<< Chapter < Page Chapter >> Page >
Naam van Land Ontwikkeld: Ontwikkelend:
Zimbabwe
VSA
Frankryk
Kongo
Argentinië
Japan
Rusland
Mosambiek
Namibië

Aktiwiteit 3:

Om ‘n klasbespreking oor die rsa as ‘n ontwikkelende land te voer

[lu 2.1]

Die RSA is ‘n Derdewêreld- en ontwikkelende land en moet as sodanig bestuur word.

Bespreek hierdie stelling. Gee redes waarom jy saamstem met die stelling of nie, en uiteindelik tot ‘n gevolgtrekking kom.

Assessering

LU 2
AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 ‘n beredeneerde verduideliking van sommige benaderings tot ontwikkeling verskaf [mense en plekke];
  1. maniere waardeur Wetenskap en Tegnologie ‘n positiewe en negatiewe invloed op ontwikkeling het, identifiseer [mense en hulpbronne];
2.3 verduidelik hoe volhoubare ontwikkeling ‘n positiewe uitwerking op mense, plekke en omgewings kan hê [mense en omgewing

Memorandum

AKTIWITEIT 1:

Ontwikkelde: Dit is lande wat reeds ‘n baie hoë vlak van ekonomiese- en sosiale ontwikkeling bereik het.

Kenmerke: Eerste Wêreld, geïndustrialiseerde, hoë inkomste, noord van die ewenaar, hoë mensontwikkeling, ekonomies ontwikkeld, besitters en ryk.

Voorbeelde: Meeste Europese lande, VSA, Switserland, Japan, ens.

Ontwikkelende : Dit is lande wat nog besig is om op ekonomiese- en sosiale gebied te ontwikkel. Sekere dele van ‘n land kan ten volle ontwikkeld wees, terwyl ander dele nog geheel en al onder-ontwikkeld mag wees.

Kenmerke: Derde wêreld, nie-geïndustraliseerd, lae inkomste, suid van die ewenaar, lae mens-ontwikkeling, minder ekonomies ontwikkelde lande, nie-besitters en arm.

Voorbeelde: Suid-Afrika, sekere Suid-Amerikaanse en lande in Asië, Afrikalande soos Ethiopië, Zimbabwe, DRK, ens.

Volhoubare ontwikkeling: Dit behels die oordeelkundige benutting van hulpbronne. Dit is ontwikkeling wat gelyktydig aan ‘n land se huidige behoeftes aan vooruitgang en aan bewaring vir die toekoms aandag skenk. Mag nie die omgewing benadeel nie en moet die belange van toekomstige geslagte beskerm.

Boustene vir volhoubaarheid: Neem die volgende faktore in ag: mens, aarde en welvaart. Drie belangrike boustene: ekonomiese groei, sosiale verantwoordelikheid en die behoud van ‘n ekologiese balans. Die sukses al dan nie met die implementering van ‘n volhoubare ontwikkelingsstrategie hang grootliks af van die mate waarin ‘n regering daarin slaag om armoede te verlig.

Verstedeliking:

Definisie: Proses waar ‘n toenemende aantal mense die landelike gebiede verlaat om hulle in stedelike gebiede te vestig.

Mening: Oorweeg die volgende: - Skep probleme vir platteland

- Sosiale- en ekonomiese probleme

- Ook stedelike probleme soos oorbevolking, werkloosheid, plakkery, verskeie tekorte, misdaad, ens.

Oplossing: Desentralisasie van nywerhede, werkskepping, hervestiging van mense op die platteland, behuisingsprojekte , instelling van minimum lone, RDP-projekte, ens.

Ontvolking van die platteland:

Definisie: Proses waar inwoners die platteland verlaat. Toenemende proses, veral in ontwikkelende- en ontwikkelde lande.

Gevolge: Agteruitgang van dorpe, geboue en dienste. Skole, besighede, ens. sluit. Ekonomiese- en kulturele agteruitgang en verval.

Oplossing: Skep werksgeleenthede, toerisme, desentralisasie, hervestigingsinisiatiewe, ens.

Eerste Wêreld:

Voorbeelde: Hoofsaaklik lande noord van die Sahara

Europa ( Noord en sentraal), VSA, China, Japan, ens.

Noorweë, Swede, Australië, Kanada, Nederland, Engeland, Duitsland, ens.

Redes: Ten volle ontwikkeld op ekonomiese-, politieke-, sosiale- en maatskaplike gebied. Groeikoers laag, sterftesyfers laag, geboortesyfers laag, lewensverwagting van mense hoog, per kapita-inkomste van mense hoog, ens.

Derde Wêreld :

Voorbeelde: Hoofsaaklik Sub-Sahara

Meeste Afrikalande, Suid-Amerikaanse lande, dele van Asië, ens.

Sierra Leone, Niger, Mali, Mosambiek, Ethiopië, DRK, ens.

Redes: Nog nie ten volle onwikkel nie, of moet nog ontwikkel. Verwys na vorige antwoord: teenoorgestelde

AKTIWITEIT 2:

Ontwikkeld: VSA

Frankryk

Japan

Kenmerke: Zimbabwe

Kongo

Argentinië

Rusland

Mosambiek

Namibië

AKTIWITEIT 3:

Oorweeg die volgende:

Stem saam!

  • Bevat elemente van beide.
  • Ekonomies baie goed ontwikkeld.
  • Kyk na mynbou: In 7 van die wêreld se belangrikste 10 minerale is SA die

top produsent.

  • Sekondêre bedrywe lewer groot bydrae tot BBP.
  • Apartheid het letsels gelaat.
  • Groot agterstande by grootste deel van ons bevolking.
  • Brei hierop uit.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11054/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask