<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Themba en thandi

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.

Tydskedule

Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.

Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.

Themba en Thandi is deel van ‘n gelukkige huisgesin in die leerinkomstegroep. Ouma Rosie versorg die kinders bedags terwyl die ouers werk. Almal is behulpsaam met die nodige take in die huis. Op pad skooltoe is hulle blootgestel aan allerhande gevare en moet die besige verkeer by die skool trotseer. Temba word raakgery en beland in die hospitaal.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Die leesstukke maak voorsiening vir mondelinge besprekings van onderwerpe soos gesindhede en ‘n gelukkige gesin; ‘n gesonde omgewing; gevare oppad skooltoe; padveiligheid en die belangrikheid van gesondheidsorg – hospitale.

Hoë frekwensie-woordeskat word op ‘n interessante wyse hersien en nuwe woorde word stelselmatig bekendgestel.

Na besprekings skryf hulle stories met behulp van gidswoorde. Hierdie stories kan vir die klas gelees word. Leerders raak bewus van lettergrepe en rymwoorde uit die gedig en leesstukke.

  • KLANKE EN WOORDBOU

Die dubbelklinkers aa, oo, ee en uu word in konteks hersien.

“y” as ‘n klinker word bekendgestel.

  • SKRIF

Die hoofletters word formeel in Graad 2 aangeleer. Die volgende letters V, W, Y, X en A word geoefen en die klein letters word hersien.

  • Die gediggie, asook die leesstukke, bevat hoëfrekwensiewoorde wat leerders in gr. 1 moes bemeester het. Indien hulle probleme ondervind met die woorde, kan die opvoeder weer die woorde aanleer en hersien.
  • Nuwe woorde word voor elke leesstuk bekendgestel. Daar word aanbeveel dat die woorde op flitskaarte geskryf word en gereeld deur middel van speletjies vasgelê word.
  • Leesstukke kan meer as een keer gelees word sodat leerders kan leer om met gevoel te lees, vlot te lees en bewus te raak van leestekens.
  • Hulle moet aangemoedig word om onbekende woorde te identifiseer deur middel van aanduidingsisteme soos aanvangsklanke, prente of die inhoud van die storie.
  • Ander leesstof, bv. biblioteekboeke, tydskrifte en artikels moet ook gereeld gelees word.
  • Die formele aanleer van die hoofletters in gr. 2 moet aandag kry. Die letters is so gegroepeer dat almal wat dieselfde beginpunt het, saam in een module aangeleer word. Die woorde / sinne wat op die skrifbladsye verskyn, dien slegs as voorbeeld vir die opvoeder en is nie voorskriftelik nie. Indien die leerders probleme ondervind om die letters korrek te skryf, kan meer oefenbladsye gegee word.
  • In hierdie module word al die enkelklanke hersien en die opvoeder kan dus vasstel of daar leerders is wat probleme ondervind met ‘n b, d en p, of hy / sy drieletterwoorde kan klank, of hy / sy die dubbelklanke oo, aa, ee, uu, herken en woorde kan bou. Hierdie aktiwiteite sal dien as profielsamestelling van die leerders en die opvoeder sal kan bepaal wat haar beginpunt in gr. 2 sal wees.
  • Die opvoeder moet gebruik maak van ander gediggies, stories en liedjies om leerders se luistervaardighede verder te ontwikkel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 2. OpenStax CNX. Oct 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11132/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask