<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Luister goed terwyl julle onderwyser die volgende advertensie hardop lees.

Die Vereniging vir Anti-Dwelmmiddels

Ons soek na kinders wat ons kan help met ‘n anti-dwelmveldtog in julle skool. As julle ouer as tien jaar is, is jy welkom om aansoek te doen. Ons soek kinders wat omgee vir hulle maats en nog nooit dwelmmiddels gebruik het nie. Voordat kinders aangestel word, sal hulle eers deur ‘n dokter ondersoek word om seker te maak hulle gebruik nie dwelmmiddels nie.

Wat behels die werk? Jy sal strooibiljette moet versprei wat kinders waarsku teen die gevare van dwelmmiddels. Jy sal ook plakkate teen die kennisgewingborde moet opsit. Indien jy aangestel word, sal jy deeglike opleiding kry vir wat van jou verwag word.

Hierdie is ‘n baie ernstige saak. Ons het hulp dringend nodig. Stel jy belang daarin om ander mense te help? Doen dan aansoek deur die aansoekvorm te voltooi. Aansoekvorms is beskikbaar by die sekretaresse. Jy kan ook die voltooide vorm by haar inhandig. Ons sal jou ook in kennis stel, indien jy vir ‘n onderhoud moet kom.

Gesels eers in julle groepe oor die betekenis van “anti-dwelmmisbruikveldtog” en oor die gevare van dwelmmiddels. Dink julle jul skool sal so ‘n veldtog kan loods?

Beantwoord die volgende vrae skriftelik.

  1. Hierdie advertensie is deur die_______________ geplaas. (1)
  2. Watter kinders kan aansoek doen vir die werk?Kies die regte antwoorde en onderstreep hulle.
  • Kinders wat ouer is as (tien, elf, twaalf) jaar.
  • Kinders wat omgee vir (diere, bejaardes, maats).
  • ‘n Dokter sal jou ondersoek om seker te maak dat jy nog nooit (gerook het nie, dwelmmiddels gebruik het nie, verkoue gehad het nie). (3)
  • Noem kortliks twee dinge wat jy sal moet doen as jy die werk kry. (2)
  • Wat sal jy kry sodra jy aangestel word? (Skryf slegs die woord.)

(1)

  1. Skryf die volgende stelling oor sodat dit waar sal wees.

Aansoekvorms is beskikbaar by die skoolhoof

(1)

  1. Kan jy die woorde opspoor wat dieselfde beteken as “ons sal jou laat weet”?

(1)

  1. Beantwoord die volgende vraag baie eerlik:

Ek sal die werk baie graag wil hê. JA/NEE

(1)

TOTAAL: (10)

LU 1.1.1
LU 1.1.5
  • GETUIGSKRIF

Slaan die woord GETUIGSKRIF in die woordeboek na. Skryf die betekenis neer:

LU 3.7.2

Hou ‘n dinkskrum in julle groep om uit te vind watter mooi eienskappe julle van mekaar kan opnoem. Skryf ‘n getuigskrif van jou maat wat hy/sy kan gebruik om aansoek te doen vir die betrekking by Die Vereniging van Anti-Dwelmmisbruik .

LU 4.1.4
  • ONDERHOUD

Jy ontvang ‘n telefoonoproep van Die Vereniging vir Anti-Dwelmmisbruik se sekretaresse. Sy skakel om ‘n afspraak te maak vir ‘n onderhoud. Rolspeel nou die gesprek saam met ‘n maat. Een van julle is die aansoeker en die ander een die sekretaresse. Skryf julle vrae en antwoorde neer. Onthou om al die besonderhede te vra, bv.

  • Waar is die onderhoud?
  • Wanneer is die onderhoud?
  • Aanwysings om daar te kom.
  • Kleredrag.
  • Wat moet jy saambring?
Sekretaresse
Aansoeker
Sekretaresse
Aansoeker
Sekretaresse
Aansoeker
Sekretaresse
Aansoeker
Sekretaresse
Aansoeker
Sekretaresse
Aansoeker
Sekretaresse
Aansoeker
Sekretaresse
Aansoeker
LU 2.2.1

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask