<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 9

Module 2

Om verskillende taalvorme en sinstrukture te gebruik om te kommunikeer

AKTIWITEIT 1

Om verskillende taalvorme en sinstrukture te kan gebruik om te kommunikeer, en om bekende woorde korrek te kan spel.

  • Die volgende vrae het betrekking op die leesstukke getiteld Raar maar waar .
RAAR MAAR WAAR - Uit Huisgenoot , 21 November 2002
’n Kanadese man wat verkeerdelik on­skul­dig bevind is aan poging tot moord toe die voorman van die jurie gehoes het toe hy die bevinding lees, is weer ver­hoor. Die regter het gedink die voorman sê “onskul­dig” en het vir Howard Burke gesê hy kan maar gaan. Maar Burke is dieselfde dag weer in hegtenis geneem nadat die jurie­lede vir hofbeamptes gesê het hulle het hom skuldig bevind. Die bevinding is vyf dae later verander en die 42-jarige Burke dien nou tronkstraf van twaalf jaar uit. [ 1 ]Gaan spoeg buite’n Chinese man wat op sy eerste vlug was, het die vliegtuig se deur probeer oopmaak omdat hy wou spoeg. Die ka­juitbeman­ning het hom kort nadat die vliegtuig opge­styg het, betrap dat hy pro­beer om die nooddeur oop te maak. Hy het toe al die binneste deksel verwy­der en ’n passasier moes hom keer om die deur oop te maak. Volgens berugte het hy gesê hy wil spoeg. Hy is in hegte­nis geneem toe die vliegtuig in Shanghai land. [ 2 ] ’n Huisbaas in Japan is in hegtenis geneem toe hy sy eie huis probeer afbrand het om ’n pensioen­trekker uit te dryf. Die polisie is ontbied nadat inwoners gesien het Jasoeo Okoemoera gooi petrol om sy eiendom uit. Hy word daarvan aange­kla dat hy die huis wou afbrand omdat die 66-jarige man aan wie hy dit verhuur het, agterstallig met die huur was. Die huurder skuld Okoemoera sowat R15 000. [ 3 ]Agt mense tussen die ouderdomme van 17 en 21 is in Iowa Amerika, in hegtenis geneem na­dat hulle begin drink het by ’n klas vir mense wat gevonnis is weens dronkbestuur. Die polisie sê daar was ’n yslike “dronkpartytjie” by die motel waar die kursus gehou is. Die groep het in een kamer vergader en twee bottels wodka by hulle gehad. [ 4 ]’n Noorweegse man het teruggegaan na ’n winkel waar hy as kind lekkers gesteel het en die eienaar R180 gegee om sy gewete te sus. Die twintigjarige man sê hy het die lekkers in Hjalmar Hansen se winkel gesteel toe hy veertien was. Hy het met ’n koevert vol geld opgedaag en dit vir Hjalmar gegee – wat nooit eens van die diefstal geweet het nie. [ 5 ]
’n Man van Connecticut het skeerroom ge­bruik om hom te vermom tydens ’n misluk­te rooftog op ’n winkel. Toe drup die room van sy gesig. Mickey Lyman (44) het later skuld beken op aanklag van onder meer aanranding. Hy het die winkel gewapen en met die skeerroom aan sy gesig binnegekom. [ 6 ] Sonder sleutels’n Gewapende Italiaanse rower is gevang toe hy na die misdaadtoneel teruggekeer het om sy motor­sleutels te soek. Hy het met sowat R45 000 weg­gekom nadat hy ’n poskantoor in die noorde van Italië beroof het – maar toe sy motorsleutels in die kasregister vergeet. Hy is gevang toe hy terug­gaan om dit te gaan haal. [ 7 ]

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11059/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask