<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die ryplanke word uit Amerika bestel en deur agente in Suid-Afrika verkoop. Daar is ’n verskeidenheid make van dié rygoed.

Van die make wat daar is, is die SL-1, die JD BUG en die Avalanche. Ryplanke kan enigiets van R400 tot meer as R1000 kos.

Een van die aantrekkingskragte van die gewilde tweewiel-ryding is dat dit heeltemal opvoubaar is. “In Engeland ry mense met hulle ryplanke na die stasie, vou dit eenvoudig toe en ry dan trein tot by die volgende stasie. Daar vou hulle weer die ryplank oop en ry verder werk toe!” het Len verduidelik.

In hierdie opsig is ryplanke ’n veilige en handige (en goedkoper) vervoermiddel.

Nog ’n lokaaspunt van dié klanklose bromponie sonder enjin is dat meisies nie agteroor hoef te sit nie. “Meisies kan ook ry. Dis gewoonlik die seuns wat altyd so vinnig soos die hel wil ry,” het Len gesê.

Seuns wat van spoed hou, kan ’n “redelike” spoed teen ’n afdraand kry.

“Die ryplanke verkoop soos soetkoek. Daar is seker meer as 5 000 ryplanke die afgelope seisoen in Suid-Afrika verkoop sedert die gier hier posgevat het. Dis die ideale Kersgeskenk,” volgens Len.

( Aangepas uit die Bylae tot Die Burger)

1. Beantwoord die volgende vrae oor die gegewe leesstuk streng volgens die opdragte.

  • BEANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE ELK IN EEN GOEIE VOLSIN:

1.1 Noem twee redes waarom mense ’n ryplank aanskaf. (3)

1.2 Waarom is ’n ryplank ’n geskikte vervoermiddel vir werkers in ’n stad? (3)

  • DIS NOU NIE MEER NODIG OM VOLSINNE TE SKRYF NIE.

1.3 Wat beteken dit om te “ploeter” (die woord staan in die opskrif)? (2)

1.4 Wanneer kan ons sê iets is ’n “in-ding” (par. 1)? (2)

1.5 Sê in jou eie woorde wat dit beteken as iemand “rits”. (2)

1.6 Waarom is die eerste deel van par. 2 donker gedruk met so baie uitroeptekens? (2)

1.7 Haal VIER opeenvolgende woorde uit die leesstuk aan wat ’n ryplank beskryf. (2)

1.8 Waarom plaas die skrywer die woord “redelike” in die tweedelaaste paragraaf in aanhalingstekens? (2)

1.9 Verduidelik wat “kommissie” (par. 2) is. (1)

1.10 Sê wat ’n “agent” doen (par. 7) (1)

[ 20 ]

LU 5.2.2

AKTIWITEIT 6

Opsomming

  • LEES WEER DIE LEESSTUK EN MAAK ‘N LYS VAN AL DIE VOORDELE VAN RYPLANKE WAT IN DIE STUK GENOEM WORD. SKRYF ELKE VOORDEEL IN ‘N APARTE REËL. DIT IS NIE NODIG OM VOLSINNE TE MAAK NIE.
LU 3.4

Assessering

LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer
Dit word bewys as die leerder:
3.4 hoofgedagtes identifiseer en ’n opsomming maak;
3.5 verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan bydra;
3.6 begrip van ’n teks en die doel daarvan toon deur die intrige tema., hoofkarakter ens. te bespreek.
LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit word bewys as die leerder:
4.1 verskeidenheid verbeeldingstekste skryf;
4.2 ’n verskeidenheid feitelike skriftelike tekste vir verskeie doeleindes lewer;
4.4 die skryfproses saam met ander en individueel gebruik om tekste te skep.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit word bewys as die leerder:
5.2 gebruik taal om te ondersoek:5.2.2 taal gebruik om te ondersoek en opsies te oorweeg.
LU 6 Taalstruktuur en –gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit word bewys as die leerder:
6.1 werk met woorde:6.1.2 basiese spelreëls gebruik om woorde te spel;
6.1.5 ’n woordeboek gebruik om woordeskat na te vors;
6.1.9 antonieme en sinonieme gepas binne konteks vind en gebruik;
6.2 werk met sinne: 6.2.7 die aktief en passief verstaan en gebruik;
6.2.10 leestekens doeltreffend gebruik;
6.4 ’n bewustheid van en gebruik van styl ontwikkel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask