<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 5

Lewe en leefwyse

Module 2

Voortplanting deur sade

Aktiwiteit:

Om plante se voortplanting deur sade te ondersoeke

[lu 1.1, 1.2, 1.3, 2.3]

Voortplanting deur sade

Het jy al ooit gewonder hoekom ‘n plant sade vorm?

Opdrag:

Versamel soveel verskillende sade as moontlik (van blomme, bome, grasse, onkruide en wildebome) en plak dit in die oop spasies hieronder. Ruil met 'n vriend uit sodat jy 'n verskeidenheid het. Skryf die name van die sade onderaan, indien jy dit ken!

Probeer nou die volgende:

Kry agt boontjiesade en vier houers. Plaas twee boontjiesade tussen klam watte in elke houer. Sorg dat die klam watte die boontjiesade deeglik bedek. Die boontjies in die vierde houer moet in droë watte toegevou word.

'n Houer moet in elk van die volgende plekke geplaas word:

  1. in 'n donker kas (waarvan die deure toe is), op ‘n warm sonnige plek;
  2. in ‘n oop houer in 'n sonnige plek;
  3. in ‘n plastieksakkie wat dig toegemaak is (die sade binne die watte word in die sakkie gesit), in ‘n sonnige plek;
  4. in 'n sonnige plek, maar onthou om die watte te alle tye DROOG te hou!
  1. Maak die watte elke dag nat (nie in houer no. 4 nie), observeer daagliks (dieselfde tyd elke dag) en teken jou waarnemings aan :

Wat het met die sade gebeur?

Wat het eerste verskyn?

Hoeveel het die wortels gedurende die eerste VYF dae gegroei?

Wat het tweede verskyn?

  1. Die boontjies in houer no.4 kan nie ontkiem nie omdat hulle geen

gehad het nie.

  1. Die boontjies in houer no. 2 het .
  2. Dié in die donker kas het ..

Dit beteken dat nie nodig is vir ontkieming nie,

maar wel die wat deur die lig meegebring word.

  1. Hoekom het die sade in die plastieksak nie ontkiem nie?
  1. 'n Saad of saailing het dus die volgende nodig om te kan groei:
  1. Hoekom verskyn die kiemwortelvóór die blaartjie?
  1. In watter rigting groei die kiemwortel en hoekom?

Die blaartjie groei opwaarts op soek na sonlig om die plant in staat te stel om sy eie voedsel te produseer.

  1. Gebruik 'n stuk wol/tou om daagliks te meet hoe vinnig die kiemwortel en blaartjie groei. Maak 'n penmerk op die wol om die lengte van die kiemwortel/blaartjie aan te dui. Strek nou jou wol (van waar dit begin tot by die penmerk) langs die liniaal om die korrekte mate te kry.
  2. Antwoord nou die vraag wat ons aan die begin gevra het: hoekom vorm plante sade?

Iets nuuts: eensaadlobbige en tweesaadlobbige plante

Assessering

LU 1

WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

 

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1   ondersoeke beplan;

1.2   ondersoeke uitvoer en data versamel;

1.3       data evalueer en bevindinge kommunikeer;

 

LU 2

KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1   betekenisvolle inligting onthou;

2.2   inligting kategoriseer;

2.3       inligting interpreteer.

 

Memorandum

Opdrag:

b) water

c) ontkiem

d) ontkiem – lig

e) sade het lug nodig om te ontkiem, en daar is min lug in die plastieksakkie.

f) (i) lug

(ii) water

(iii) warmte

g) (i) Hoekom verskyn die kiemwortel voor die blaartjie?

Om die plant wat besig is om te ontwikkel, in die grond te anker.

(ii) In watter rigting groei die kiemwortel?

Af – om te anker – hoe dieper hoe stewiger en op soek na water/minerale ens.

i) Sodat nuwe plante kan ontstaan.

Aktiwiteit 1.3Om die lewensiklus van ‘n plant wat met sade voortplant te ondersoekLU 1.1

LU 1.2

LU 1.3

LU 2.3

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10980/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask