<< Chapter < Page Chapter >> Page >

SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE

Graad 6

KAARTWERK

Module 2

Hoe word lengte- en breedtelyne in jou atlas gebruik?

Breedtelyne (N of S) en lengtelyne (O of W) kan ook SAAM gebruik word om die presiese ligging van plekke te beskryf. Dan word hulle ‘n plek se liggingskoördinate genoem.

Kom ons veronderstel dat jy geen idee het waar Sydney op die aardbol geleë is nie. Eerder as om ure op die kaart te sit en soek, gaan jy na die INDEKS agter in die Atlas, waarin plekname alfabeties verskyn.

Byvoorbeeld:

Langs Sydney verskyn die volgende gegewens:

Sydney 55 33.55 S 150.30 0

Dit beteken

55 - bladsy 55 in die atlas (wissel van atlas na atlas)

33.55 S - 33 grade en 55 minute Suid

150.30 O - 150 grade en 30 minute Oos.

Deur van die graadverwysing gebruik te maak, is dit maklik om enige plek op te spoor. Die graadverwysing verwys na lengte- en breedtegrade.

Aktiwiteit 1:

Om die ligging van hoofstede te bepaal

[LU 1.3]

Soek die volgende hoofstede in die indeks van jou atlas op en skryf die ligging van elk volledig neer. Dui dan aan watter een die koudste klimaat behoort te hê, watter plekke naastenby dieselfde behoort te wees, ensovoorts.

Hoofstede Ligging Klimaat
Stockholm 59.20 N 18.10 0
Berlyn
Rome
Tripoli
Kinshasa
Windhoek
Kaapstad

Aktiwiteit 2:

Om inligting op ‘n wêreldkaart aan te bring

[LU 1.2]

Gebruik ‘n wêreldkaart in jou atlas en voltooi die volgende:

Noem die drie soorte skale wat op die wêreldkaart aangedui is;

Meet die afstand tussen die volgende plekke in sentimeter. Gebruik die verhoudingskaal van die kaart en bepaal die werklike afstand in kilometer. Toon jou berekeninge.

a) (4) Kaapstad na (5) Melbourne _______ km

b) (6) New York na (7) Londen ________ km

c) (8) Parys na (9) Johannesburg ________ km

Bestudeer die wêreldkaart en sê in watter rigting die volgende lande ten opsigte van mekaar lê:

Suid-Amerika na Europa

Europa na Afrika

Australië na Suid-Afrika

Europa na Australië

Indien jy vanaf Johannesburg (9 op kaart) na die naaste oseaan wil vlieg, in watter rigting en hoe ver in kilometer sal dit wees?

Rigting ________

Afstand _______ km

In watter twee halfrondes is die volgende lande en vastelande geleë?

Asië__________en_______________

i) Kanada ______________en_______________

j) Suid-Afrika _____________ en________________

k) Indië ____________en___________________

l) VSA ________________en ___________________

Watter breedtelyne word deur nommers (10), (11) en (12) voorgestel?

(10)

(11)

(12)

Noem die lengtelyn wat deur Londen gaan.

Sal die son in die oggend eerste by Australië of Suid-Afrika “verskyn”? Gee redes vir jou antwoord.

Figuur 4

1 : 1200 000 0010 000 km = 83 mm ***SORRY, THIS MEDIA TYPE IS NOT SUPPORTED.***

Aktiwiteit 3:

Om die indeks van ‘n atlas te gebruik

[LU 1.3]

Gebruik die indeks van jou atlas om die volgende te vind.

1. Watter rivier vloei deur München?

2. Watter kanaal verbind Berlyn met die Noordsee?

3. Noem die naam van die grootste eiland van Japan

4. Hoe hoog is die hoogste spits in die Kaukasus?

5. Noem die hoofstad van Taiwan

6. Tussen watter twee dele van die Verenigde Koninkryk is die Cheviot-heuwels?

_____________en _________________

7. Watter tydsverskil is daar tussen Rosario en Manaus in Suid-Afrika?

8. Watter stad lê 25 km suidoos van Amsterdam?

9. In watter land is die stad Stuttgart?

10. Watter rivier mond by die monding van die St Luciameer uit?

11. Hoe ver is die hoofstad van Argentinië van die hoofstad van Uruguay af?

12. Wat is so uitsonderlik aan die Titicacameer? (Kyk na die kleur van die omringende

gebied)

13. Watter een van Ladismith en Ladysmith lê die naaste aan Kaapstad?

14. Op watter eiland is die stad Palermo geleë?

15. Ongeveer hoeveel kilometer is die kuslyn van die Nigerdelta?

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 inligtingsbronne , insluitend eenvoudige statistiek, identifiseer om die vraag oor ‘n maatskaplike of omgewingsvraaagstuk of –probleem te help beantwoord;relevante inligting vir spesifieke doeleindes uit bronne kies en dit opteken;breedte- en lengteligging gebruik om relevante plekke op kaarte te vind;inligting gebruik om oplossings vir probleme voor te stel; 1.5 verslag doen oor ondersoeke deur bespreking, debat, gestruktureerde skryfwerk, grafieke, tabelle, kaarte en diagramme.

Memorandum

Aktiwiteit 1:

Hoofstede Ligging Klimaat
Stockholm 59.20 N 18.10 O Koud
Berlyn 52.30 N 13.24 O Koud
Rome 41.55 N 12.30 O Matig-koud
Tripoli 32.30 N 13.15 O Matig
Kinshasa 22.36 S 17.04 O Warm
Windhoek 22.36 S 17.04 O Warm
Kaapstad 33.58 S 18.30 O Matig

Aktiwiteit 2:

Verhoudingskaal

Woordskaal

Lynskaal

±10 000 km

±6 000 km

±7 000 km

NO

S

W

g) SO

O

±600 km

N en O

N en W

S en O

N en O

N en W

23,5ºC

60ºN

Greenwich (0º)

Australië – O van SA geleë

Aktiwiteit 3

Isar

Mittelandkanaal

Honsjoe

Elbroes / 5 633 m

Taipei

Skotland en Engeland

Geen

Hilversum

Duitsland

Umfolozi

250 – 300 km

Baie hoog

Sicilië

±250 km

Questions & Answers

if three forces F1.f2 .f3 act at a point on a Cartesian plane in the daigram .....so if the question says write down the x and y components ..... I really don't understand
Syamthanda Reply
hey , can you please explain oxidation reaction & redox ?
Boitumelo Reply
hey , can you please explain oxidation reaction and redox ?
Boitumelo
for grade 12 or grade 11?
Sibulele
the value of V1 and V2
Tumelo Reply
advantages of electrons in a circuit
Rethabile Reply
we're do you find electromagnetism past papers
Ntombifuthi
what a normal force
Tholulwazi Reply
it is the force or component of the force that the surface exert on an object incontact with it and which acts perpendicular to the surface
Sihle
what is physics?
Petrus Reply
what is the half reaction of Potassium and chlorine
Anna Reply
how to calculate coefficient of static friction
Lisa Reply
how to calculate static friction
Lisa
How to calculate a current
Tumelo
how to calculate the magnitude of horizontal component of the applied force
Mogano
How to calculate force
Monambi
a structure of a thermocouple used to measure inner temperature
Anna Reply
a fixed gas of a mass is held at standard pressure temperature of 15 degrees Celsius .Calculate the temperature of the gas in Celsius if the pressure is changed to 2×10 to the power 4
Amahle Reply
How is energy being used in bonding?
Raymond Reply
what is acceleration
Syamthanda Reply
a rate of change in velocity of an object whith respect to time
Khuthadzo
how can we find the moment of torque of a circular object
Kidist
Acceleration is a rate of change in velocity.
Justice
t =r×f
Khuthadzo
how to calculate tension by substitution
Precious Reply
hi
Shongi
hi
Leago
use fnet method. how many obects are being calculated ?
Khuthadzo
khuthadzo hii
Hulisani
how to calculate acceleration and tension force
Lungile Reply
you use Fnet equals ma , newtoms second law formula
Masego
please help me with vectors in two dimensions
Mulaudzi Reply
how to calculate normal force
Mulaudzi
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10999/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask