<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wiskunde

Graad 4

Getalle, breuke, desimale breuke en getalpatrone

Module 6

Getalpatrone

Aktiwiteit 1:

  • Om veelvoude te herken, hulle te beskryf, voor te stel en te vergelyk [LU 1.3]
  • Om getalpatrone te ondersoek [LU 2.1]
  • Om getalpatrone te ondersoek [LU 2.2]
  • Om uitvoergetalle op te spoor [LU 2.3]

1. As ons in 6’e tel, sê ons die veelvoude van 6 op .

1.1 Werk saam met 'n maat. Een van julle moet van 0 tot 102 in 6'e tel. Die ander een moet 'n sakrekenaar gebruik om jou te kontroleer en om jou te stop wanneer jy 'n fout maak. Indien jy 'n fout maak, moet die maat met die sakrekenaar ”Stop!” sê en die sakrekenaar vir jou wys. Die tellery moet van daar af voortgaan. Wanneer die een wat tel, klaar is, moet julle omruil.

1.2 Skryf nou die ontbrekende veelvoude van 6 op hul plekke in die tabel hieronder:

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12
× 6 6 12 18 24 30 60 66

1.3 Nou moet julle in 6'e terugtel van 102 tot by 0. Laat 'n maat jou tellery kontroleer en ruil dan om. Het julle enigiets interessants opgemerk? Wat ons opmerk, is dat die veelvoude van 6 almal gelyke getalle is.

1.4 Watter patrone merk jy op? Kyk net, die laaste syfers in die getalle is 6;..2; ..8; ..4; ..0. Hulle word herhaal en vorm dus 'n patroon.

Nou dat jy dít weet, kan jy sommer vir ewig aanhou om in 6'e te tel (indien jy goed genoeg bly konsentreer)!

1.5 Tel in 6’e en voltooi die vloeidiagram:

1.6 Hoe programmeer ons 'n sakrekenaar om in 6'e te tel?

Sleutel "clear" in en

1.7 Skryf die veelvoude van 6 van 102 tot 0:

1.8 Hoe programmeer ons 'n sakrekenaar om in 6'e van 102 af terug te tel?

Sleutel "clear" in en_______________________-

Nou is dit eers maklik om in 6'e te tel! Ons gaan dus oor na 7's.

2. Veelvoude van 7

2.1 Gebruik jou sakrekenaar (as jy dit nodig het) om in 7's te tel en die vloeidiagram te voltooi:

Kan jy enige patrone hier raaksien? Twee van hulle is hieronder neergeskryf. Kyk of jy meer kan raaksien en bespreek dit met 'n maat.

  • Daar is ewe en onewe getalle.
  • Dit lyk of hulle om die beurt onewe en ewe is.

2.2 Skryf nou die ontbrekende veelvoude van 7 in die oop spasies:

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12
× 7 7 14 21 70 77

Dit lyk of daar 'n soort herhaling na die eerste 9 veelvoude voorkom. Is daar so 'n herhaling wat voortgaan?

Is daar enige ander patrone? Skryf neer wat jy opgemerk het.

  • Tel terug in 7's van 105 tot by 0. Gebruik jou sakrekenaar hiervoor as jy dit nodig het.
  • Skryf die ontbrekende veelvoude van 6 in die eerste ry van die tabel hieronder en die ontbrekende veelvoude van 7 in die volgende ry. Wat merk jy op wat interessant is?
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12
× 6 6 12 18 24
× 7 7 14 21 28

2.5 Vergelyk die twee rye antwoorde wat horisontaal loop. Dit lyk of daar 'n interessante patroon aan ontwikkel is.

Kyk net: 1 × 7 = 1× 6 + 1 5 × 7 = 5 × 6 + …… 9 × 7 = 9 × 6 + ……

2 × 7 = 2 × 6 + ……. 6 × 7 = 6 × 6 + …… 10 × 7 = 10 × 6 + …..

3 × 7 = 3 × 6 + …… 7 × 7 = 7 × 6 + …… 11 × 7 = 11 × 6 +……

4 × 7 = 4 × 6 + …… 8 × 7 = 8 × 6 + …… 12 × 7 = 12 × 6 +……

3. Veelvoude van 8

3.1 Die getallelyn toon spronge van 8 heelgetalle. Gebruik die sakrekenaar om in 8's te tel en skryf die ontbrekende veelvoude van 8 onder die getallelyn in die korrekte posisies.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11100/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask