<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 9

Denkvaardighede

Module 2

Die inwin van inligting

DIE INWIN VAN INLIGTING

Jy gebruik jou sintuie om inligting te verkry. Dis jou vermoë om te sien, te hoor, te ruik, te proe en jou tassintuig (vat/voel). Die brein verwerk hierdie inligting en stuur dan die nodige boodskappe na jou liggaam om te reageer op die inligting.

Het julle al gehoor mense praat van 'n sesde sintuig? Dis jou intuïsie, daardie insig of gevoel wat jy kry oor 'n situasie of 'n sekere persoon. Het jy iemand al hoor sê, "Ek weet nie wat dit is nie, dit voel net nie vir my reg nie." Of "Die oomblik toe ek dit gesien het, het ek net geweet...". Hierdie sesde sintuig is iets wat ons almal het en waaraan ons nie genoeg aandag gee nie. Meestal sê mense dat vrouens se sesde sintuig fyner ontwikkel is as diè van mans. Wat dink julle?

Wat van "common sense", of gesonde verstand dan? Die manier waarop sekere mense net weet hoe en wanneer om iets te doen. Het dit te doen met logiese denke? Sal ons dit vertaal met "gesonde verstand of goeie oordeel"? In elk geval, dis die manier om situasies reg te hanteer en is dalk meer die produk van denke as wat dit 'n "sintuig" is.

Kom ons kyk hoeveel "common sense" jy het !

Watter sintuie sal jy gebruik as jy:

reukwater gaan koop?
na 'n musiekkonsert gaan luister?
gaan uiteet?
klere gaan koop?
'n maat wil kies?
'n besige straat moet kruis?
televisie kyk?
onderrig ontvang?

Was jy wakker genoeg om te sien dat elke handeling meer as een sintuig betrek? Indien nie, gesels met jou leerkrag daaroor. Hy of sy kan vir jou verdere insig gee.

[LU 3.3]

Met die pen

Het jy al 'n situasie beleef waarin jou sesde sintuig sterk op die voorgrond getree het? Skryf die storie kortliks neer. Indien jy nog nie self so iets beleef het nie, gaan vra rond vir so 'n storie en skryf dit dan neer. Jy kan gerus kleur en tekeninge gebruik om jou storie 'n bepaalde atmosfeer te gee.

Daarna...

Lees jul stories vir mekaar of vir die hele klas. Besluit dan hoeveel aandag aan 'n mens se sesde sintuig gegee behoort te word en motiveer dit kortliks.

Ek voel …

[LU 3.3]

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
PERSOONLIKE ONTWIKKELINGDie leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy of haar wêreld te reageer
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.3 gepas op emosies in uitdagende situasies reageer.
3.4 verduidelik wat uit ‘n uitdagende persoonlike interaksie geleer is deur krities oor eie optrede te besin;
3.6 eie toepassing van probleemoplossings-vaardighede in ‘n uitdagende situasie krities evalueer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11064/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask