<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 7

‘n gesonde leefwyse

Module 2

Omgewingsgesondheidsprobleme

Maniere waarop omgewingsgesondheidsprobleme aangespreek kan word

Aktiwiteit 1:

Om projekte as ‘n klas of graad aan te pak [LU 1.2]

Klas- of graadaktiwiteit

(Die hele skool kan ook by die aktiwiteit betrek word.)

Hier volg ‘n lys van projekte wat deur ‘n klas of graad aangepak kan word. Die projekte kan op een dag voltooi word, of kan oor ‘n aantal weke of ‘n kwartaal afgehandel word. Heelwat vaardighede kan aangespreek word deur die korrekte aanpak van so ‘n projek. Die suksesvolle uitvoer van die projek sal mense of diere in die gemeenskap positief raak en ook die beeld van die skool uitbou. Die genoemde projekte is nie die enigste moontlikhede nie. ‘n Skielike ramp (bv. oorstroming, vliegramp, ens.) kan dien as ‘n uitstekende projek. Onthou, beplanning van alle fases is van die uiterste belang om so ‘n projek te laat slaag. (Dink bv. aan omsendbriewe aan leerders, advertensies in die skool, mediadekking, sprekers, bedankings, ens.) Ondersoek die moontlikheid om elke kwartaal ‘n ander projek aan te pak en deur te voer!

Moontlike projekte

  • Die insameling van truie of kinderklere vir kindersorg.
  • Die insameling van speelgoed vir ‘n kinderhuis of kleuterskool.
  • Sopbestanddele in die winter vir ‘n ouetehuis of straatkinders.
  • Boekinsameling vir ‘n skool wat nog nie ‘n biblioteek het nie.
  • ‘n Kerskonsert vir die plaaslike ouetehuis of hospies.
  • Blomruikertjies en kaartjies vir die plaaslike hospitaal.
  • Muntlegging vir die plaaslike dierebeskermingseenheid of die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging.
  • Neem deel aan die Roosdag wat deur kindersorg of die Rotariërs gereël word en jaarliks in Oktober plaasvind.
  • Maak iets besonders van Boomplantdag.
  • Lê ‘n groentetuin by die skool aan vir behoeftige persone in die omgewing.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
G ESONDHEIDSBEVORDERINGDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid te neem.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 maniere voorstel om die voedingswaarde van eie persoonlike dieet te verbeter;
1.2 optrede evalueer om ’n omgewingsgesondheidsprobleem te hanteer;
1.3 strategieë beskryf om met siektes, insluitend MIV/vigs, saam te leef;
1.4 die persoonlike gevoelens, gemeenskapsnorme, waardes en sosiale druk bespreek wat met seksualiteit gepaardgaan.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11028/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask