<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 2   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Wiskunde in die wêreld rondom ons

Opvoeders afdeling

Memorandum

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

Integrasie van Temas:

  • Inklusiwiteit: Ons kan almal by mekaar leer. Die een kultuur kan die ander stimuleer en verryk. Wys hoe dit gedoen kan word.
  • Menseregte: Leerders moet die verskille tussen hulle respekteer. Besluit hoe ons verskil en wat ons verskillend maak. Tog is elkeen net so menswaardig soos enige ander leerder in die klas.
  • ‘n Gesonde omgewing: Blomme verryk ons omgewing. Gesonde kos gee vir ons gesonde liggame. Bespreek gesonde, voedsame kossoorte en maak ‘n lys daarvan. Doen navorsing om vas te stel of die leerders in jou klas gesonde kosse eet.
  • Getalbegrip en aantel tot 200 en verder word geoefen.
  • Ewe en onewe getalle, afronding van getalle en plekwaardes word hersien.
  • Die tafels van 4 en 3 en deelaktiwiteite word ingesluit.
  • Optelling met herbenoeming word geoefen.
  • Verdubbeling met herbenoeming.
  • Samestellings van 19.
  • Die volgende aktiwiteite is ook ingesluit: massa, inhoud, breuke en afstand.
  • Leerders maak kennis met die volgende voorwerpe: piramides, prismas en silinders,
  • Die aansigvorms van hierdie 3-D vorms word bespreek en vergelyk.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: getalwaarde en woordsomme [lu 1.5, lu 1.6, lu 1.8, lu 1.10]

  • Voltooi.

28 = 2 tiene + 8 ene

54 = _________ tiene + _________ ene

44 = ____________________

83 = ____________________

98 = ____________________

64 = ____________________

32 = ____________________

19 = ____________________

29 = ____________________

48 = ____________________

61 = ____________________

73 = ____________________

  • Voltooi.

26 = 20 + 6

59 = _________ + _________

47 = _________ + _________

82 = _________ + _________

91 = _________ + _________

66 = _________ + _________

39 = _________ + _________

19 = _________ + _________

24 = _________ + _________

45 = _________ + _________

68 = _________ + _________

76 = _________ + _________

LU 1.5 LU 1.10
  • Herbenoem die getal in die sirkel en voltooi die getalsin, bv.
LU 1.8 LU 1.10
  • Lees hierdie woordsomme versigtig.
  • Dink! Moet jy optel of moet jy aftrek?

1. Lisa spandeer 31 c en Sannie spandeer 25 c. Hoeveel het hulle altesaam spandeer?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Hulle het ___________________________c altesaam spandeer.

2. Henri het R43 gespaar. Marko het R24 meer as Henri gespaar. Hoeveel het Marko gespaar?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Marko het R___________________________ gespaar.

3. Martin het R53 vir ‘n boek betaal en R24 vir kryte. Hoeveel het hy altesaam betaal?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Martin het altesaam R___________________________ betaal.

4. Deon het 62c. Hy koop albasters vir 31c. Hoeveel geld het hy oor?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Deon het ___________________________c oor.

5. Sarel het R98. Hy spandeer R33. Hoeveel geld het hy oor?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Sarel het R ___________________________ oor.

6. Tiaan het 29c. Hy gee vir Deon 16c. Hoeveel geld het Tiaan oor?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Tiaan het ___________________________c oor.

LU 1.6 LU 1.8

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.5: Dit is duidelik wanneer die leerder die plekwaarde van syfers in heelgetalle tot minstens 2-syfergetalle herken;

Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder geldprobleme oplos wat totale en kleingeld in rand en sent behels;

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge gebruik om probleme op te los:

Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende tegnieke gebruik:

1.10.1 opbou en afbreek van getalle;

1.10.2 verdubbeling en halvering;

1.10.3 gebruik van konkrete apparaat (bv. tellers);

1.10.4 getallelyne.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 2. OpenStax CNX. Oct 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11127/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask