<< Chapter < Page Chapter >> Page >

2. Watter klere dra die skaatsplankryer (lees die gedig; moenie na die skets kyk nie!)

3. Waar ry hy met sy skaatsplank?

4. Watter woorde in die gedig beskryf die aksies wat hy op die skaatsplank uitvoer om die skaatsplank te laat beweeg?

5. Sê nou in jou eie woorde wat hy maak om die skaatsplank (vinniger) te laat beweeg.

6. Hoekom staan die deel in reël 2 – 3 tussen aandagstrepe?

7. Daar kom baie min leestekens in die eerste deel van hierdie gedig voor. Wat noem ons dié verskynsel?

8. Verduidelik nou deur op die inhoud van die gedig te let, waarom daar feitlik geen leestekens in die eerste paar reëls is nie.

9. Tot waar in die gedig BESKRYF die verteller die skaatsplankryer en wat hy doen?

10. Verduidelik waarom daar ’n dubbelpunt aan die einde van reël 4 voorkom.

11. Kyk na die rymskema van hierdie gedig.

11.1 Wat merk jy op?

11.2 Wat noem ons so ’n gedig waar daar baie min/geen rymwoorde is nie?

12. Wat bedoel die verteller wanneer hy/sy sê dat swaartekrag vir die skaatsplankryer “geen swaarte” het nie?

13. Watter ander woorde in die gedig sluit by hierdie gedagte aan?

14. Watter soort beeldspraak kry ons in die slotreël waar die verteller die skaatsplankryer ’n “windswael” noem?

15. Waarom gebruik die verteller juis dié beeld? Is ons deur die gedig daarop voorberei (kan ons dus sê die res van die gedig motiveer/ondersteun die keuse)? Verduidelik aan die hand van woorde/sinsnedes in die gedig waarom jy so sê.

16. Waarom spesifiseer die verteller ná “windswael” “ van die aarde ”?

17. Slaag die digter na jou mening daarin om die “boodskap” van die gedig, nl. die vryheid wat die skaatsplankryer ervaar, suksesvol oor te dra? Verduidelik waarom jy so sê.

LU 3.6

AKTIWITEIT 4

18. Kreatiewe reaksie op tekste

Ons het sekerlik al almal op, met of in so ’n “pret-ryding” gery of toertjes gedoen, of aan die een of ander vorm van adrenaliensport deelgeneem. Beskryf in ’n stelwerkstuk die GEVOEL wat jy tydens so ’n rit/sprong/toertjie ens. ervaar of ervaar het.

LU 4.1

AKTIWITEIT 5

TEKS C

MOENIE SO PLOETER, KRY ‘N SKOETER

Ryplanke (scooters) is die mees nuwerwetse vervoer­middel en beslis die in-ding op twee wiele. Dit is ’n topverkoper onder speelgoed. Jy kan nou ryplanke op jou eie web­tuiste verkoop en 10% kommissie verdien! ’n Ryplank kos $130, en 10% daarvan is dus $13 – vir jou! Die gewilde Razor kos $95,00.

Rits!!! hierheen en Rits!!!!! daarheen­ – die ryplank is hier en stadig besig om Suid-Afrika oor te neem!

Volgens mnr Len Bradford bestuurder van Surf Wearhouse in Bellville is ryplanke ’n nuwe gier wat Amerikaners Australiërs en die Britte in vervoering het en waarvan die gewild­heid ook in Suid-Afrika aan die toeneem is.

“Enige mens ouer as drie jaar en jonger as honderd jaar kan die ryplanke ry! Hulle is baie veiliger as skaatsplanke en jy hoef nie met beskermings­klere aan te ry nie,” het hy verlede week vertel.

Van die waaghalse en avontuur­lustige ryplank-liefhebbers be­oefen van die toertjies van skaatsplankryers.

“Die groot rede waarom mense die ryplank gebruik, is vir pret! Ryplanke is soos ’n fiets of ’n skaatsplank, net veel veiliger en nog lekkerder!” val hy ons opgewonde in die rede.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask