<< Chapter < Page Chapter >> Page >

. Leerders maak plakkate met duidelike byskrifte wat in die klaskamer uitgestal word. (LU 5)

  • Vormsinne:

. Opvoeder vra vrae en leerders beantwoord bevestigend of ontkennend. Nee, ek dra . . . . .

Ja, Ouma dra . . . . .

. Ek dra sandale as dit baie koud is.

. Ons trek pantoffels aan as ons buite in die reën loop.

. Ouma dra plat, gemaklike skoene.

. Sokkerspelers dra spesiale stewels.

. Mamma dra hoëhakskoene.

. Pappa dra graag tekkies as hy gaan draf.

. Ons kom kaalvoet skool toe. (LU 1, LU 2)

  • Die Skoenmaker en die kabouters:

. Opvoeder lees die storie verskeie kere aan die leerders voor totdat hulle dit spontaan saam sê. (LU 1, LU 2)

. Leerders maak knip-, stik- en kap-aksies wanneer gepas.

(LU1, LU 3)

. Laat leerders kyk of hulle self die storie kan lees. (LU 2)

. Laat die leerders die storie dramatiseer.

. Moedig leerders aan om die storie in hul eie woorde te vertel. (LU 3)

  • Woordeboeke:

. Elke leerder moet ‘n eie woordeboek hê. Koop ‘n indeks-oefeningboek of maak een deur twee bladsye vir elke klank alfabeties af te merk. Woorde vir jou woordeboek word deur die leerders in hierdie boek geskryf. (LU 4)

  • Laat leerders sinne lees totdat hulle dit goed ken. Opvoeder kan die sinne op stroke karton skryf en vir leerders wys, sodat hulle dit sonder die prente as gids kan lees. Vergroot p. 10 en 11 op die fotostaatmasjien en plak dit op die aansteekbord. Leerders wat sukkel, kan daarna verwys. (LU 3)
  • Laat leerders ‘n T-hemp skool toe bring.

. Beplan hoe hulle dit gaan versier.

. Versier met spesiale lapverf. of

. Laat leerders ‘n hemp teken en met kryt versier.

  • Strokiesprent

. Leerders voltooi die storie deur daaroor te gesels.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Teken ‘n prentjie by die volgende sinne.

1. Die skoene is kant en klaar, maar bly op die rak.

2. Op die werksbank staan die mooiste skoene kant en klaar.

3. Nou het hy en sy ouvrou kos en leer vir twee paar skoene.

4. Vannag sal ons koekeloer.

5. Hy knip, knip, knip die leer.

6. Wie het kom kap, kap, kap op die hak?

7. Toe dit al donker is, kom twee kabouters by die venster in.

8. Ek gaan vir elkeen ‘n hempie en broekie maak.

9. Ek gaan vir elkeen ‘n paar skoene maak.

LU 5.6.2
  • Rangskik die sinne in die regte volgorde.

. Die skoene is kant en klaar, maar bly op die rak.

. Hy het hard gewerk, maar was baie arm.

. Toe dit al donker is, kom twee kabouters by die venster in.

. Vrou, dit is nou my laaste stuk leer.

. Die mooiste skoene verkoop hy sommer gou.

  • Skryf jou sinne in die regte volgorde:

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

LU 4.5
  • Klanke:

Hierdie klanke lyk en klink dieselfde in Engels en in Afrikaans.

  • Lees die woorde.
  • Sê met watter klank elkeen begin.
  • Skryf die woorde in jou eie woordeboek.
LU 3.8.1
  • Teken die prentjies.
  • Skryf die woorde in jou eie woordeboek.

knip

bank

hond

dam

fles

lamp

kabouters

bus

lap

das

hak

bak

LU 4.2
  • Vul die ontbrekende woorde in:

1. Die ....................................................................................... staan kant en klaar.

2. Nou het hy en sy .......................................................................................... kos.

3. Vannag sal ......................................................................................... koekeloer.

4. Hy knip, knip, knip die.........................................................................................

5. Ek gaan vir elkeen ‘n .............................en ‘n ......................................... maak.

LU 4.3

Assessering

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om tekste te lees en te ondersoek vir inligting en genot, en krities te reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes daarvan.

Assesseringstandaard 3.8: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:

3.8.1 herken en benoem alfabetletters.

Leeruitkomste 4: SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder woorde skryf in ‘n persoonlike woordeboek;

Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder bekende woorde korrek spel;

Assesseringstandaard 4.5: Dit is duidelik wanneer die leerder sinne skryf deur ‘n raam te gebruik.

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om deur middel van taalgebruik te dink en te redeneer, en u toegang tot inligting te verkry, dit te verwerk en te gebruik sodat leer kan plaasvind

Assesseringstandaard 5.6: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting oordra van een vorm na ‘n ander oor:

5.6.2 gebruik inligting uit ‘n visuele of geskrewe teks om ‘n tabel, staafgrafiek of kopkaart te maak of byskrifte by ‘n diagram te skryf.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11112/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask