<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Telaktiwiteite
  • Herken, beskryf en weergee van syfers 1 tot 9
  • Vergelyking en rangskikking van getalle
  • Gebruik van terme soos meer, minder, ligter, swaarder, korter en langer
  • Probleemoplossing, bv. meer / minder / ewe veel
  • Maak ‘n getal 1 meer, bv. 6 7
  • Aantel, bv. eerste kind tel tot 3; tweede kind tel verder tot 6; ens.
  • Sorteer voorwerpe volgens verskillende eienskappe (bv. al die rooies).
  • Lewensvaardigheid

Leerders wys dat hulle dit wat hulle geleer het, in verskillende situasies in die samelewing kan toepas. Help met uitdagings wat die lewe bied sodat hulle ‘n aktiewe en produktiewe rol in die samelewing kan speel. Deur die bespreking van situasies word probleemoplossingsvaardighede, logiese denke en redenering, asook kritiese en kreatiewe denke ontwikkel.

Voorbeelde van aktiwiteite:

Skep situasies waar hulle hulle volle potensiaal en vaardighede kan ontwikkel om ‘n bydrae in die samelewing te maak, bv. “noodsituasies”, klasbesprekings en dramatiserings

Geleenthede vir entrepreneurskap, bv. die maak van kaartjies vir verkope.

  1. EERSTE KWARTAAL RAPPORT

‘n Voorbeeld van ‘n elementêre (opsionele) verslag oor die leerder se vordering in die eerste kwartaal word ingesluit, indien die opvoeder dit wenslik ag om aan die ouers verslag te doen.

MODULERAAMWERK
LEERUITKOMSTE ASSESSERINGSTANDAARDE
GESYFERDHEID(LU 1)GETALLE, BEWERKINGS EN VERWANTSKAPPEDie leerder kan getalle en hulle verwantskappe herken, beskryf en voorstel en kan in die oplossing van probleme met bekwaamheid en selfvertroue tel, skat, bereken en kontroleer.(LU 2)PATRONE, FUNKSIES EN ALGEBRADie leerder kan patrone en verwantskappe herken, beskryf en voorstel en probleme oplos deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.(LU 5)DATA-HANTERINGDie leerder kan data versamel, opsom, vertoon en krities ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak en om waarskynlikheid te interpreteer en te bepaal . GELETTERDHEID(LU 1)LUISTERDie leerder kan luister om inligting te verkry en vir genot en kan gepas en krities op ‘n wye reeks situasies reageer.(LU 2)PRAATDie leerder kan met vertroue effektief in die gesproke taal in ‘n wye reeks situasies kommunikeer.(LU3)LEES EN KYKDie leerder kan lees en kyk vir inligting en genot en krities reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste.(LU 4)SKRYFDie leerder kan verskillende soorte feitelike of verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes skryf. Dit word bewys as die leerders:1.2 getalname in bekende kontekste sê en gebruik;1.3 die getalname en –simbole vir 1 – 10 ken;1.4 versamelings voorwerpe orden en vergelyk en die woorde ‘meer’, ‘minder’ en ‘gelyk aan’ gebruik.Dit word bewys as die leerders:
  • Fisiese voorwerpe en tekeninge gebruik
om eenvoudige patrone af te teken en uit te brei (bv. deur die gebruik van kleur en vorm).Dit word bewys as die leerders:5.2 fisiese voorwerpe volgens een kenmerk (eienskap) sorteer (bv. rooi vorms).Dit word bewys as die leerders:1.1 aandagtig luister na vrae, instruksies en aankondigings, en gepas reageer;1.4 klankbewustheid ontwikkel:
  • herken dat woorde uit klanke bestaan;
  • onderskei tussen verskillende klanke, veral aan die begin en einde van woorde;
  • mondelinge sinne in afsonderlike woorde verdeel (eers eenlettergrepige woorde gebruik);
  • sommige rymwoorde in algemene rympies en liedjies herken, soos “Wielie Wielie Walie, die aap sit op die balie ...”.
Dit word bewys as die leerders:2.5 vrae stel wanneer hy/sy nie verstaan nie of verdere inligting benodig en duidelik reageer op vrae wat aan hom/haar gestel word;2.8 eie stories vertel en ander se stories in eie woorde oorvertel.Dit word bewys as die leerders: 3.1 visuele leidrade gebruik om betekenis te skep:
  • prente en foto’s noukeurig bekyk en ondersoek om algemene voorwerpe en ervaringe te herken;
  • ‘n prent of figuur in die agtergrond identifiseer;
  • prente en woorde bymekaar pas;
  • illustrasies gebruik om eenvoudige onderskrifte in storieboeke te verstaan;
3.5 begin om klankbewustheid te ontwikkel:
  • beginkonsonante en kort vokale herken;
  • sommige alfabetletters, soos die letter waarmee sy/haar naam begin, herken en benoem;
  • sommige rymwoorde in algemene rympies en liedjies herken;
  • begin om alfabetletters in verskeie kontekste te herken en benoem (veral letters uit bekende handelsname en tydskrif- en koerantname).
Dit word bewys as die leerders:4.1 eksperimenteer met skryf:
  • tekeninge skep en gebruik om ‘n boodskap oor te dra en as ‘n vertrekpunt om te skryf;
  • letters op verskeie maniere vorm (bv. deur hulle liggame te gebruik om die vorms te wys, in die sand te skryf);
  • verstaan dat skryf en teken verskillend is;
  • “skryf” en ander vra om die betekenis van dit wat “geskryf” is, te gee;
  • oor eie tekeninge en “skryfwerk” gesels;
  • “skryf” vir ‘n doel rolspeel (bv. telefoonboodskap, inkopielys);
  • bekende letters en simbole (of benaderings daarvan) gebruik om geskrewe taal voor te stel, veral letters in eie naam en syfers in eie ouderdom;
  • sy/haar eie vormende skryfwerk “lees” wanneer gevra word om dit te doen;
  • in hulle eie skryfpogings ‘n groeiende bewustheid van rigting toon (bv. begin van links na regs, bo na onder);
  • geskrewe teks uit die omgewing naboots (soos etikette op op huishoudelike items, advertensies);
  • pogings aanwend om bekende skryfvorme soos lyste, boodskappe of briewe te skryf deur letters wat hy/sy ken, te gebruik;
  • skryfinstrumente soos kryte en potlode hanteer.
(LU 5)DINK EN REDENEERDie leerder kan taal gebruik om te dink en te redeneer en kan toegang verkry tot inligting, dit prosesseer en gebruik om te leer.LEWENSVAARDIGHEDE(LU 1)BEVORDERING VAN GESONDHEIDDie leerder kan ingeligte besluite neem oor persoonlike, gemeenskaps – en omgewingsgesondheid.(LU 3)PERSOONLIKE ONTWIKKELINGDie leerder kan verworwe lewensvaardighede aanwend om persoonlike potensiaal te verwesenlik en te verbeter ten einde effektief te reageer op die uitdagings in hulle wêreld. Dit word bewys as die leerders:5.2 taal gebruik om te dink en te redeneer:
  • ooreenkomste en verskille identifiseer en beskryf;
  • dinge wat saam hoort bymekaar pas en dinge wat verskillend is, vergelyk;
  • dinge klassifiseer (soos Sit alle speelgoed in houer, boeke op rak, kryt in blik);
  • dele van ‘n geheel identifiseer.
5.3 taal gebruik om te ondersoek:
  • vrae vra en verduidelikings soek (bv. hoekom, wat, wie, hoe, waar, wanneer).
  • verduidelikings gee en oplossings aanbied;
  • woordraaisels oplos en voltooi.
Dit word bewys as die leerders:1.2 beskryf watter stappe geneem kan word om persoonlike higiëne te verseker;1.4 veiligheid tuis en by die skool verduidelik.Dit word bewys as die leerders:3.1 sy eie naam en adres sê.

Fyn koördinasie

Syferformasie

  • Kleur die prente in wat met ‘n s” begin

Aktiwiteit: Soek nog voorbeelde in die klas wat met ‘n s begin

Geletterdheid LU : 1.4

Fyn koördinasie

Letterformasie

  • Begin by die kolletjie

Aktiwiteit : Oefen die s-klank in sand of op skryfbord

Geletterdheid LU : 1.4

Fyn koördinasie

  • Voltooi die patrone.
Geletterdheid LU : 4.1

Voorgrond / Agtergrond

Fyn koördinasie

Logiese Redenasie

VRUGTE

Die belangrikheid van gesonde en skoon kos.

Geslote vrae:

  1. Watter drie vrugte kan jy in die prentjie sien?
  2. Watter kleur is ‘n piesang as dit ryp is?

Oop-einde vrae:

  1. Watter ander produkte kry ons van vrugte?
  2. Waar kom vrugte vandaan?
  3. Hoekom is dit belangrik om vrugte te was voordat ons dit eet?
  4. Watter vrugte is soet?
  5. Watter vrugte is suur?
  6. Van watter vrugte hou jy die meeste en hoekom?

Oorbrugging:

Ons moet baie mooi na die prentjie kyk as ons die verskillende vrugte omlyn. Waar anders moet ons baie mooi kyk as ons een item tussen baie ander moet uitsoek?

  • In die klas (bv. ‘n rooi kryt tussen baie ander in die houer)
  • Tuis (bv. klerekas)
  • Supermark (bv. ‘n rooi appel tussen die ander vrugte)

Aktiwiteit:

  1. Maak ‘n plakkaat van vrugte en die produkte daarvan.
  2. Maak vrugteslaai in die klas.
  3. Blinddoekspeletjie – verskaf vier soorte vrugte – kind moet dit identifiseer deur daaraan te ruik, proe of voel.
Geletterdheid Gesyferdheid

Voorgrond / Agtergrond

Fyn koördinasie

Logiese Redenasie

  • Omlyn elke vrug met ‘n ander kleur.

Aktiwiteit: Knip die peer uit.

Geletterdheid LU 2.5 Geletterdheid LU 3.1

Ouditiewe diskriminasie

Fyn Koördinasie

  • Kleur die prente in wat met ‘n “ m” begin

Aktiwiteit: Soek nog voorbeelde in die klas wat met ‘n m begin

Geletterdheid LU : 1.4

Fyn koördinasie

Letterformasie

  • Begin by die kolletjie

Aktiwiteit : Oefen die m-klank in sand of op skryfbord

Geletterdheid LU : 4.1

Ouditiewe diskriminasie

Fyn koördinasie

  • Kleur die prente in wat met ‘n “ n” begin

Aktiwiteit: Soek nog voorbeelde in die klas wat met ‘n n begin

Geletterdheid LU : 1.4

Fyn koördinasie

Letterformasie

  • Begin by die kolletjie

Aktiwiteit : Oefen die m-klank in sand of op skryfbord

Geletterdheid LU : 4.1

Maak sewe afdrukke van elke prentjie sodat daar byvoorbeeld 7 sonnetjies is vir die 7 dae van die week (net in geval die son elke dag van die week skyn).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Graad r 'n leerprogram. OpenStax CNX. Oct 28, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11134/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Graad r 'n leerprogram' conversation and receive update notifications?

Ask