<< Chapter < Page Chapter >> Page >

“Hy is reeds weg op ‘n reddingsboot. Die vrouens en kinders is op die eerste reddingsboot weg. Die kaptein het beveel dat hulle eerste moet gaan.

Skielik is daar ‘n oorverdowende knars soos die skip se boeg afbreek en die voormas onder die golwe verdwyn. Die skip hel skuins oor. William en Tom Dickford klou aan die reling vas.

“Swem, kêrel, swem!” skree Tom. William gooi homself in die branders. Dis yskoud en pikdonker! Hy begin swem. Iets swaars en donkers swem verby. Haaie! William swem al vinniger, maar kan nie wegkom van die afgryslike gille van sterwende seemanne nie. Hy loer oor sy skouer na die Birkenhead se oorblyfsels. Op die skuins dek sien hy soldate in gelid, asof hulle op parade is. Natuurlik kan hulle nie almal na die reddingbote swem nie, want dan sal dié ook vergaan. William se hale raak al hoe swakker. Hy kan nie meer nie. Toe verskyn ‘n spaan wonderbaarlik voor hom. Hy gryp na die spaan en skree om die mense op die boot se aandag te trek.

“Geen plek vir jou nie,” sê ‘n stem. “Ons sal omslaan. Niemand kan nog inklim nie.”

“Nee, ons moet hom help.” Dis die stem van luitenant Richards. Die arms wat William tot in die reddingsboot sleep, is dié van seeman Tom Dickford.

Die Birkenhead-tradisie

Die uitdrukking ‘Vroue en kinders eerste!’ is die eerste maal aan boord van die Birkenhead gehoor waar dit naby Danger Point vergaan het. Die heldemoed van die soldate wat in gelid bly staan het terwyl die skip vergaan het, is legendaries. As almal sou probeer swem na die slegs drie reddingsbote wat neergelaat kon word, sou hulle omslaan en almal sou verdrink het. Van die 638 mense het 445 gesterf. Hulle het óf verdrink óf hulle is deur haaie gevang. William Matthews was een van die 193 oorlewendes.

LU 3.6.1

Woordeskat en spelling

Die volgende woorde kom almal voor in die leesstuk. Slaan die betekenisse na van onbekende woorde en skryf hulle langsaan neer. Maak seker dat jy die betekenisse en spelling ken! (Slaan die Engelse woorde na in die woordeboek as dit vir jou makliker is).

seesiek:

fregat:

bemanningslede:

aan wal:

aan boord:

kus:

oorverdowend:

dek:

anker:

reddingsbote:

luikopening:

kajuit:

boeg:

reling:

afgryslik:

oorblyfsels:

wonderbaarlik:

vergaan:

heldemoed:

in gelid:

legendaries:

oorlewende:

LU 3.7.2
LU 3.7.3

Mondeling

Die verhaal van die Birkenhead is een van baie. Daar het deur die eeue heen baie skepe gesink. Hieronder volg ‘n lys van sommige van die skepe se name. Kies een van hulle en kom vertel die verhaal aan die klas of jou groep.

Die inligting sal beskikbaar wees in ‘n ensiklopedie, ‘n boek in die biblioteek of op die internet.

Hoogergeest

De Jonge Thomas

Arniston

Waldensian

Queen of the Thames

RMS Teuton

SA Seafarer

Oceanos

Jy mag enige ander skeepsramp gebruik as jy nie inligting oor enige van hierdie skepe kan kry nie.

Jou vertelling moet 2-3 minute duur en jou maats gaan jou assesseer met behulp van die onderstaande assesseringsruit.

LU 2.3.5

Hoe het jy gevaar?

Skriftelike werk

Faksboodskap.

Veronderstel jy het ‘n soortgelyke skeepsramp sien gebeur of selfs een oorleef! Jy is gered of het deelgeneem aan die reddingsoperasie. Jy kan nie wag om jou ouers/beste vriend of vriendin/enige persoon van jou eie keuse daarvan te vertel nie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask