone ondersoek en uitbrei op soek na ‘n verwantskap of reëls, insluitend patrone.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder voorstellings maak van en verwantskappe tussen veranderlikes gebruik sodat inset- en/of uitsetwaardes op ‘n verskeidenheid maniere bepaal kan word.

Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder wiskundige modelle saamstel wat oplossings vir probleemsituasies voorstel, beskryf en voorsien, en verantwoordelikheid toon teenoor die omgewing en die gesondheid van ander (insluitend probleme binne menseregte-, sosiale, ekonomiese, kulturele en omgewingskontekste).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 7. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11076/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask