<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • ONS ONDERSKEI TUSSEN PRE- EN POSTMORFEME.

PREMORFEEM (VOORVOEGSEL, PREFIKS) – dit staan voor die stamDit is ’n morfeem sonder selfstandige betekenis.Dit word voor aan die stam geheg.Die premorfeem het slegs betekenis binne die konteks van die woord.

POSTMORFEEM (AGTERVOEGSEL, SUFFIKS) Dit is ’n morfeem sonder selfstandige betekenis.Dit word agter aan die stam geheg. Die postmorfeem het slegs betekenis binne die konteks van die woord.

Voorbeelde: manlik man (stam) + lik (postmorfeem) beman premorfeem (be-) + man (stam) mans man(stam) + s (postmorfeem) mannetjie man(stam) + (n)etjie (postmorfeem) huislik huis(stam) + lik (postmorfeem) verhuis ver(premorfeem) + huis(stam) verhuising ver(premorfeem) + huis(stam) + ing(postmorfeem) huisie huis(stam)+ ie (postmorfeem) huise huis(stam) + e (postmorfeem)

SAMESTELLING (KOMPOSITUM)

  • Dit behels die samevoeging van twee of meer stamme.
  • Die enkelvoudsvorm van die eerste woord word gewoonlik gebruik.
  • Soms word daar van ’n verbindingsklank gebruik gemaak.

Voorbeelde: huis+baas = huisbaas (leesstuk 3)pensioen+trekker = pensioentrekker (leesstuk 3)

VERBINDINGSKLANK

  • Dit tree as verbindingskomponent tussen die stamme van ’n samestelling op.
  • Dit het geen betekenis of morfologiese waarde nie.
  • Dit vergemaklik die uitspraak van die samestelling.

Soms word verbindingsklanke / verbindingskomponent tussen die twee stamme gebruik.

AKTIWITEIT 2

Om bekende woorde korrek te kan spel en om taalvorme en sinstrukture te kan gebruik.

  • DIE VOLGENDE VRAE HET BETREKKING OP DIE LEESSTUK RAAR MAAR WAAR . Hou dit wat julle vroeër geleer het, in gedagte wanneer julle die volgende vrae beantwoord.

1. Skryf die basisvorm/stam neer van elk van die volgende woorde:

1.1 verkeerdelik (leesstuk1)

1.2 onskuldig (leesstuk 1)

1.3 inwoners (leesstuk1)

1.4 afbrand (leesstuk 1)

1.5 Italiaanse (leesstuk 1)

1.6 huurder (leesstuk 1)

2. Bestudeer die leesstukke en skryf vyf samestellings neer.

LU 6.1

AKTIWITEIT 3

Om vir inligting te kan lees.

  • Lees die meegaande leesstuk wat in Die Burger verskyn het en beantwoord die vrae wat daarop volg:
Ongewone reisigers op motor se agtersitplek begroet polisie
JAN TALJAARDGEORGE. - Daar sit hulle toe op die ag­terste sitplek toe die polisie op hulle af­kom: drie groot mans en drie uitgegroei­de, wollerige skape, kiertsregop en styf teen mekaar. Daarby nog drie skape in die kattebak van die Peugeot 404 en ’n (mens)bestuurder en passasier voor.En toe die polisie later by die man ag­ter die wiel wou weet waarom hy ses skape in die kar gehad het, was die flink antwoord glo dat daar nie plek vir nog was nie.Inspp. Henry Claassen en Kelvin Heyns van die polisie se honde-eenheid op George kon hul oë skaars glo toe hul­le die motor Sondagoggend omstreeks vieruur in Sandkraalweg, Thembalethu, van die pad trek en die ongewone groep insittendes hulle begroet het.Die feit dat die kattebak so effens oop- gestaan het, was die eerste ding wat die polisiemanne laat onraad vermoed het. Dit was egter eers toe hulle nader ry dat hulle die skape op die agtersitplek ge­waar. Die diere was springlewendig, maar hul pootjies was netjies voor hulle vasgemaak en hulle het op hul hamme langs hul reisgenote gesit. By nader ondersoek het dit geblyk dat daar nog drie skape in die effens meer ongemaklike ruimte in die kattebak was. Die skape is na bewering vroeër die nag op ’n plaas in die omgewing gesteel.Een van die menslike passasiers het intussen laat spaander. Teen gisteraand was hy nog steeds op vrye voete.Die ander vier manne, onder wie die bestuurder, is in hegtenis geneem op ’n klag van veediefstal. Die saak word deur insp. Geelslang Swart van die polisie se spesiale veediefstalspan in die Kaap ondersoek. Uit: Die Burger

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11059/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask