<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Ons het nou gesien dat elke syfer in ‘n getal ‘n waarde het, byvoorbeeld:

3 967 = 3 000 + 900 + 60 + 7.

Hierdie getal kan soos volg in kolomme geskryf word:

DUISENDE1 000 HONDERDE100 TIENE10 ENE1
3 9 6 7

Want daar is:

3 × 1 000 + 9 × 100 + 6 × 10 + 7

4. Skep nou die grootste en die kleinste getalle moontlik met die syfers 2; 8; 4; 1 hieronder: Skryf daarna enige twee ander getalle - steeds met die gebruik van dieselfde syfers. Skryf al hierdie getalle in die kolomme:

DUISENDE1 000 HONDERDE100 TIENE10 ENE1

Watter van hierdie getalle is die grootste?

  • Skryf nou jou getalle neer. Begin bo met die grootste, daarna die tweede grootste, dan die volgende grootste, totdat jy die kleinste getal bereik. Hier praat ons van 'n DALENDE VOLGORDE. (Vliegtuie daal neer om te land.)

‘n D alende volgorde begin met die grootste getal en D aal na die kleinste getal.

Voorbeeld: 10; 9; 8; 7; 6; 5; 4; 3; 2; 1

4.2 ‘n Stygende volgorde begin met die kleinste en gaan op na die grootste getal! Skryf nou jou getalle in ‘n stygende volgorde. Onthou om by die kleinste getal te begin.

4.3 Skryf hierdie getalle van die kleinste tot die grootste neer:

6 095; 9 065; 6 059; 9 506; 5 069

4.4 Skryf hierdie getalle van die grootste tot die kleinste neer:

8 315; 3 851; 5 318; 1 853; 8 513

5. EWE EN ONEWE GETALLE

5.1 Bestudeer die volgende getallel:

0, 2, 4, 6, 8, 10, 12, 14, 16

Al die getalle wat hier geskryf is, is ewe getalle. Die getalle kan gelykop tussen twee maats verdeel word.

5.2 Tussen die ewe getalle is daar onewe getalle. Hulle kan nie heel gehou en gelykop tussen twee mense verdeel word nie. Skryf die name van die onewe getalle neer.

TOETS JOU KENNIS van ewe en onewe getalle:

a. Maak 'n lys van die ewe getalle tussen 2 800 en 2 812.

b. Watter onewe getal is net voor 10 000?

c. Wat is die eerste ewe getal na 2 998?

6. GROTER EN KLEINER

In Wiskunde beteken hierdie teken > GROTER AS of MEER AS:

Hierdie teken < beteken: KLEINER AS of MINDER AS

(Onthou dat die krokodil altyd sy bek in die rigting van die grootste getal oopmaak – hy is beslis honger!)

500 > 400

of 500 is groter as 400

  1. < 500

of 400 is minder as 500

TOETS JOU BEGRIP VAN HIERDIE TEKENS:

  • Kies vir die stelling wat volg die korrekte teken uit die volgende:<of = of>

a) 0 + 4  11 - 3

b) 13 - 6  0 + 7

c) 2 + 7  14 - 8

d) 13 - 5  7 + 4

6.2 Skryf die getal wat ontbreek (wanneer jy in tiene tel) hier neer:

1 470<_____ ______________<1 490.

7. 'n SAKREKENAARSPELETJIE

Nou kan ons weer met die sakrekenaar speel. Probeer vasstel wat die leerders hier doen. Daarna kan jy dit met ‘n maat speel.

Paul het 187 ingesleutel. Hy het een bewerkingsteken ingesleutel en = gedruk en die getal 1 870 het op die skerm verskyn. Watter bewerkingsteken het hy ingesleutel? Dis reg, dit was x 10, want 187 x 10 = 1 870.

Watter bewerkingsteken het Reyhana ingesleutel? Ja - dis reg, dit was ook x 10, want 1 870 x 10 = 18 700.

8. Kyk of jy nou die volgende tabel sonder 'n sakrekenaar kan voltooi. Daarna kan jy die antwoorde met ‘n maat kontroleer. (As jy vashaak, kan julle ‘n sakrekenaar gebruik.)

Getal Bewerkingsteken Antwoord
58 X 100
145 X 10
309 3 090
20 10
1 000 10 000
520 52
1 690 10
1 000 100
10 000 10

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11100/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask