<< Chapter < Page Chapter >> Page >

1. Skryf die meervoudsvorme neer van:

1.1 man (leesstuk 1)

1.2 moord (leesstuk 1)

1.3 regter (leesstuk 1)

1.4 dag (leesstuk 1)

1.5 jaar (leesstuk 1)

1.6 aanklag (leesstuk 6)

1.7 gesig (leesstuk 6)

1.8 rower (leesstuk 6)

2. Gee die verkleinwoord van elk van die volgende:

2.1 vliegtuig (leesstuk 2)

2.2 nooddeur (leesstuk 2)

2.3 winkel (leesstuk 5)

2.4 geld (leesstuk 5)

2.5 motorsleutels (leesstuk 7)

3. Skryf die enkelvoud van:

3.1 hofbeamptes (leesstuk1)

3.2 jurielede (leesstuk 1)

3.3 lekkers (leesstuk 5)

4. Skryf die volgende in woorde:

4.1 42

4.2 21

4.3 44

4.4 66

4.5 R15 000

4.6 R180

4.7 R45 000

5. Van watter lande is die persone in leesstuk 1, 2, 5 en 7 onderskeidelik?

6. Wat noem ’n mens mense wat van Japan en Amerika kom?

7. Voorsien elke keer die volgende sinne van die gepaste voorsetsel. Jy kan van die leesstukke gebruik maak.

7.1 Die Kanadees is skuldig bevind ............ ’n aanklag van ’n poging ............ moord.

7.2 Hy is weke later .................. hegtenis geneem.

7.3 Hy dien tans sy tronkstraf ...................

7.4 ........................ berigte is die man glo onskuldig!

7.5 Hy het egter ............ vyf maande in die gevangenis skuld beken ............ al die aanklagte.

8. Skryf die eerste twee sinne van leesstuk 2 oor in die hede (asof dit nou gebeur).

9. Skryf elke keer die korrekte vorm van die woord tussen hakies. Skryf die sin oor.

9.1 Die bende het verskriklik baie (wapen) in hul besit gehad.

9.2 Die polisie het die misdadiger (wapen).

9.3 ’n (Wapen) rower het die bank binnegestorm.

9.4 Die seuntjie het ’n klein speelgoed (wapen) in die tuin gebêre.

9.5 Al die soldate is voor die geveg (wapen).

LU 6.2

10. Beantwoord die volgende leidrade. Al die woorde kom uit die leesstukke.

Leidrade:

AF:

1. Die uitspraak/beslissing van die regter, word die ........ genoem.

2. Die plek waar die misdaad plaasgevind het, staan as die ........ bekend.

3. Vul die ontbrekende woord in: Die man van Connecticut wou homself met skeerroom vermom vir die ........ wat hy beplan het.

4. Hoeveel mense is in Iowa weens drankmisbruik in hegtenis geneem?

5. Wat noem ons die gebou waar verskillende possake gedoen word?

6. ’n Groep mense/studente wat ’n kursus bywoon.

DWARS:

1 . Hoe oud was die persoon van Noorweë toe hy lekkers gesteel het?

2 . Herberg langs die groot pad waar motoriste kan oornag.

7 . Dit word deur mense gebruik wanneer hulle skeer.

8 . Die deur wat mense in die vliegtuig in tye van nood kan oopmaak, staan bekend as die ........ deur.

9 . Sterk drank in Rusland gemaak van gars en aartappels.

10 . Brandstof

11 . Die mense sorg vir openbare veiligheid.

12 . Iemand wat bevoeg is om regsuitsprake te lewer.

13 . In hierdie plek het mense wat reeds vir dronkbestuur gevonnis is, begin drink.

14 . Kamer aan boord van ’n skip of vliegtuig waar bemanning gewoonlik sit.

15 . ’n Chinese man wat op sy eerste vlug was, wou die deur oopmaak, omdat hy wou ....

  • BESTUDEER DIE DERDE [3] LEESSTUK - uit Huisgenoot 21 November 2002.
  • Let daarop dat woorde soos man en huis nie weer verder in betekenisvolle eenhede verdeel kan word nie. Sulke woorde staan as simplekse (ongelede woorde) bekend. Nog sulke voorbeelde is: moord, drink, motel, petrol, ens. (uit die ander leesstuk). Kan jy aan nog ’n paar dink?
  • Jy moet onthou dat dié woorde ook as die stam of basis bekend staan.
  • Sodra ’n mens pre- en postmorfeme byvoeg, word komplekse gevorm.(voorbeelde: manlik, beman, mans, mannetjie, huislik, verhuis, verhuising, huise, huisie, ens.)
  • DIE DEELTJIES (voor en agter) WAT NOU BY DIE STAMME GEVOEG WORD, STAAN AS MORFEME BEKEND.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11059/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask