<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 6

Kritiese en kreatiewe refleksie

Module 11

Musiek wat swaarkry uitbeeld

Musiek

  • Mense gebruik musiek om boodskappe uit te dra.
  • Jou situasie bepaal dikwels wat die lirieke en die boodskap sal wees.
  • Ons gaan luister na DRIE tipes musiek wat swaarkry uitbeeld en fokus op die geskiedenis daaragter, die boodskap van die lirieke en waarvoor die liedere gebruik word.

Aktiwiteit 1:

Om werkliedere te ondersoek

[LU 2.4

Agtergrondinligting

Die lied waarna ons gaan luister, het sy ontstaan gehad by die goudmyne aan die Witwatersrand en kan geklassifiseer word as ‘n werklied.

Terwyl die mans gewerk het, het hulle gesing. Hierdie werkliedere het die mense gehelp om die verveling van die harde werk te vergeet. Terwyl hulle byvoorbeeld met die pikke gekap het, het hulle die liedere op die ritme van die gekap gesing. Die ritme van die lied en die werkaksie vorm ‘n eenheid.

STAP 1

Luister na die opname van “Shosholoza” en beeld die pik-kap-aksie saam met die opname uit. (Kap met die “pik” elke keer op die eerste polsslag).

Hier volg die woorde:

Shosholoza

Ku lezontaba

(Jy dwaal rond in daardie berge)

Stimela si qhamuka e South Africa

(Die trein is van Suid-Afrika)

Wen u ya baleka

Ku lezontaba

(jy verdwyn of hardloop weg)

Stimela si qhamuka e South Africa

(Die trein is van Suid-Afrika)

Let op die herhaling van die melodie en woorde!

STAP 2

Hierdie lied is ook ‘n voorbeeld van tradisionele musiek uit Afrika. Hier volg ‘n aantal kenmerke van die meeste tradisionele musiek uit Afrika.

  • Luister na die musiek en dui aan, in die blokkies, die kenmerke wat in hierdie lied teenwoordig is.
’n Groep mense neem deel.
Slegs mans neem deel.
Die sang is dikwels onbegeleid.
Roep-en-Antwoord : solis en groep wissel mekaar af.
Gesing vir spesifieke geleenthede , bv. troue, aanbidding.
Gaan gewoonlik gepaard met dans, beweging en/of handeklap.
Die musiek is mondelings oorgedra en niemand weet wie presies dit geskep het nie. Die woorde het ook mettertyd verander: van die woorde is vergeet en ander mense voeg hul eie woorde na willekeur by.
Die ritme van die musiek word dikwels bepaal deur die natuurlike spraakritme (bv. die neiging om die laaste lettergreep van ‘n woord uit te rek; daarom kry ons ritmepatrone wat eg aan Afrika is).
Dieselfde melodiese patrone word dikwels herhaal.
Dieselfde ritmiese patrone word dikwels herhaal.
Dieselfde woorde word dikwels herhaal.

STAP 3

Luister hoe Ladysmith Black Mambazo die lied sing. Die woorde is soos volg:

Vers 1:
ShosolozaWork, work, working in the sunWe will work as oneShosolozaWork, work, working in the rain‘Til there’s sun again
Vers 2:
ShosolozaPush, push, pushing on and onThere’s much to be doneShosolozaPush, push, pushing in the sunWe will push as one

Hierdie weergawe is gesing vir die Springbok-rugbyspan. Hoekom dink jy is dit ‘n goeie sportlied?

T uiswerk: Vind uit omtrent nog kunstenaars wat ‘n opname van hierdie melodie gemaak het:

Skryf nou jou eie 3de vers – let op die herhalings.

STAP 4

Navorsing: - Dink aan ‘n werk wat vandag gedoen word en waarvoor jy ‘n werklied kan skryf.

- Waaroor dink jy sal moderne sangers sing? Hoekom is daar ‘n verskil?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11006/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask