<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 7   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Omtrek, oppervlakte en volume

Opvoeders afdeling

Memorandum

1.

a) Ja

b) Ja

c) Ja

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: hersiening [lu 3.3, lu 3.7]

1. Kom ons val sommer dadelik weg met hersiening deur middel van ’n paar kopkrappers!

a) Is KL en MN parallel?

b) Is OP ewewydig aan QR?

c) Is die volgende drie lynstukke ewewydig aan mekaar?

1.4 Gebruik die kolletjies as hoekpunte en trek ’n gelyksydige driehoek, ’n vierkant en ’n reghoek.

1.5 Verbind van die kolletjies met mekaar sodat jy ’n parallelogram en ’n ruit vorm.

1.6 Gebruik die kolletjies as hoekpunte en teken:

a) twee driehoeke met dieselfde vorm en grootte

b) ’n gelyksydige driehoek

c) ’n reghoekige driehoek

(Jy moet al die punte gebruik en elke punt net een keer)

1.7 Trek al die hoeklyne van die reëlmatige vyfhoek in. Kleur dan die enigste veelhoek wat daardeur gevorm word, in.

2. Kyk ook of jy die volgende kan teken! Gebruik jou gradeboog en liniaal:

2.1 Teken ’n vyfhoek waarvan die lengte van die sye 50 mm en die groottes van die hoeke 108 grade is.

2.2 Teken ’n aghoek met sye 40 mm elk en die hoekgroottes 135 grade.

Assessering

Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen twee-dimensionele vorms en drie-dimensionele voorwerpe in ‘n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.

Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n passer, liniaal en gradeboog gebruik om meetkundige figure akkuraat te konstrueer sodat spesifieke eienskappe ondersoek en nette ontwerp kan word;

Assesseringstandaard 3.7: Dit is duidelik wanneer die leerder sketse van drie-dimensionele voorwerpe vanuit verskillende perspektiewe teken en interpreteer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 7. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11076/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask