<< Chapter < Page Chapter >> Page >

[LU 5.1.1]

Nadat jy na die dramatiserings van jou klasmaats geluister het, gaan jy nou probeer om twee paragrawe te skryf oor die botsing tussen Mevrou Haastige Hanlie en Stadige Stienie. Gee die redes vir wat jy dink die oorsaak van die onenigheid kan wees. Beskryf ook wat die moontlike gevolge kan wees.

Hoe skryf ons ‘n brief in Afrikaans?

Kom ons leer eers hoe ‘n informele brief in Afrikaans lyk en dan kry jy kans om jou eie brief te skryf.

Die vorm van die informele brief

Die skrywer se adres Begin regs, net regs van die middel, bo-aan die bladsy. Skryf die adres in blokvorm, dit wil sê direk onder mekaar. Geen kommas of punte word gebruik nie. Die straatnaam word as een woord geskryf, bv. Kerkstraat, Sentraalweg, ens.Eerste, Tweede, Vierde Laan of Straat kan vas of los geskryf word, bv.: Tweedelaan, Vyfdestraat, of Eerste Laan, Tiende Straat. Skryf altyd die nommer van die eiendom ná die straatnaam. Die poskode verskyn onder die naam van die dorp, stad of voorstad. Die datum word in dié volgorde geskryf:dag, maand, jaar5 Maart 2009 Skryf die maandname voluit. Moenie afkortings gebruik nie.
Keurboomlaan 238Eersterivier71005 Maart 2009

Die aanhef

Beste Dion

Laat 'n reël oop tussen die datum regs en die aanhef links.

Begin die aanhef teenaan die kantlyn.

Geen komma na die aanhef nie

Die inhoud

Laat 'n reël oop ná die aanhef.

Al die paragrawe moet teenaan die kantlyn begin.

Laat 'n reël oop tussen alle paragrawe.

Die slot

Groete.

Jou vriendGeorge

Laat 'n reël oop tussen die laaste paragraaf en die slotsin.

Laat 'n reël oop tussen die slotsin en die werklike slot.

Skryf 'n punt ná die slotsin, byvoorbeeld: Vriendelike groete.

Skryf die slot in blokvorm, teen die linkerkantlyn.

Geen leestekens ná die slot nie.

‘n Brief lyk dus so:

Keurboomlaan 238

Eersterivier

7100

5 Maart 2009

[Oop reël hier]

Beste Dion

[Oop reël hier]

( Begin hier vir jou eerste paragraaf)

(Laat ‘n reël oop tussen paragrawe)

[Laate paragraaf]

Geniet jou vakansie.

Jou vriend

George

AKTIWITEIT 4

OM ‘N INFORMELE BRIEF TE SKRYF [LU 4.1.1]

OM NETJIES EN LEESBAAR TE SKRYF [LU 4.3]

OM SINVOLLE PARAGRAWE TE SKRYF [LU 4.4.3]

Jou nefie of niggie, met wie jy baie goeie maats is, kon nie jou verjaarsdagpartytjie bywoon nie omdat hy / sy in ‘n ander provinsie woon. Skryf vir hom / haar 'n brief en vertel van jou partytjie. Jy mag maar jou verbeelding gebruik. Onthou om netjies te skryf.

Onthou

Goeie beplanning van jou brief is noodsaaklik.

Skryf drie paragrawe.

Paragraaf 1: Maak melding van: die datum

hoeveel maats jy genooi het

waar hulle die geskenke gesit het

waar die partytjie gehou is.

Paragraaf 2 : Vertel: wat julle alles gedoen het

wat julle geëet en gedrink het.

Paragraaf 3 : Vertel: dat jou maats vertrek het

hoe jy dit geniet het om jou geskenke oop te maak.

[Skryf jou brief op ‘n skoon vel papier of in jou werkboek.]

Skryf jou neef / niggie se adres op ‘n koevert en plak dit onder jou brief, of teken ‘n koevert en skryf die adres daarin. Onthou, hy / sy woon in ‘n ander provinsie. Sorg ook dat jy die korrekte poskode byvoeg.

Assessering

LU 2

PRAAT

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 04, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10969/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask