<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Die planeet aarde en die heelal

Module 41

Die sterre en planete

Aktiwiteit:

Om inligting oor sterre en planete te versamel sodat ons modelle kan bou en oor planete kan gesels

[lu1.2, 2.1]

Ons hoor baie die uitdrukking: “Sjoe, jy’s ‘n ster!” Dit beteken dat jy iets baie goed gedoen het en dat jy behoorlik uitgeblink het. Dis wonderlik om met ‘n ster vergelyk te word, want sterre bekoor mense, hulle blink en hulle is baie mooi.

Sterre word dikwels in patrone gegroepeer, bv. die mense wat suid van die ewenaar woon, kan die Suiderkruis baie duidelik op ‘n helder aand sien. Op ‘n donker aand kan die melkweg-sterrestelsel weer duidelik gesien word. Maar hoe ontstaan ‘n ster?

Daar is baie gas- en stofwolke in die heelal.

Soms word die gas- en stofdeeltjies bymekaar getrek, en soos dit vermeerder, word dit baie warm, warmer as 1 000 000 grade Celsius.

Heliumgas word nou gevorm, en wanneer dit gebeur, word ‘n baie groot hoeveelheid energie en lig vrygelaat.

Die massa gas en stof begin nou blink, as ‘n ster!

Daar is nege planete wat rondom die aarde wentel. Hulle is almal verskillende groottes, neem verskillende aantal dae of jare om om die son te wentel, en is almal verskillende afstande van die son af.

Wat is die antwoorde op die volgende stellings?

1. Die enigste planeet met lewe op.

2. Die naaste planeet aan die son.

3. Daar is duidelike sirkels, wat moontlik uit yskristalle bestaan, om hierdie planeet.

4. Die grootste planeet.

5. Die planeet wat die aand- en môrester genoem word.

6. Die kleinste planeet.

7. Die planeet met die rooierige kleur.

8. Hierdie planeet het dun, donker ringe om hom.

9. Die tweede verste van die son af.

Die naaste planeet aan die son is Mercurius, dan Venus, Aarde, Mars, Jupiter, Saturnus, Uranus, Neptunus en Pluto. Jupiter is die grootste planeet (143 000 km in deursnee), en Pluto is die kleinste (2 500 km in deursnee). Venus is die naaste planeet aan die aarde. Soms sien ons Venus as die Aandster en die môrester. Mars het amper ‘n rooierige kleur.

1. Neem ‘n boek oor planete uit en doen navorsing oor die planete. Skryf die name van al die planete op ‘n driehoekige stukkie papier en maak dit vas op ‘n stokkie sodat dit soos ‘n vlaggie lyk. Maak ook een vir die son. Gaan na die speelterrein en druk die sonvlaggie eerste in die grond of in die gras. Pak nou die ander planete om die son soos dit hoort, bv. Mercurius is die naaste aan die son, ens.

2. Knip sirkels uit met die name van al die planete daarop en hang hulle onder mekaar in die korrekte volgorde, met die son heelbo, aan ‘n hanger. Verbind hulle met enigiets wat goed kan hou. Hang dit iewers in die klas op.

Assessering

LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

  1. Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

  • ondersoek uitvoer en data versamel.

LEERUITKOMS 2: KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

  1. Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

  • betekenisvolle inligting onthou.

Memorandum

Antwoorde op stellings:

  1. Aarde
  2. Mercurius
  3. Saturnus
  4. Jupiter
  5. Venus
  6. Pluto
  7. Mars
  8. Uranus
  9. Neptunus

Mnr. Breinsel:

  • Vind uit wat beteken die woord planeet.

Antwoord:

  • wandelaar.

Questions & Answers

how do you get the 2/50
Abba Reply
number of sport play by 50 student construct discrete data
Aminu Reply
width of the frangebany leaves on how to write a introduction
Theresa Reply
Solve the mean of variance
Veronica Reply
Step 1: Find the mean. To find the mean, add up all the scores, then divide them by the number of scores. ... Step 2: Find each score's deviation from the mean. ... Step 3: Square each deviation from the mean. ... Step 4: Find the sum of squares. ... Step 5: Divide the sum of squares by n – 1 or N.
kenneth
what is error
Yakuba Reply
Is mistake done to something
Vutshila
Hy
anas
hy
What is the life teble
anas
hy
Jibrin
statistics is the analyzing of data
Tajudeen Reply
what is statics?
Zelalem Reply
how do you calculate mean
Gloria Reply
diveving the sum if all values
Shaynaynay
let A1,A2 and A3 events be independent,show that (A1)^c, (A2)^c and (A3)^c are independent?
Fisaye Reply
what is statistics
Akhisani Reply
data collected all over the world
Shaynaynay
construct a less than and more than table
Imad Reply
The sample of 16 students is taken. The average age in the sample was 22 years with astandard deviation of 6 years. Construct a 95% confidence interval for the age of the population.
Aschalew Reply
Bhartdarshan' is an internet-based travel agency wherein customer can see videos of the cities they plant to visit. The number of hits daily is a normally distributed random variable with a mean of 10,000 and a standard deviation of 2,400 a. what is the probability of getting more than 12,000 hits? b. what is the probability of getting fewer than 9,000 hits?
Akshay Reply
Bhartdarshan'is an internet-based travel agency wherein customer can see videos of the cities they plan to visit. The number of hits daily is a normally distributed random variable with a mean of 10,000 and a standard deviation of 2,400. a. What is the probability of getting more than 12,000 hits
Akshay
1
Bright
Sorry i want to learn more about this question
Bright
Someone help
Bright
a= 0.20233 b=0.3384
Sufiyan
a
Shaynaynay
How do I interpret level of significance?
Mohd Reply
It depends on your business problem or in Machine Learning you could use ROC- AUC cruve to decide the threshold value
Shivam
how skewness and kurtosis are used in statistics
Owen Reply
yes what is it
Taneeya
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask