<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Karnavaltradisie
  • Danspassies
  • M usiek
  • Instrumente
  • Taalgebruik
  • Kleredrag

GHOEMA IS WOEMA

Die Alibama

Daar kom die Alibama,

Die Alibama die kom oor die see(2X)

Nôi, Nôi die rietkooi, nôi, die rietkooi is gemaak,

Die rietkooi is vir my gemaak om daar op te slaap(2x)

Die Alibama, Die Alibama

Die Alibama kom oor die see (2X)

Janewarie....

Janewarie, Feberwarie Maart

*April, May, June, July (2X)

August, September, October, November, December (2x)

Janewarie, Feberwarie Maart

April, May, June, July (2X)

(*April tot Desember – Engelse uitspraak)

Nuwejaar

Aai-aai Ja-goe (2)

Aai- aai –aai dis ‘n Nuwejaar

Aai-aai Ja-goe (2)

Aai- aai –aai dis ‘n nuwejaar

Nuwejaar

Wow wow wow wow wie die wie die wie die

wee die Nuwejaar is hier (2)

Onner Tafelberg, die was lekker daar

Distrik Ses was kwaai op ‘n Nuwejaar.

Elke Oujaarsaand sit die mense daar

Op banke daar bo in Hanoverstraat.

En dit was joltyd

Dit was tog so lekker joltyd

Dit was tog so lekker

Dit was lekker daar bo in Hanoverstraat

C. Beantwoord die volgende vrae:

  1. Waarna verwys die “Alibama”?
  1. Wat is ‘n rietkooi? Hou dit enige verband met die Alibama as sulks? Motiveer.
  1. Watter liedjie(s) kan nog hierby ingevoeg word?
  1. Stem jy saam met die uitdrukking wat sê “Ghoema is Woema”. Motiveer.
  1. Waarvan is die term “ghommaliedjie” afgelei?
  1. Definieer ”ghommaliedjie”.
  1. Wat is die belangrikste musiekelement van ghoema- en moppiemusiek?
  1. Waarvan is die term “moppie” afgelei?
  1. Definieer “moppie”.
  1. Hoe verskil ‘n moppie van ‘n ghommaliedjie?
  1. Noem watter groepe onderskeidelik veral ghoemaliedjies en wie moppies sing.
  1. Waarmee word die spot gedryf in die onderstaande moppie?

Skinnery in die washuis

deur Abdullah Isaacs

Tapsiela met haar groot bek kan baie raas

Sy maak skandaal in die ou wasplaas;

Sy sê Gasbieya is skeel,

Nou wil Gasbieya vir haar verbeel

En verder

Oe Tapsiela, Gafiela en Jamiela,

Pasop! Pasop!

Hier kom motjie Dingie met haar lang snuif lip;

Haar gevreet lyk so plat soos ‘n ou wasklip.

(xiii) Skryf jou eie moppie waarin die spot gedryf word met ‘n beroemde persoon, politikus, ens.

1.3

A Die volgende berig het op 7 Maart 1995 in ‘n plaaslike koerant verskyn:

KAAPSTAD. Anneline Malebo, lid van die popgroep Joy wat vir die trefferliedjie "Paradise Road" bekend was, word Saterdag in Guguletu begrawe.

Die roudiens sal in 'n groot tent op die oop veld voor haar familiewoning, huis nr. 8 in NY46, gehou word. Sy sal daarna in die Guguletu-begraafplaas ter ruste gelê word.

Dis nog onbekend hoe laat die begrafnis sal begin.

Verduidelik die verband tussen hierdie berig en die neiging om na die lied Paradise Road te verwys as Suid-Afrika se nie-amptelike Vigs-lied? (South Africa's unofficial Aids anthem.)

PARADISE ROAD

Come with me down Paradise Road

This way please, I’ll carry along

This you won’t believe

Come with me to Paradise Place

Just outside and open your eyes

This you won’t believe

There are better days before us

And the burning bridge behind us

By us spoken;

The sky is burning

There’s a woman waiting weeping

And a young man nearly beaten

All for love

Paradise is almost closing down.

B. Luister na ‘n tweede opname van hierdie lied soos gesing deur Jannie Moolman en die Zulu sanggroep Colenso Abafana van Ladysmith. Beantwoord die volgende vrae:

  1. Onder watter tipe sangstem kan Jannie Moolman geklassifiseer word?
  1. Wat beteken Abafana?
  1. Beskryf die styl van die sanggroep.
  1. Motiveer waarom hierdie lied gesien kan word as ‘n voorbeeld van “vermenging van style in musiek”.

1.4 Hier volg die woorde van die eerste gedeelte van The Click Song . Voeg die uitspraak en die Afrikaans by, en noem die kunstenaar wat die lied bekend gemaak het.

THE CLICK SONG
Xhosa (voeg uitspraak onderaan by) Afrikaans
I gqi ra
Len dle la
Ngu Gqon gqo thwa ne

Kunstenaar:

1.5

A. Verdeel in vier groepe. Elke groep gebruik een van die aangeleerde liedere om die volgende te demonstreer:

  1. Die musiekelemente : tempo, ritme, maatslag, dinamiek
  2. Hoe hierdie elemente die karakter van die musiek beïnvloed

B. Omskryf kortliks wat elk van die volgende terme beteken:

TEMPO:

RITME:

MAATSLAG:

DINAMIEK:

Volg die opvoeder se instruksies en skep julle eie begeleidings vir die liedere wat julle in Aktiwiteit 1 aangeleer het.

Aktiwiteit 2:

Om ‘n begeleiding vir ‘n suid-afrikaanse lied te skep

[lu 3.7]

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
DEELNAME EN SAMEWERKING Die leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede deur individuele en groepdeelname aan kuns- en kultuuraktiwiteite te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ALGEMEEN t.o.v. 3.1 – 3.8 hieronder, die volgende toon:
  • omskepping van persoonlike ervaringe in vorms van uitdrukking;
  • die vermoë toon om eie bydraes binne groepsverband te lewer;
VISUELE KUNS (3.8)
  • saamwerk met ander in die beplanning en skepping van ‘n gesamentlike kunsproduk of aanbieding wat nasiebou in Suid-Afrika bevorder;
MUSIEK (3.6 – 3.7)
  • Suid-Afrikaanse liedere uit verskillende kulture met die gepaste ritme, tempo en dinamika sing en/of speel;
  • gepaste melodiese of nie-melodiese begeleiding vir enige Suid-Afrikaanse volksliedjie, lofsang of melodie skep;

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11026/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask