<< Chapter < Page Chapter >> Page >

ASSESSERINGSRUIT DEUR LEDE VAN DIE GROEP:

Glad nie Soms Dikwels Altyd
Korrekte telefoonetiket
Praat in vlot sinne
Praat duidelik en hoorbaar
Gebruik korrekte Afrikaans
Goeie aanbieding

Luister mooi na jou maats en maak ‘n regmerkie in die gepaste kolom.

LU 1.5.1
LU 1.5.2

  • VRAE TYDENS ‘N ONDERHOUD

Wanneer jy vir ‘n onderhoud gaan, beteken dit dat die mense wat jou in diens wil neem, vir jou vrae vra. Die antwoorde wat jy gee, sal hulle help om te besluit of hulle jou in diens wil neem.

Hier is die lysie van vrae wat hulle vir jou by die Vereniging van Anti-Dwelmmisbruik gaan vra. Daar is egter ‘n GROOT PROBLEEM . Dit is nie vrae nie, maar stellings. Skryf asseblief die volgende sinne oor en verander hulle in vrae. Onthou die vraagteken ( ? ) aan die einde van die sinne.

  1. Jy is ouer as tien jaar.
  2. Jy gee om vir jou maats.
  3. Jy sal omgee as ‘n dokter jou ondersoek.
  4. Jy wil jou vrye tyd opoffer.
  5. Jou ouers weet dat jy aansoek gedoen het.

Het julle alles onthou?

Kontrolelys: JA NEE
Ek het elke vraag met ‘n hoofletter begin.
Ek het ‘n vraagteken aan die einde van elke sin.
My woordorde is korrek.

Julle onderwyser sal julle help om die werk na te sien.

LU 6.2.1
  • MODULETOETS
  1. Julle onderwyser sal vir julle vyf spelwoorde vra.
  1. Lees die volgende leesstuk noukeurig en beantwoord die vrae wat daarop volg:

Johnny Noble is nou in Graad 2 en verlaat die skool aan die einde van die jaar. Werk is deesdae baie skaars en Johnny kan nie seker wees dat daar vir hom ‘n werk sal wees nie. Dis belangrik dat kinders vanaf die ouderdom van twaalf jaar sal begin om hulself voor te berei vir die lewe na skool terwyl hulle nog jonk is.

Baie mense stry dat ‘n jong kind nog nie weet wat hy werklik wil doen nie. Wil hy huise ontwerp, mense genees, kinders opvoed? Tog is dit goed dat jong kinders wel ‘n droom sal hê van wat hulle eendag wil wees.

Of jy in januarie of desember verjaar, in kaapstad of pretoria woon, droom gerus oor jou toekoms! Jou drome kan waar word en ‘n blink toekoms kan op jou wag.

Is die eerste twee stelling waar (W) of onwaar (OW)?

  • Johnny is in sy laaste jaar op skool. (1)
  • Johnny is seker daar sal ‘n werk vir hom wees. (1)
  • Onderstreep die korrekte woorde tussen hakkies.
  • Kinders kan reeds vanaf die ouderdom (tien , elf, twaalf) begin om hulle voor te berei. (1)
  • Wat noem ons mense wat:

(a) huise ontwerp

(b) mense genees

(c) kinders leer (3)

  • In die laaste paragraaf is daar vier woorde wat verkeerd geskryf is. Skryf hulle korrek neer en sê wat verkeerd is.

Die woorde van die volgende sinne is geskommel. Herrangskik hulle sodat die sinne verstaanbaar is.

  • bedel nie As leer kinders hard nie hoef te hulle.
  • beroepe wêreld in is Daar verskillende baie die

(4)

  • Verander die volgende stelling in ‘n vraag.

Jy moet n getuigskrif hê wanneer jy aansoek doen vir ‘n werk.

(1)

  • Vul die aanhalingstekens by die volgende sin in:

Johnny sê vir sy ma: Ek weet wat ek na skool wil doen.

(1)

  • Skryf neer wat jy aan iemand sou vra om uit te vind wat sy beroep is. (1)

Totaal: 20

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
LUISTER Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
1.1 verstaan stories (aan leerders vertel of gelees):
1.1.1 beantwoord letterlike vrae;
1.1.5 bespreek etiese, sosiale en kritieke kwessies, soos: Watter soort persoon is die held? Hoe tree hy/sy op? Is hy/sy realisties of gestereotipeer voorgestel? (wissel tussen huis- en addisionele taal, indien nodig);
1.5 respekteer ander leerders:
1.5.1 gee ander leerders ‘n kans om te praat;
1.5.2 luister na ander en moedig hul pogings aan om hul addisionele taal te praat;
LU 2
PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:
2.1.1 stel en beantwoord vrae;
2.2 tree op kultureel gepaste maniere op:
2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare;
2.3 gebruik die addisionele taal om inligting oor te dra:
2.3.5 gesels oor ‘n onderwerp waaroor voorbereiding gedoen is.
LU 3
LEES EN KYK Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.6 lees vir genot en inligting:
3.6.1 lees baie fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak;
3.6.5 los woordraaisels op;
3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:
3.7.2 gebruik ‘n woordeboek.
LU 4
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.1 teken en skryf byskrifte by kaarte, diagramme, grafieke en tabelle;
4.1.4 druk mening skriftelik uit en gee redes daarvoor (soos hoekom een gedig beter as ‘n ander gedig is);
4.3 skryf kreatief:
4.3.1 toon ontwikkeling in die vermoë om verhale, toneelstukke en dialoë te skryf (soos deur sommige poëtiese tegnieke te gebruik om interessante titels te skep en deur dialoog by verhale in te sluit);
4.4 ontwerp mediatekste:
4.4.1 ontwerp ‘n plakkaat, ‘n eenvoudige advertensie en ‘n eenvoudige vraelys;
4.6 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en -gebruik:
4.6.1 pas kennis van taalstrukture toe (soos grammatika, spelling, punktuasie, grammatikale verskille tussen huis- en addisionele taal) om eie en ander se werk te redigeer.
LU 5
DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
5.2 gebruik taal om te dink:
5.2.1 stel en beantwoord ingewikkelder vrae (soos: Kan jy aan ‘n ander verduideliking hiervoor dink?)
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.1 spel bekende woorde korrek:
6.1.1 algemeen gebruikte woorde (soos: vyftien, moeilik, wêreld, veertien);
6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.1 sommige vraagvorme.

Memorandum

1.

(a) R254,00

(b) kaas en toiletware

(c) lekkergoed, tydskrifte (leerders se menings kan varieer)

(d) R21,00 (kan varieer, want dit hang van leerder se mening af.)

4.

(i) Vereniging vir Anti-Dwelmmiddels

(ii) tien

maats

dwelmmiddels gebruik het nie

(iii) Jy sal strooibiljette moet versprei en plakkate teen kennisgewingborde moet vassit.

(iv) opleiding

(v) Aansoekvorms is by die sekretaresse beskikbaar.

(vi) Ons sal jou in kennis stel.

5. Skriftelike verklaring van iemand se bekwaamheid, ywer, ens.

7.

(a) Is jy ouer as tien jaar?

(b) Gee jy om vir jou maats?

(c) Sal jy omgee as ‘n dokter jou ondersoek?

(d) Wil jy jou vrye tyd opoffer?

(e) Weet jou ouers dat jy aansoek gedoen het?

8.

2. (a) W

(b) OW

(c) twaalf

3. (a) argitekte

(b) dokters

(c) onderwysers / onderwyseresse / opvoeders

4. januarie moet Januarie wees

desember moet Desember wees

kaapstad moet Kaapstad wees

pretoria moet Pretoria wees

Dit is name van maande en stede. Eiename kry hoofletters.

5.

(a) As kinders hard leer, hoef hulle nie te bedel nie.

  1. Daar is baie verskillende beroepe in die wêreld.

6. Moet jy ‘n getuigskrif hê wanneer jy aansoek doen vir ‘n werk?

7. Johnny sê vir sy ma: “Ek weet wat ek na skool wil doen.”

8. Wat is jou beroep?

OF

Watter beroep beoefen jy?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask