<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensvaardighede

Graad 2

My rol in die gesin

Module 1

Ons take by die huis

Die gesin

Vrae om te bespreek:

  • Wat merk jy in hierdie prent op?
  • Lyk jou gesin so?
  • Is dit verkeerd?
  • Hoekom?

Hoe woon ‘n gesin saam?

Dink aan jou eie gesin en beantwoord die volgende vrae.

1. Watter werk doen jou pa in die huis?

2. Wat doen jou ma?

3. Wat doen jy?

4. Wat doen jou broers en susters?

Sondag: Uiteindelik ‘n ruskansie! Wat doen julle gesin op Sondae?

  • Teken ‘n prent om te wys wat julle gesin op Sondae doen.

Pas die maats bymekaar. Kyk mooi. Wie dink jy behoort die werk te doen? Verbind die prentjies. Kleur dit netjies in.

Terwyl jy met jou pligte besig was, was jou gesinslede ook besig met hulle s’n. Dink jy hulle hou almal van hulle werk?

  • Vra vir hulle die volgende vrae om uit te vind hoe hulle voel oor die werk wat hulle tuis moet doen.
  • Die tabel sal jou help om die antwoorde neer te skryf en dit met mekaar te vergelyk.
  • Teken nou jouself waar jy die werk doen waarvan jy niks hou nie. Hoe voel jy?
  • Teken jouself waar jy ‘n werk doen waarvan jy die meeste hou. Hoe voel jy?

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LEWENSORIËNTERING
LU 2
SOSIALE ONTWIKKELING:Die leerder sal in staat wees om ‘n begrip van en verbintenis tot konstitusionele regte en verantwoordelikhede te demonstreer, en om ‘n begrip van uiteenlopende kulture en godsdienste te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 kinders se regte en verantwoordelikhede kan bespreek;2.4 morele waardes van die verskillende kultuurgroepe in Suid-Afrika kan identifiseer.
lu 3
PERSOONLIKE ONTWIKKELING :Die leerder kan verworwe lewensvaardighede gebruik om persoonlike potensiaal te bereik ten einde effektief te reageer op uitdagings in die lewe.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.4 gepaste gedrag in konfliksituasies toon;

Memorandum

Maak ‘n lys van take wat kinders kan verrig.

Wys ook op kinderregte in die grondwet.

Laat leerders ‘n dagboek vir die week hou. Moedig hulle aan om verantwoordelikheid vir ‘n takie tuis te aanvaar, indien hulle nie reeds een het nie. Hulle moet hulle egter neerlê by kinders se grondwetlike regte.

Opsomming van kinders se regte

  • Kinders het die reg om gehoor te word en die verantwoordelik-heid om te luister.
  • Kinders het die reg om medies versorg te word en die verant-woordelikheid om hulleself op te pas.
  • Kinders het die reg om opgevoed te word en die verant-woordelikheid om leer ernstig op te neem.
  • Kinders het die reg om liefgehê te word en die verantwoordelik-heid om vir ander om te gee.
  • Kinders het die reg om hulle ouers se taal aan te leer en die verantwoordelikheid om ander se taal te respekteer.Kinders het die reg om trots te wees op hulle herkoms, tradisies en geloof en die verantwoordelikheid om ander se geloof te respekteer.
  • Kinders het die reg om ‘n veilige tuiste te hê en die verantwoordelikheid om daardie tuiste netjies en skoon te hou.
  • Kinders het die reg om foute te maak en die verantwoordelik-heid om uit hulle foute te leer.
  • Kinders het die reg om genoeg te hê om te eet en die verant-woordelikheid om die kos nie te vermors nie.
  • Beklemtoon dat die leerders regte sowel as verantwoordelikhede het.

Hou ‘n bespreking oor wat die bladsy oor pligte oplewer en sonder een probleem uit, byvoorbeeld:

  • Shaun se ma het te veel strykwerk. Wat dink jy gebeur as sy te moeg is van al die strykwerk?
  • Jill se pa kom moeg van die werk af tuis en dan moet hy nog die gras ook sny. Hoe voel hy?
  • Henrico wil nie die hond kos gee nie. Hoekom nie?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede graad 2. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11104/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask