<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 7

Persoonlike en sosiale vaardighede

Module 2

Om verskillende suid-afrikaanse liedere te sing rondom die tema “nasiebou”

MUSIEK

In hierdie module gaan ons Suid-Afrikaanse liedere uit verskillende kulture en in verskillende tale sing en begelei. Hierdie liedere kan almal in verband gebring word met ons tema: nasiebou.

Aktiwiteit 1:

Om verskillende suid-afrikaanse liedere te sing rondom die tema “nasiebou”

[lu 3.6]

  1. Volg die opvoeder se instruksies om die volgende aspekte t.o.v. elke lied te dek:
  • Agtergrondinligting
  • Beluistering
  • Aanleer en sing van lied
  • Die volgende aanhaling kom uit ‘n toespraak tydens die onthulling van ‘n monument op Erfnisdagviering (1996). Lees die aanhaling en beantwoord dan die vrae. Die opvoeder sal die nodige agtergrondkennis aan jou verskaf.

“Today it forms part of our national anthem; and along with Die Stem , it embellishes various strands of our past in a unison of inclusiveness, of the oneness of South Africa’s people.”

  1. Watter voormalige president vermoed jy het hierdie toespraak gelewer?
  1. Na watter lied (“it”) word hier verwys?
  1. Ter ere van wie is die monument opgerig?
  1. Waarom?
  1. Wie het Die Stem gekomponeer?
  1. Wie was verantwoordelik vir die woorde van Die Stem ?
  1. Noem een aspek in die volkslied wat nasiebou aanmoedig.

Nkosi sikelel’iafrika

Maluphakanyisw’ uphondo lwayo,

Yizwa imithandazoyethu,

Nkosi sikelela, thina lusapho lwayo

Morena boloka setjhaba sa heso,

O fedise dintwa la matshwenyeho,

O se boloke, O se boloke setjhaba sa heso,

Setjhaba sa South Afrika – South Afrika.

Uit die blou van onse hemel,

Uit die diepte van ons see,

Oor ons ewige gebergtes,

Waar die kranse antwoord gee,

Sounds the call to come together,

And united we shall stand,

Let us live and strive for freedom,

In South Africa our land.

1.2 “Die stad lê aan die voet van die tafel , tussen die duiwel se stert en die leeu se kop .”

A. Voltooi die volgende n.a.v. hierdie aanhaling:

  1. Na watter stad word verwys?
  1. Vervang die onderstreepte gedeeltes met eiename om die werklike ligging van die stad te beskryf:

“Die stad lê aan die voet van , tussen

en “

B. Luister na gedeeltes van My broertjie my bra’ en New Year en beantwoord die vrae. Die opvoeder sal agtergrondinligting aan jou verskaf.

  1. Uit watter musiekblyspel kom bogenoemde twee liedere?
  1. Wat is ‘n musiekblyspel?
  1. Wat beteken bra ?
  1. Watter instrumente is prominent in New Year ?

Doen navorsing oor Distrik Ses t.o.v. die geskiedenis en die tasbare aspekte van die kultuur wat daar beoefen is, soos bv. tradisionele Kaapse cuisine (resepte vir bobotie en geelrys, samoesas, rotis, koeksisters).

KLASBESPREKING

  • Die klas onderverdeel in verskillende groepe (ses).
  • Almal luister na die opname van die Kaapse Klopse.
  • Elke groep doen navorsing oor één van die aspekte t.o.v. die Kaapse Klopse soos hieronder uiteengesit.
  • Elke groep dra hul inligting oor aan die res van die klas. Dit kan ook prakties gedemonstreer word deur bv. die kleredrag aan te trek, die danspassies uit te voer, ens.
  • Die hele klas dra by tot die bespreking.
  • Elke leerder voeg enkele kenmerke by.

KAAPSE KLOPSE SE MUSIEK EN KULTUUR:

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11026/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask